Wednesday, 31 October 2012

I am back!!

So my laaste blog in Februarie het gegaan oor balans en toe verdwyn ek...

Die rede - ek het besef ek het nie regtig meer balans in my lewe nie.  Ek het nie meer inspirasie gehad nie en nog minder om met ander te deel.  (Dit was selfs nie eers meer lekker om te blog nie). So vir die die volgende paar maande het ek gaan soek na balans.  

Ek gaan dood eerlik wees - ek het dit nie orals gevind of reg gekry nie!  In party areas van my lewe het dit harde werk en "effort" gekos om dit reg te kry en dit was die moeite werd.  In ander het ek sover gekom as om 'n doel te stel vir wat balans sal wees in daardie area.  En in party is ek nog baie ver van 'n doel of om dit reg te kry!

Een van die plekke waar ek balans moes kry, was my resepteboek (meer soos 'n houer met allerhande resepte).  Net sodat julle 'n ideë kan kry van hoe die "boek" lyk - ek is altyd op die uitkyk vir lekker resepte. Daar is dus uitgedrukte resepte, uitgeskeurde resepte, uitgeskryfde resepte ens.  So hoe kry ek orde/balans - "let's make it" soos Mister Maker op BBC sê ('n kinder program van dié van julle wat nie weet nie).  Ek het dus net 'n klomp gekies en begin maak.  Die wat lekker was is gehou en die wat minder lekkers was, te moeilik om te maak of dalk te lank neem om te maak,(na my sin) is uitgegooi.  Die eindresultaat: my gewig het 'n bietjie verander (maar dit kanselleer ek weer uit met 'n ander area wat balans nodig het), ek het die heerlikste kos ontdek en nou is dit nie meer so moeilik om 'n idee vir aandete te kry nie.  Die beste  - EK HET ELKE OOMBLIK DAARVAN GENIET - LETTERLIK EN FIGUURLIK!!  En GENOT is tog een van die dinge wat 'n mens in jou lewe moet hê om BALANS te hê! 

So ek gaan my resepte met julle op my blog deel - soms gaan daar 'n storie by wees, soms nie, soms gaan ek probeer om my eie foto by te sit (maar wie het nou tyd in die aand om fotos te neem as almal doodgaan van die honger), soms gaan dit iemand anders se fotos wees (met erkenning). 

Die eerste een wat ek gaan deel is ongelooflik maklik om te maak, heerlik om te eet en gaan maak 'n draai op die heupe,  (Maar die Franse glo dat as jy nie skuldig voel oor wat jy eet nie en dit stadig en gesellig geniet -MAAK DIT NIE VET NIE! - MY NUWE KOS MOTTO!!) maar heeltemal te lekker om mis te loop. 
 
 
FRENCH BREAKFAST MUFFINS
Maria de Bastos
 

Ingredients: 

1/3 cup butter, melted
½cup sugar
1 egg (preferably room temperature)
1½ cup all purpose flour
1½ tsp. baking powder
½ tsp. salt
¼ tsp. nutmeg (freshly grated if possible)
½ cup milk 

Topping (option: cut topping in half*) 

½ cup sugar
½ cup butter, melted
1 tsp. cinnamon 

Method: 

Heat the oven to 180° C. In a medium-large bowl, sift together all dry ingredients. Add wet ingredients and stir just until combined, but still a bit lumpy.  Do NOT overmix; overmixing will ruin the texture of the finished muffins. Also? Don't overmix the batter.  Finally, don't overmix.  Scoop batter into muffin tins/pan that have been sprayed with cooking spray.  Using a large ice cream scoop you can get 10-12 muffins by distributing the batter a little less generously.  Bake for 20 minutes, or untill they just start to turn a bit golden at the edges.

For the topping, mix sugar and cinnamon in a small bowl.  Place melted butter in another small bowl.  Dip the warm muffins in melted butter (you can dip just the top, but it's even tastier to dip the whole muffin), then dip/roll the muffin in cinnamon sugar. * You may have left-over topping; the extra topping can be used for dipping, while eating the muffins.  Another option is to cut the topping ingredients in half. 

Ek het die pannetjies gebruik wat bietjie kleiner is as die standard muffin/cupcake/ pannetjie.  As jy die heel kleintjie gebruik kan jy dit op tannestokkies bedien.  Die "topping" se hoeveelheid was te veel, so besluit vooraf of jy dit wil halfeer of wil gebruik vir ekstra "dipping". Ek stel die laaste voor.   

Ek dink daar is 'n hele paar goed waarmee jy dit kan bedien - room, aarbeie, "maple suryp", sjokolade sous ens.  Ek sal graag wil hoor of julle dit ook so baie soos ek geniet het en waarmee saam jy dit geeët het. 

P.S Ek het nog net soveel respete om te maak en daar het alweer weer bygekom

Sunday, 26 February 2012

Balans

Soms kom die onderwerp van ‘n blog sommer vinnig, ander kere nie – of stel dit so, al die tekens is daar, maar ek sien dit nie raak tot veel later nie. 

Hierdie blog het so begin met al die tekens van buite van wat die onderwerp moet wees.  Dit het by myself begin.  Ek voel al ‘n geruime tyd dat die balans in my lewe heeltemal uit is.  Ek spandeer al my tyd aan dinge wat ek moet doen en min tyd aan dinge wat ek wil doen of lief is om te doen.  Al my tyd gaan ook in ander mense in met byna geen tyd vir myself nie.  Maandag sê ‘n kollega dat sy voel uit balans omdat sy nie meer dinge doen wat haar laat ontspan of lekker is of selfs kreatief is nie.  Dinsdag sê lees ek die volgende in ‘n tydskrif "ware kuns - die moeilikste vorm om aan te leer-is die kuns van die lewe.  Is hierdie gejaag, wat maak dat ons nie meer die doudruppel in die son raaksien nie, werklik die moeite werd?”.  Woensdag hoor ek dat een van my vriendinne se lewe heeltemal uit balans is omdat sy net werk en nie eers tyd kry vir eet of haar familie nie en gister lees ek dat die blogger van “Love Bites” vir ‘n tydjie nie by blogging gaan uitkom nie, omdat sy 13 ure op ‘n dag werk!! (wat is jou rede?) Nie een het gelukkig en tevrede geklink met hulle omstandighede of hulle self nie. 

Van Balans af wees = Ongelukkigheid, frustrasie, soms hartseer en self depressie.  So wie se skuld is dit dat jou balans nie reg is nie?  Ons is gou om te sê dit is die samelewing se skuld met rekeninge wat betaal moet werk, die druk van sukses, ure wat van ons verwag word om te werk.  Maar eintlik is dit ons elkeen se skuld – ja jou eie skuld.  Want niemand kan vir ons besluit wanneer is sukses of om baie geld te verdien, om geprys te word, om raak gesien te word oor alles wat jy doen ‘n belangriker rol as alleen tyd, ontspanning, om kreatief te wees, tyd saam met jou gesin en familie te spandeer (omdat jy wil en dit ontspanne is en dit geniet – en nie omdat jy moet nie) en as jou gesondeheid nie.  Net jy kan dit besluit en net jy kan kies wanneer om nee en wanneer om ja te sê.  Vir party is dit moeilik om nee te sê omdat jy nie ander mense wil teleurstel of ongelukkig maak nie, vir ander is dit moeilik om nee te sê omdat die dryffeer binne hulle so styf opgewen is dat hulle nie meer weet hoe om met ‘n “slapper dryffeer” te lewe nie.  Baie van ons dink dat om balans te hê en nie net in een ding uit te staan of tyd te spandeer nie, beteken dat jy onsuksesvol is nie. 

Om werklik balans in jou lewe op alle vlakke te hê – is een van die moeilikste dinge om op ‘n daaglikse vlak te bereik.  En as jy dit regkry gaan jy een van die mees suksesvolste persone in die wêreld wees – wel in elk geval volgens my 

As jy dit regkry laat weet my hoe – wat ek worstel nog elke dag!!

So hoe bring ek die onderwerp by kos uit.  Wel almal weet dat die smake in geregte of in ‘n maaltyd ‘n balans moet hê anders proe dit sleg of is een smaak sterker as die ander en waardeer jy nie alles smake nie.  Maar soos die balans in elke persoon se lewe verskil van die een wat langs hulle staan, verskil elkeen se smaak in kos ook.  Daarom is resepte daar vir ‘n riglyn.  Getoets deur verskillende mense wat voel die algemene smaak is goed.  Maar jy moet dit kan verander om na jou smaak te veradner sodat dit ook vir jou lekker gaan wees. So gaan party mense meer sout en peper wil hê, ander meer sous en ander meer kruie.  “Speel” met jou resep totdat jy die smaak kry wat vir jou die perfekte balans is.  Let wel ek sê speel!! 

Hierdie resep het ek uit die Your Family se Maart uitgawe gekry.  Dit is maklik en vinnig om te maak en ek het gedink die bestandele saam smaak lekker.  My man dink ons kan nog sout en peper bysit en ek dink ek sal dalk meer suurlemoen skil wil bysit of ‘n bietjie suurlemoensap volgende keer.  Gelukkig kan ons elkeen dit byvoeg na smaak!!  


Greek Style Pasta




Ingredients: 

30ml Olive or Avocado oil
1 Onion – chopped
2 Garlic cloves – crashed
Zest of 1 Lemon
15ml Tomato paste
500g beef or pork mince
5ml dried oreganum
410g chopped tomatoes (1 tin)
125ml Red Wine
250g cherry tomatoes – halved
400g Spaghetti
100g Feta
75g Pitted Kalamata Olives - chopped
125 mint leaves – chopped


Method: 

Cook the spaghetti in a large saucepan of boiling salted water according to packet instructions.  While spaghetti is cooking you do the following.  Heat 30ml oil in a saucepan over medium heat. Add chopped onion, garlic and zest. Cook for 4 minutes until softened.  And the tomato paste and cook for 1 minute. Add the mince and cook, stirring for 2-3 minutes until well browned.  Add oraganum, chopped tomatoes (tin) and red wine and season.  Cook for 10 minutes until the sauce has thickened slightly.  Add halved cherry tomatoes and cook for 5 minutes, or until softened. Drain the pasta and divide the pasta between bowls, top with the mince sauce.  Scatter crumbled feta, chopped olives and mint over and serve!


P.S: My kollega sê die volgende oor balans: “Ek dink om balans te hê is om eerlik te wees met jouself oor wie jy rerig is en om bereid  te wees om te aanvaar dat party mense jou só gaan aanvaar en ander nie”

So waar en so ‘n mooi siening van “balans”


Friday, 10 February 2012

Valentynsdag

Dit is daardie eendag in daardie een maand van die jaar wat jy mal is oor of haat - jy het reg geraai – 14 FEBRUARIE!!!

Jy is of daardie persoon wat 1 Februarie (indien nie voor dit nie) al begin planne maak vir die dag en soek na die perfekte geskenke of jy is een van dié wat dink die dag is ‘n “foefie”, kommersieël, “geld-maak” storie” of dat jy nie geforseer moet word om “romaties” te wees….bla..bla..bla. Maar kom ons wees eerlik in vandag se gejaagde lewe wat bestaan uit honderde roetines, is dit nodig om party mense te “herinner” om romanties te wees (soos ons “hulle” (mans) moet herinner aan verjaarsdae of huwelikherdenkings!)

Romanse is vir elkeen anders, party mense hou van “groot” uitbeeldings van romanse. Ek is een vaan daardie wat van die “eenvoudiger” romanse hou – hand aan hand stap langs die see teen sonsondergang (en dan roomys gaan eet), saam sterre kyk, ‘n drankie met ‘n mooi “view” saam geniet, piekniek buite (of selfs binne in die huis op die mat), lekker glas rooiwyn voor die vuur, lekker skuimbad met kerse en wat van ‘n outydse “vry in die agterste ry van die fliek”

Dit is rondom my idees van romanse wat ek dan ‘n paar voorstelle vir jou gaan gee, van wat om te maak vir Valentynsdag. Die pad na die hart gaan mos deur die maag.

As jy die oggent tyd het en baie oulik is of wil wees kan jy waffles maak vir ontbyt.

Hier is ‘n gesonde resep:

    Photo by Eating Weel

Multi-grain waffles from Eating Well
(The batter can also be used for pancakes)
Makes 8 servings

Ingredients

2 Cups buttermilk
1/2 Cup old-fashioned rolled oats
2/3 cup whole-wheat flour
2/3 cup all-purpose flour
1/4 Cup toasted wheat germ, or cornmeal
1 1/2 teaspoons baking powered
1/2Teaspoon baking soda
1/4 Teaspoon salt
1 Teaspoon ground cinnamon
2 large eggs, lightly beaten
1/4 Cup packed brown sugar
1 Tablespoon canola oil
2 Teaspoons vanilla extract

Preparation

Mix buttermilk and oats in a medium bowl: let stand for 15 minutes
Whisk whole-wheat flour, all-purpose flour, wheat germ (or cornmeal), baking powder, baking soda, salt and cinnamon in a large bowl
Stir eggs, sugar, oil and vanilla into the oat mixture. Add the wet ingredients to the dry ingredients; mix with a rubber spatula just until moistened
Coat a waffle iron with cooking spray and preheat. Spoon in enough batter to cover three-fourths of the surface. Cook until waffles are crisp and golden brown, 4 to 5 minutes. Repeat with remaining batter.

Serve with 1/2 cup strawberries, sliced and low fat vanilla yogurt.

Jy kan ook die volgende Aarbeisous oorgooi:

Strawberry sauce

Ingredients

2 Cups sliced strawberries
1/4 Cup water
1 tablespoon sugar
1/2 Tablespoon water
1 Teaspoon cornstarch
1 Teaspoon fresh lemon juice

Preparation:

Combine sliced strawberries,1/4 cup water, and 1 tablespoon sugar in a small saucepan over medium-high heat; bring to a boil. Reduce heat, and simmer for 5 minutes. Remove from heat. Strain mixture through a sieve into a bowl, pressing lightly with a spatula; discard solids. Return mixture to pan. Combine 1/2 tablespoon water and 1 teaspoon cornstarch in a small bowl, stirring with a whisk. Add cornstarch mixture to pan. Bring to a boil; cook 1 minute, stirring constantly. Transfer mixture to a bowl; cool to room temperature. Stir in 1 teaspoon juice.

If you want more sauce you can just double the recipe.

As jy nie tyd het nie of nie ‘n kok is nie, kan jy by enige supermark klaar- gemaakte waffles koop en dit verhit volgens die verskaffer se instruksies en dit bedien met aarbeie, jogurt en sous.

As jy nie tyd het vir ontbyt nie(of jy het vergeet dit is valentynsdag en wil opmaak) kan jy ‘n piekniek mandjie bymekaar sit en of pieniek hou vir middagete (as jy kan wegglip van die werk) of vir aandete. Hier is ‘n paar idees vir wat jy in die mandjie kan sit (beskibaar by enige supermark)

Piekniekmandjie
 

Bottel Vonkelwyn of wyn van keuse
1 ring Camembert kaas
1 houertjie ingelegte waatlemoen (350g)
1 franse broodjie of sout beskuitjies
1 houertjie luukse sjokolade “truffle ganache) – probeer Pick n Pay se nuwe luukse reeks(290G)
1 houer aarbeie
1 houer (crudités (dit is daardie houertjies met repies wortels, seldery, kersie tamaties ens.)
1 houer lae-vet “chilli cream cheese” (175g)

Hier is ‘n paar idees van hoe jy dit romanties kan verpak of bedien




As jy die piekniek as aandete bedien en ‘n drankie voor die tyd wil geniet, (met sonsondergang) kan ek die volgende Sangria aanbeveel

    Photo by easy recipe

Rooiwyn Sangria
Tuis
4-5 glase

Bestandele

1 liter rooiwyn
250ml lemoensap
10ml suurlemoensap
125ml suiker (ek gebruik strooisuiker)
1 vars suurlemoen, in skyfies gesny
1 vars lemoen, in skyfies gesny
Ysblokkies
Lemonade, indien verkies

Plaas al die bestandele in ‘n groot beker. Indien verkies kan jy lemonade byvoeg na smaak. Hoe langer dit staan in die yskas, hoe lekkerder raak dit.

As jy net nagereg wil doen is daar niks beter as sjokolade fondue nie

    Photo by delish.com

Sjokolade fondue

450 gram donker semi-soet sjokolade, gekap
11/2 Koppie duk room

Gooi die room in ‘n swaarboom pot oor lae hitte. Bring die room tot prut en voeg die sjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt is. Jy kan die volgende by die mengsel byvoeg as jy die sjokolade ‘n ander “geur” wil gee:
sterk koffie poeier, kruie en speserye, lemoen skil. Laat dit ‘n tydjie saam prut en gooi dan deur ‘n vergietes voor jy dit teruggooi in pot (as jy ‘n gladde tekstuur wil hê).

Nou vir die lekker deel: Jy kan enige klein stukkies vrugte of van die volgende daarin doop: marshmallows, sjokolade brownies, shortbread, biscotti, amaretti, meringues ens.
As jy ‘n man het wat nie glo daarin om Valentynsdag te celebrate nie – kan jy dit celebrate! ‘n Mens moet mos jouself ook liefhê en as jy no dit kan gebruik om ‘n bietjie valentine’s revenge of jealousy te hê, hoekom nie!!


So ek stel die volgende voor:

Jy gaan koop vir jou die mooiste stel onderklere of nagklere. Dit moet jou soos ‘n sexy koningin laat voel

As jy by die huis kom, maak jy vir jou daardie Sangria resep aan en kry vir jou al die bestandele vir die sjokolade fondue.

As dit skemer is gaan tap jy vir jou ‘n lekker skuimbad, met kerse en romantiese musiek(iets Frans of Italiaans) en gooi vir jou ‘n glas van die Sangria.

Geniet ‘n lang bad.

Trek die sexy onderklere of nagklere aan en kry jou fondue reg. (maak seker dat staan waar jou man jou kan sien die fondue maak)

Gaan nou slaapkamer toe, steek kerse aan en geniet die fondue (saam met nog Sangria of vonkel wyn)

As jy nie fondue wil hou nie kan jy net die Sangria of vonkelwyn geniet.

As jou man toenadering soek of ook wil deel in die “celebration” draai jy rustig om en sê: “Jammer, maar dit is net vir mense wat Valentynsdag “Celebrate” Ek is seker dit sal sy “mind change” na: Ons moet Valentynsdag “celebrate”.

P.S As jy nie kan uithou nie – laat hom saam celebrate en gee hom die volgende dag die rekening vir die “uitrusting”. Maak nie saak wat nie – dit is ‘n “wen-wen” situasie vir jou!!

Laat weet my hoe jou Valentynsdag was!!

Wednesday, 25 January 2012

Nuwejaars voornemens - het hulp nodig!!

Ja dit is daardie tyd van die jaar wat almal dink en besluit neem oor hulle nuwejaarsvoornemens.   Meeste van hulle kan jy net "copy" en "paste" van die vorige jaar, want hulle het nooit gebeur nie.  Die hoeveelheid mense wat al by hulle nuwejaars voornemens elke jaar hou of gedoen kry is definitief in die minderheid (van die mensedom).  (en as jy in Suid Afrika bly kan jy heel moontlik registreer vir 'n minderheidsgroep en een of ander voordeel kry of bohaai opskop)

Meeste voornemens word nie op 1 of 2 Januarie gemaak nie, maar eerder die eerste of tweede dag van werk, want dan is is dit wanneer realiteit inskop.  

Voornemens:

 
  • Jy besluit jy gaan gewig verloor (want jou werkskeler pas skielik nie na die vakansie nie).  dit bring ons by die volgende een bring

  • Jy gaan gesonder eet - jy koop boeke en google elke moontlike dieet.

  • Jy besluit jy gaan begin oefen (vir baie gaan die een nie verder as die besluit van die voorneme nie).

  • Jy gaan jou finansies begin begroot (dit was al die "very end of the month saltycrack" die 2de Januarie) wat ons by die volgende een bring.

  • Jy gaan deur die jaar Kersgeskenke koop en nie alles hou vir die einde van die jaar nie.

  • Jy gaan betyds begin geskenke koop.

  • Jy gaan elke dag dagboek hou van al jou aktiwiteite (ook jou gesin sin) (onthou om die dagboek dan orals saam met jou te neem en nie by die huis te los soos ek doen nie).

  • Jy gaan vir jou kos inpak werk toe en so gesonder eet en geld spaar (tel dit om te beplan om gesondheids muffin, jogurt en vrug by die moterhawe se winkel of Woolies te koop - elke tweede dag ipv elke dag?).

  • Jy gaan elke dag vriendelik en positief wees by die werk (na die tweede dag van werk begin jy 'n nuwe werk soek waar niemand jou ken nie en almal moet vriendelik wees).

  • Jy gaan minder tyd spandeer aan tv kyk en meer dinge buite en saam met ander mense doen.  (dit wil se jy gaan alle programme  opneem en dan die hele naweek neem om alles te kyk wat jy nie die week gekyk het nie).

  • En vir dié wat alkohol gebruik - jy gaan minder drink. (wat nie eers 'n ag hou as jy bewus word van al die druk wat daar is om al hierdie voornemens te laat gebeur nie!!).

Ek verkies natuurlik die woorde "Bucket List" in plaas van voornemens want dit is soos 'n lys van "drome" wat jy het.  Niemand kan sê dit moet alles waar word nie, dit kan konstant verander en daar is nie 'n tydsgrens aan nie. (wel behalwe dat dit hopelik gebeur voor jy dood gaan).  Jy voel ook meer postief daaroor en daar is minder druk wat daarmee gepaard gaan.

BLOG voornemens: 

EK WIL HE JY MOET DIT LEES (en al die mense daarbuite) EN AKTIEF BETROKKE RAAK!!

Dit klink seker "vain", maar die hele rede vir die blog is vir mense soos jyom saam te gesels, te lag en kos te maak!


So as dit beteken dat die blog 'n bietjie moet "oefen en gesonder eet" om die voorkoms te verander - dan doen die blog dit.


So ek het 'n paar vrae wat ek gaar sal wil he jy moet op "comment":

  • Wat dink jy van die naam van die blog

  • Wat dink jy van die voorkoms van die blog - moet die agtergrond, skrif, styl en grootte verander.

  • Wat sal jy graag meer van wil weet of sien op die blog

  • Enige ander voorstelle? 

Om die blog en jou (en vir my) te help met die "gesonder eet"  gee ek 'n heerlike gesonder resep uit "Braai" deur H Biller, E Storkey en J Kay.  In hakkies gee ek die mates vir 5 tjopies.  (Wanneer jy hoeveelhde verander by by kos wat jy kook of souse kan jy so na as moontlik probeer hou by die hoeveelhede, maar as daar nou 'n ml of gram by is - gaan dit nie die "appelkar omgooi nie".  'n Mens pas mos die resep ook aan na jou smaak)


Roosmaryndeurdrenkte Lamstjops en Boontjie-aarbei-en-fetaslaai
(Bedien 10)

 

Bestandele: 

20 Lamstjops  (5 Tjops)
150ml olyfolie (30 ml)
15ml vars roosmaryn, gekap (3 ml)
2 Suurlemoene, in dun skyfies gesny (¼ suurlemoen)
1 Bossie vars ment, gekap (2 of drie takkies)
1 kg Groenboontjies, geblansjeer (250g)
1 groot houer vars aarbeie, in kwarte gesny (klein houertjie aarbeie)
400g fetakaas, in blokkies gesny (80g of een ring)


Slaaisous Bestandele: 

125ml olyfolie (25ml)
100ml Rooiwyn- of framboosasyn (20ml)
20 ml water (4ml)
2 knoffelhuisies, fyngedruk (¼ Knoffelhuisie)
15ml stooirsuiker (3 ml)
5ml Dijonmosterd (1 ml)


Metode:


Paas die vleis in 'n vlak skottel. Vryf die olyfolie en die roosmaryn in die tjops.  Voeg die suurlemoenskyfies en die helfte van die ment by.  Skud alles saam, bedek en laat vir 'n uur marineer
Meng al die bestandele vir die slaaisous en hou eenkant
Plaas die tjops oor die kole (of jy kan dit rooster in pan) na smaak
Net voor jy voorsit, meng die oorblywende ment boontjies, aarbeie en feta.  Giet die slaaisous oor die boontjies-en-aarbeimengsel.  Plaas op 'n groot opdienbord, skud liggies en sit die lamstjops bo-op.  Bedien dadelik 

Ek sal voorstel dat jy dalk sout byvoeg na smaak as die vleis baie "vars" proe.


EK HOOP OM GOU VAN JOU TE HOOR!!




Wednesday, 14 December 2011

Geskenk

Dit is daardie tyd van die jaar wat almal fokus op geskenke.  Almal soek idees vir geskenke.  Party mense spandeer ure daaraan om die regte geskenke te kry, ander hardloop die 24ste Desember die winkels in en koop wat die beste op daardie tyd lyk, party mense hou daarvan om self geskenke te maak, ander om ander mense se  handgemaakte produkte te gee en nog ander verkies om "winkel" geskenke te gee.  Vir my maak dit nie rerig saak wat ek kry nie - ek is mal oor verrassing so enige iets wat toegedraai is is wonderlik.  Die belangrikste wat 'n persoon egter vir my kan gee is hulle tyd - die feit dat hulle tyd gespandeer het om iets te kry, maar die heel belangrikste of wonderlikste geskenk is die tyd wat die persoon saam met my spandeer.  want lank na die geskenke op gebruik is, op gedra is (of dalk gebreek het) dra ek die herinneringe saam met my elke dag. 

Tyd is dan ook die een geskenk wat jy jouself nooit gee nie(of min daarvan) en die een geskenk wat ons almal die meeste van nodig het.  Almal van ons het elke dag 'n bietjie tyd nodig om net ons gedagtes te orden (of as jy kinders het - net weer jou "ducks in a row" te kry).   

So my geskenk vir julle die Kersfees is ek gee elke vrou die toestemming om tyd vir jouself te neem of te maak.  Drink daardie koppie koffie in die oggend so lank as wat jy nodig het, lees daardie tydskrif lekker rustig, neem daardie borrel bad of gaan stap langs die see  - en doen dit alles op jou eie. 

Saam met die Kers seisoen gan daar groot ete gepaard - party word maande of weke voor die tyd beplan.  Dit is egter belangrik dat jy ook met die ete tyd vir jouself gee om dit saam met ander te geniet.  (anders staan jy gewoonlik alleen heeldag agter die kospotte terwyl die res van jo gaste en huisgesin heerlik ontspan of kuier).  Dit is dus belangrik dat wat jy ook al kies om te maak maklik moet wees om te maak, al neem dit dalk lank om gaar te maak.  So my tweede geskenk is  'n kostafel wat maklik is om te maak van die tafel versiering tot die nagereg. 

Tafel versiering:



Gooi 'n wit tafeldoek oor jou tafel (as jy nie 'n wit een het nie, neem sommer 'n wit laken uit die kas en gebruik dit as tafeldoek) .  Sit wit kerse in 'n ry in die middel van die tafel en dek al jou eetgery (groot bord, klein bordjie bo-op en mes en vurk bo-op kein bordjie).  By elke bord plaas jy 'n ekstra deurskynende wynglas (of lang drink glas of shampanje glas). Neem dan die klein rooi balle wat 'n mens aan die Kersboom  hang en gooi so drie (of hoeveel ook al pas in die glas) in die ekstra glas wat jy gedek het.  (Jy kan die rooi balletjie spot goedkoop koop by plekke soos PEP, R5- Stote en Crazy Store).  As jou tafel naby 'n kragprop is en jy het wit kersliggies kan jy dit tussen deur die kerse vleg en aanskakel.  Laastens kan jy enige rooi servette  koop en dit netjies op die klein bordjie sit en en messegoed bo-op.


Voorgereg:

 
    Photo by lifewithlevi.com


Vis Kelkie


Bestandele:

Dis een blikkie tuna
Fyn gekapte ui
Suurlemoensap
1 Blikkie smoked mussels
Fyn gekapte green pepper
Mayonaise
bietjie tamatiesous
bietjie chutney


Meng alles saam.  Jy kan ‘n skeppie op ‘n slaaiblaar of 'n snytjie komkommer bedien  of in 'n bakkie. Jy kan dit die oggend al maak as jy dit die aand gaan eet, gooi net die uie in voor jy eet. As jy nie tuna wil gebruik nie, kan jy ook fyn hoender gebruik.

Vir Hoofgereg kan jy die volgende Hoender gereg van die "Huiskok"maak

Hoender in die oond met suurlemoen, tiemie, rooi ui & knoffel

    Photo by Huiskok

 Bestandele:

1 heel hoender, verkieslik een wat kon rondskrop vir sy kos
2 rooi uie, geskil en elk in 6 stukke gesny
4-6 knoffelhuisies, ongeskil
35 ml Olyfolie
2 suurlemoene en ekstra squirtjie sap
sout en peper
8 takkies tiemie
250 ml witwyn
25 ml crème fraîche of room

Metode

Haal hoender 30 minute voor die tyd uit die yskas. Voorverhit die oond tot 200 °C. Gooi sowat 2 eetlepels olyfolie in ‘n oond-roosterpan, plaas die uie, knoffel en suurlemoenskywe op die bodem en wikkel met die hande die olie in.

Skuif die groente na die een kant en sit die hoender in die pan, bedruip met 1 eetlepel olyfolie en vryf die hoender daarmee in. Geur hoender goed met seesout en growwe peper en rangskik die groente om die hoender. Strooi die tiemietakkies bo-oor hoender en groente.

Rooster die hoender vir 1 uur, en skep 2 keer tydens die kooktyd van die oondsappe oor. As jy skrik as die suurlemoen en uie se puntjies swart brand, ontspan want dis wat jy soek. Toets met ‘n pen om te kyk of die vleissappe helder uitloop.

Haal die hoender, die uie, suurlemoen en knoffel uit en plaas op ‘n snyplank, bedek met foelie en laat rus vir 20 minute (die hoender moet groot seblief hierdie rus inkry).

Terwyl die hoender rus maak jy die sousie van die oondsappe: plaas die oondroosterpan op die plaat, skep oortollige vet af, gooi die wyn by en kook met sowat die helfte af. As dit te min is kan nog wyn of selfs ‘n bietjie melk bygegooi word. Druk ‘n paar spatsels suurlemoensap oor met ‘n ligte hand. Roer crème fraiche of room by, laat effe opprut om te verdik. Proe en geur na smaak.

Sny die hoender op en bedien met die sous, stukkies gaar suurlemoen, knoffel en uie. Die gaar pulp van die suurlemoen is allerbegeerlik saam met die hoender. Die knoffel se binnemurg druk jy uit en meng so deur die sousie. En sorg dat elkeen sy stukkies gebakte rooiuie kry.

Bediening: Daarmee saam bedien ek ‘n lekker geurige rys wat ek maak met vars sampioene, botter, kruie en steranys. Dan net nog ‘n eenvoudige groen blareslaai met geroosterde sade vir ‘n bietjie tekstuur en krakerigheid.


Nagereg:

Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)

    Photo by gastrogirl.tumblr.com 

Bestandele:

1 Standaard Sjokolade Koek (as jy dit klaar kan koop - nog beter!!)
360g Blikkie Nestlé Caramel Treat
500g Klaargemaakte Sjokolade Vla
400ml Geklopte Room
2 Mars bars - gesny vir granering
2 Eetleppels sjokolade sous om bo-oor te gooi.

Metode:

Sny die koek en pak 'n laag in die onderkant van Triffle bak (of as jy dit in aparte bakkies bedien dan in die onderkant van bakkies).  Skep die caramel bo-op die koek en maak dit glad met die agterkant van 'n warm leppel.  Gooi nou die sjokolade vla oor die laag Caramel.  Bedek met room en rangskik die Mars bar stukkies bo-op en gooi dan 'n bietjie sjokolade sous heel laaste bo-oor.

Jy kan die nagerg die aand of dag voor die tyd maak tot die stadium voor jy die room opsit en dan net die room, mars bar en sjokolade opsit voor jy dit bedien.  Jy kan ook Frangelico of Amarula likeur oor die koek gooi voor jy die res van die lae doen.

Smaaklike Ete!!!!


Friday, 11 November 2011

"Life is like a box of chocolates"

"My momma always said, "life is like a box of choclates.  You never know what  you're gonna get" 

Ons almal ken die bogenoemde uitdrukking  uit die fliek "Forrest Gump" wat daarop neerkom dat die lewe onvoorspelbaar is.  Maar kom nou!! Hoe onvoorspelbaar kan 'n boks sjokolade nou wees?!  Ek bedoel as jy 'n boks sjokolade koop weet jy, jy gaan sjokolade kry.  Meeste van die bokse het dieselfde geure en dikwels kan jy die verskillende gleure uitken aan die vorms of patrone van die sjokolade of die papier omhulsel.   

MAAR 'n "LUCKY PACKET" is 'n ander storie!!  Eerstens is die pakkie altyd so dat jy nie kan sien wat binne in is nie, jy voel-voel maar kan steeds nie raai wat daarin is nie.  Tweedens is daar nie prentjies wat aandui wat binne in is nie,(partykeer net 'n prentjie van die tema bv. Barbie of Hello Kitty (kan sien ek het 'n dogtertjie)).  Wat beteken dit is altyd onvoorspelbaar en altyd 'n verrasssing!  En dit is soos die lewe is, al probeer ons hoe hard om dit te beheer of vooruit te weet - is nie eendag dieselfde nie.  Daar is altyd iets in 'n dag wat ander as die dag voor dit en die dag na dit. 

Ek is deel van 'n boekklub wat in alle opsigte 'n Lucky Packet is.  Nie een van die ons is dieselfdein persoonlikhede nie. Elkeen verskil in beroep, stadium van hulle lewens en selfs in ouderdom.  Elkeen bring dus hulle eie uniekheid na die Lucky Packet wat maak dat elke keer as ons bymekaar kom, die kuier en geselskap onvoorspelbaar is!!  Na elke bookklub voel ek soos 'n kind wat 'n Lucky Packet oop gemaak het - verras, opgewonde en gevul met blydskap oor wat ek gekry het. 

Die einste boekklub het dié week vir ons maadelikse byeenkoms 'n "Lucky Packet" ete gehou.  Nou vir die van julle wat nie weet wat 'n Luck Packet ete is nie - dit is wanneer elkeen 'n gereg bring, maar niemandweet wat die ander een bring nie.  So as almal bv.l nagereg bring, is dit wat geeet word of as almal groente geregte bring, is dit wat geeet word ens... julle kry die ideë?  So in die gees van die Lucky packet persoonlikhede van die boekklub het ons 'n verskeidenheid van geregte en kossoorte gehad.  En as ons moet kyk na hoe laat ons klaar geeët het en wat my skaal die dag of wat daarna gesë het, was almal se geregte heerlik!! (ek het definitief met die tweede skep agter lekkerte en nie honger aan geeët nie!!) 

Daar was egter een gereg wat vir my uitgestaan het, nie net omdat dit baie lekker was nie, maar oor die feit dat jy dit as 'n bygereg nagereg of 'n soetigheid saam met tee of koffie kan bedien (so 'n lucky packet gereg).  Hier volg dit.

  
    Photo by The Food Fox

Pampoentert
Marilett le Roux


Bestandele 
125gr botter
200ml suiker
3 eiers 
250ml meel
15ml bakpoeier
2ml sout
750 ml gaar pampoen
5ml vanielje 

Metode 
Smeer 'n tertbord.  Room die botter, suiker en eiers saam.  Sif al die droë betandele in 'n aparte bak en voeg dan by die roommengsel.  Voeg die pampeon en geursel en gooi die mengsel in die tertbak. Bak vir ongeveer 40minute by 190° C 

Sous 
Bestandele
1 koppie suiker
5ml vanielje
3 eetleppels botter
1 blikkie Ideal melk 

Metode 
Kook alles saam vir 5 minute en gooi oor die terts as dit uit die oond kom. 
Die tert kan in skywe bedien word.


Ek het twee verskillende roommengsels gaan opspoor wat bo-op die tert bedien kan word..


  Photo by Nourish Network

Room/esdoringstroop en okkerneut 
Bestandele 
¼ Koppie Room
1 eetleppel esdoringstroop
2 eetleppels fyn gekapte okkerneute

Metode: 
Gooi die room in 'n klein bakkie en klits tot dit stywe punt staduim bereik. Klits die esdoringstroop by.  Bedien ongeveer 'n eetleppel van die roommengsel op die tert en strooi ongeveer 'n teeleppel fyn okkerneute bo-oor(per skyf).

    Photo byChefdanielangerer Blog


Mascarpone-haselneut room

Bestandele
1 houertjie mascarpone (kamer temperatuur)
1 houertjies haselneut smeer of nutella
¾ koppie verkoelde room
1 teeleppel gerasperde suurlemoen skil

Metode:

Klits die mascarpone en haselneut smeer saam teen 'n gemiddelde spoed vir ongeveer 3 minute of totdat dit lig en donserig is.  Klits die room in 'n aparte bak tot dit stywe punt stadium bereik.  Vou die room in die mascarpone-haselneut mengsel.  Roer in die lemoen skil.  Bedek en verkoel tot dit bedien word. Bedien ongeveer 'n eetleppel van die room mengsel op die tert en strooi ongeveer 'n teeleppel fyn haselneute bo-oor(per skyf)

Hoop julle geniet dit so baie soos ons het!!
Psssst...ons lees nie rerig boeke nie, maar moet vir niemand sê nie!

Friday, 28 October 2011

"Don't judge a book by it's cover!"

Een van die moeilikste gesegdes om nie te doen nie!! Dink daaraan, voor jy die blog begin lees het, het jy al reeds besluit of jy dit gaan lees net deur die titel te lees of na die foto te kyk.  (Hopelik het almal sommer dadelik gelees net omdat ek die blog skryf!  Sal dit nie wonderlik wees nie!)  

Emails word gelees na gelang van wat in die opskrif staan (of as jy so nuuskierig is soos ek altyd of juis omdat daar nie 'n titel in is nie).  Op facebook word mense "geken as vriende" na gelang van die foto's wat jy sien (wees nou eerlik jy kan nie al die honderde mense wat jy al in jou lewe ontmoet het onthou nie en party wil jy seker ook nie - al wat dan help om te onthou of nie te onthou nie is die foto!) 

Die persoon voor, na of langs jou in die ry word binne sekondes deur jou brein "gejudge" - bloot op hoe hulle dalk staan, wat se klere hulle dra, hulle houding teenoor die mense rondom en ja partykeer deur wat hulle gaan koop. 

By 'n funksie som jy vinning die mense op om te sien met wie jy 'n geselsie gaan aanknoop of wie jy wil vermy.  

 Alles in vandag se tyd word "gejudge" op die "omslag van die boek"  Hoekom - want niemand het of wil meer die tyd maak om verder as die "buiteblad" te kyk nie.  (partykeer is die' "storie wat jy opmaak" beter in jou kop omdat jou beter  laat voel oor jouself - meeste idees wat ons vorm oor ander is nie altyd eertse keer positief nie.  Rede - ons wil beter voel oor onsself .  En wat is nou vinniger en beter om dit te doen as om negtiewe goed oor ander te dink)   Baie keer is dit ook uit jaloesie wat ons "judge" of bloot net omdat ons nie goed oor ons self voel nie!  

Onlangs het ek 'n resepteboek gekoop met nie 'n enkele foto!!  (Iets wat ek nooit doen nie, want ek koop my resepteboek soos ek my kos kies - met my oë!!).  Ek het op daardie oomblik besluit hierdie keer gaan ek nie die boek "judge" op sy fotos nie, maar op sy resepte.  Wat 'n wonderlike besluit was dit nie gewees nie!  Die eerste resep maak is absoluut wonderlik en het my klaar inspireer om my eie fotos van die disse te neem! (dalk sien julle "my werk" in die toekoms) 

Wil julle uitdaag - word elke keer bewus daarvan as jy iets of iemand begin "judge" bllot op wat jy sien, STOP en doen die moeite om die storie daaragter uit te vind! 

Die volgende resep is om die oogaf baie vaal, maar mens het dit 'n wonderlike storie van geure!!  Die resep kom uit die Tjailaresepte boek.


 
  Foto by Roc's Rambelings
 
Madeleine se whisky-hoender 

Bestandele: 

10ml (2t) olyfolie
4-6 hoenderborsfilette
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, fyngekap
30ml(2e) botter
5ml (1t) aangemaakte mosterd
15ml(1e) koekmeel
125ml (½k) hoenderaftreksel
125ml (½k) room
15ml (1e) suurlemoensap  (ek het lemmetjies gehad, so het dit gebruik)
5ml (1t) gerasperde suurlemoenskil
50ml whisky
50ml grofgekapte vars pietersielie 

Metode: 

Verhit die olie oor matige hitte in 'n braaipan en braai die hoender alkante tot goudbruin, maar nie gaar nie.  geur na smaak, skep uit en braai ui in die pan.  Skep uit en hou saam met hoender warm.  Smelt intussen botter en mosterd oor matige hitte in 'n kastrol.  Roer meel goed by totdat 'n pasta vorm.  Roer aftreksel geleidelik by om sous te vorm en prut tot die sous effens verdik.  Roer die room, suurlemoensap en -skil by en geur sous na smaak.  Roer whisky deur en plaas hoender en ui in die sous.  Prut met 'n deksel vir sowat 5-7 minute of tot die hoender net gaar is. Roer die pietersielie by en sit op pasta (vars pasta as jy kan) of kapokaartappels voor.  Gestoomde groen groente van jou keuse of 'n slaai sal lekker wees saam met die hoender. 

Ek het verlede naweek 'n kos illustrasie bygewoon en die volgende handige tips geleer - ek deel graag met julle.  (let wel dit is wat die sjef's gesê het) 

Vir warm of gekookte geregte hoef die bestandele nie altyd tot die presiese ml gevolg te word nie.  (in die bogenoemde geval mag ek dalk 'n "druppel of twee" meer whisky bygesit het nie).  MAAR as jy bak (koeke, terte ens.) is dit 'n ander storie en moet die hoeveelhede presies gevolg word. 

Jy kan "blikkie dessert cream" gebruik in kos in plaas van regte room

Voeg jou speserye aan die einde by (het dit gedoen met die hoender hierbo en dit het heerlik geproe - meer smaak) 

Om te keer dat room "skif) as jy suurlemoen of asyn by sit - voeg die room aan die einde van die resep by net voor op bediening. 

Gebruik altyd dieselfde grootte eier dwarsdeur die gereg. 

Jy hoef geen sout of olie in die water te gooi as jy pasta kook nie - net sout na die tyd.  Olie dien geen doel nie 

Eksperimenteer met resepte!