Ja- Ja ek weet ek het lanklaas geblog, maar die LEWE het gebeur. Kind twee keer in hospitaal, werks-, huis- en sosiale verpligtinge en tussenin spook 'n mens om "sane" te bly!
Dit bring my by vandag se "tema". 'n Mens hoor dikwels mense sê die lewe is nie soos in die movies nie (my man sê dit gereeld vir my of sê dat ek so dink!). En ek stem meeste van die tyd saam. Ek het egter onlangs 'n movie ontdek wat reedelik na aan die regtige lewe is: Marley & Me!
Met die uitsondering dat geen vrou soos Jennifer Aniston lyk (in die movie) die dag na sy geboorte gegee het nie. Ek bedoel meeste van ons het nie eers so 'n lyf voor die tyd nie, wat nog te sê van die dag nadat jy geboorte gegee het!!
Die lewe van die twee persone in die movie is egter soos dit in die werklike lewe gebeur. Jy ontmoet iemand wat jy van hou, julle begin date, raak verloof (en soos in die movie - het die meisie gewoonlik al 'n lys van dinge van hoe haar lewe saam met die man gaan verloop) en dan trou julle. Die vrou het haar beroep en die man syne en dit is gewoonlik die fokus vir 'n tydlank - klim daardie loopbaan leer!! Dan begin die man de gevoel te kry dat die vrou dalk kinders wil kry en met 'n gevoel van gewoonlik paniek word 'n troeteldier aangeskaf (gewoonlik 'n hond) om die vrou se biologiese klok 'n bietjie satediger te maak. Uiteindelik kan die onvermeidelike van kinders he nie meer vermy word nie en word die item "op die lys" inwerking gestel. Vir die vrou begin die lewe half klaar verander nog voor die swangerskap begin - die loopbaan begin half klaar na die agtergrond skyf, maar vir die man droom hy steeds hard aan die ideale werk en die sukses wat saam met dit gaan. Maar soos in die regte lewe as jy uiteindelik die een het moet jy nee se vir die ander. Die vrou raak swanger net wanneer die man die ideale werk kry wat opwindend is en beteken hy gaan die wêreled deur reis!
Dit is egter die volgende dinge wat vir my rerig ooreenstem met die regte lewe:
· Die vrou se eerste wangerskap eindig in 'n miskraam - dit gebeur dikwels so in die regte lewe - die eerste keer is nie altyd perfek nie!
· Wanneer die baba daar is begin die ma met haar skuldgevoel van waar sy moet wees. In die movie sê die vrou die volgende "wanneer sy by die werk is dink sy aan haar kind en wil sy by hom wees en wanneer sy by hom is, dink sy aan die werk en wat sy daar moet doen" . Ek dink meeste ma's kan hulle vereenselwig met die gevoel. (die ma besluit om by die huis te bly)
· Die aanpassing is groot, veral as 'n tweede kind kom. Die pa se lewe gaan aan soos voorheen, die ma worstel om kop bo water te hou met te min slaap, in die middel van die dag te gaan bad, kinders in ''n roetine te hou en aan die slaap te kry (en dit met 'n blaffende hond). Klink dit dalk bekend? En dit lei ook dikwels tot frustrasie tussen die man en vrou wat die een "verstaan" nie die ander een se lewe nie.
· Ouerskap lei tot die volgende "gevoelens/ontdekkings. Die ma voel sy het haarself verloor en weet nie meer wie sy is nie, die paartjie onthou nie meer die sexy, fun paartjie wat hulle was nie! Sy sê" niemand vertel vir jou hoe moeilik en harde werk die huwelik en kinder groot maak is nie" Ek dink dit is waar, maar ek dink ook selfs al doen mense sal jy hulle nie glo nie of nie verstaan tot jyself daardeur gaan nie.
· Hulle besef egter dat net omdat die dinge moeilik is, jy nie net kan opgee omdat dit moeilik is nie (of die hond weggee omdat hy blaf nie)
· Die "lewenslesse" in die movie (of wat ek waarneem) is die volgende: Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk en dat 'n huis of werk nie vir jou die werlike geluk in die lewe bring nie; jou geluk is gewoonlik waar jou geliefdes is; ons altyd wil he wat ons nie kan kry nie en wanneer ons wel dit kry, ons besef dat dit nie is wat ons wou gehad het nie (dit was ons oorspronklik gehad het was reg); dat die lewe nie regverdig is nie (die hond gaan dood), maar die lewe gaan aan.
Klink enige van bogenoemde dalk bekend? Dan beteken dit dat jy besig is om te die lewe te leef en dat jou lewe wel soos in die movies is! Net msikien nie die romantic, action of fairytail nie, maar die "reality" soort!
Om die lewe makliker te maak of om julle kans te gee om die movie te kyk - gee ek vir julle 'n resep wat lekker is, maklik om te maak, gou is om te maak en jy kan dit vries! So maak een ekstra sodat volgende keer as die werklikeheid inskop en jy 'n breek nodig het, jy dit net kan uithaal en ontvries!
Korslose Tuna Tert
deur Linda
Bestandele:
125 ml Koekmeel
5ml Bakpoeier
1ml sout
125g gaar, gesnipperde spekvleis
250ml gerasperde cheddarkaas
2 x 170g blikkies tuna , goed gedreineer
2 eiers geklits
375 ml melk
2 ml paprika
1 uie, gerasper
Metode:
Voorverhit die oond tot 180° C en smeer 'n oondbak met olie/botter. (jy kan ook 'n muffin pan gebruik as jy individuele tertjies wil hê). Meng die meel, bakpoeier en sout saam. In 'n aparte bak meng die volgende goed saam: gaar spek, kaas, tuna, eiers, melk, paprika en ui. Voeg die droë bestandele by en roer tot gemeng. Giet in oonbak en bak vir 30-40min tot ferm en goudbruin. Laat vir 10-15min afkoel en sny inporsies.
Jy kan dit bedien met slaai of slaai en kapokaartappels.
As dit te "droog" is na smaak, kan jy volgende keer 'n bietjie meer melk byvoeg.
'n Laaste ding wat jou"reality movie" makliker gaan maak:
Elke vrou moet die jaar vir 'n Philips Food chopper kry. Vir party is dit dalk 'n bietjie "pricey" maar glo my dit is elke sent werd in tyd en moeite wat jy spaar!!!
No comments:
Post a Comment