Emails word gelees na gelang van wat in die opskrif staan (of as jy so nuuskierig is soos ek altyd of juis omdat daar nie 'n titel in is nie). Op facebook word mense "geken as vriende" na gelang van die foto's wat jy sien (wees nou eerlik jy kan nie al die honderde mense wat jy al in jou lewe ontmoet het onthou nie en party wil jy seker ook nie - al wat dan help om te onthou of nie te onthou nie is die foto!)
Die persoon voor, na of langs jou in die ry word binne sekondes deur jou brein "gejudge" - bloot op hoe hulle dalk staan, wat se klere hulle dra, hulle houding teenoor die mense rondom en ja partykeer deur wat hulle gaan koop.
By 'n funksie som jy vinning die mense op om te sien met wie jy 'n geselsie gaan aanknoop of wie jy wil vermy.
Alles in vandag se tyd word "gejudge" op die "omslag van die boek" Hoekom - want niemand het of wil meer die tyd maak om verder as die "buiteblad" te kyk nie. (partykeer is die' "storie wat jy opmaak" beter in jou kop omdat jou beter laat voel oor jouself - meeste idees wat ons vorm oor ander is nie altyd eertse keer positief nie. Rede - ons wil beter voel oor onsself . En wat is nou vinniger en beter om dit te doen as om negtiewe goed oor ander te dink) Baie keer is dit ook uit jaloesie wat ons "judge" of bloot net omdat ons nie goed oor ons self voel nie!
Onlangs het ek 'n resepteboek gekoop met nie 'n enkele foto!! (Iets wat ek nooit doen nie, want ek koop my resepteboek soos ek my kos kies - met my oë!!). Ek het op daardie oomblik besluit hierdie keer gaan ek nie die boek "judge" op sy fotos nie, maar op sy resepte. Wat 'n wonderlike besluit was dit nie gewees nie! Die eerste resep maak is absoluut wonderlik en het my klaar inspireer om my eie fotos van die disse te neem! (dalk sien julle "my werk" in die toekoms)
Wil julle uitdaag - word elke keer bewus daarvan as jy iets of iemand begin "judge" bllot op wat jy sien, STOP en doen die moeite om die storie daaragter uit te vind!
Die volgende resep is om die oogaf baie vaal, maar mens het dit 'n wonderlike storie van geure!! Die resep kom uit die Tjailaresepte boek.
Madeleine se whisky-hoender
Bestandele:
10ml (2t) olyfolie
4-6 hoenderborsfilette
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, fyngekap
30ml(2e) botter
5ml (1t) aangemaakte mosterd
15ml(1e) koekmeel
125ml (½k) hoenderaftreksel
125ml (½k) room
15ml (1e) suurlemoensap (ek het lemmetjies gehad, so het dit gebruik)
5ml (1t) gerasperde suurlemoenskil
50ml whisky
50ml grofgekapte vars pietersielie
Metode:
Verhit die olie oor matige hitte in 'n braaipan en braai die hoender alkante tot goudbruin, maar nie gaar nie. geur na smaak, skep uit en braai ui in die pan. Skep uit en hou saam met hoender warm. Smelt intussen botter en mosterd oor matige hitte in 'n kastrol. Roer meel goed by totdat 'n pasta vorm. Roer aftreksel geleidelik by om sous te vorm en prut tot die sous effens verdik. Roer die room, suurlemoensap en -skil by en geur sous na smaak. Roer whisky deur en plaas hoender en ui in die sous. Prut met 'n deksel vir sowat 5-7 minute of tot die hoender net gaar is. Roer die pietersielie by en sit op pasta (vars pasta as jy kan) of kapokaartappels voor. Gestoomde groen groente van jou keuse of 'n slaai sal lekker wees saam met die hoender.
Ek het verlede naweek 'n kos illustrasie bygewoon en die volgende handige tips geleer - ek deel graag met julle. (let wel dit is wat die sjef's gesê het)
Vir warm of gekookte geregte hoef die bestandele nie altyd tot die presiese ml gevolg te word nie. (in die bogenoemde geval mag ek dalk 'n "druppel of twee" meer whisky bygesit het nie). MAAR as jy bak (koeke, terte ens.) is dit 'n ander storie en moet die hoeveelhede presies gevolg word.
Jy kan "blikkie dessert cream" gebruik in kos in plaas van regte room
Voeg jou speserye aan die einde by (het dit gedoen met die hoender hierbo en dit het heerlik geproe - meer smaak)
Om te keer dat room "skif) as jy suurlemoen of asyn by sit - voeg die room aan die einde van die resep by net voor op bediening.
Gebruik altyd dieselfde grootte eier dwarsdeur die gereg.
Jy hoef geen sout of olie in die water te gooi as jy pasta kook nie - net sout na die tyd. Olie dien geen doel nie
Eksperimenteer met resepte!
No comments:
Post a Comment