Ons almal ken die bogenoemde uitdrukking uit die fliek "Forrest Gump" wat daarop neerkom dat die lewe onvoorspelbaar is. Maar kom nou!! Hoe onvoorspelbaar kan 'n boks sjokolade nou wees?! Ek bedoel as jy 'n boks sjokolade koop weet jy, jy gaan sjokolade kry. Meeste van die bokse het dieselfde geure en dikwels kan jy die verskillende gleure uitken aan die vorms of patrone van die sjokolade of die papier omhulsel.
MAAR 'n "LUCKY PACKET" is 'n ander storie!! Eerstens is die pakkie altyd so dat jy nie kan sien wat binne in is nie, jy voel-voel maar kan steeds nie raai wat daarin is nie. Tweedens is daar nie prentjies wat aandui wat binne in is nie,(partykeer net 'n prentjie van die tema bv. Barbie of Hello Kitty (kan sien ek het 'n dogtertjie)). Wat beteken dit is altyd onvoorspelbaar en altyd 'n verrasssing! En dit is soos die lewe is, al probeer ons hoe hard om dit te beheer of vooruit te weet - is nie eendag dieselfde nie. Daar is altyd iets in 'n dag wat ander as die dag voor dit en die dag na dit.
Ek is deel van 'n boekklub wat in alle opsigte 'n Lucky Packet is. Nie een van die ons is dieselfdein persoonlikhede nie. Elkeen verskil in beroep, stadium van hulle lewens en selfs in ouderdom. Elkeen bring dus hulle eie uniekheid na die Lucky Packet wat maak dat elke keer as ons bymekaar kom, die kuier en geselskap onvoorspelbaar is!! Na elke bookklub voel ek soos 'n kind wat 'n Lucky Packet oop gemaak het - verras, opgewonde en gevul met blydskap oor wat ek gekry het.
Die einste boekklub het dié week vir ons maadelikse byeenkoms 'n "Lucky Packet" ete gehou. Nou vir die van julle wat nie weet wat 'n Luck Packet ete is nie - dit is wanneer elkeen 'n gereg bring, maar niemandweet wat die ander een bring nie. So as almal bv.l nagereg bring, is dit wat geeet word of as almal groente geregte bring, is dit wat geeet word ens... julle kry die ideë? So in die gees van die Lucky packet persoonlikhede van die boekklub het ons 'n verskeidenheid van geregte en kossoorte gehad. En as ons moet kyk na hoe laat ons klaar geeët het en wat my skaal die dag of wat daarna gesë het, was almal se geregte heerlik!! (ek het definitief met die tweede skep agter lekkerte en nie honger aan geeët nie!!)
Daar was egter een gereg wat vir my uitgestaan het, nie net omdat dit baie lekker was nie, maar oor die feit dat jy dit as 'n bygereg nagereg of 'n soetigheid saam met tee of koffie kan bedien (so 'n lucky packet gereg). Hier volg dit.
Pampoentert
Marilett le Roux
Bestandele
125gr botter
200ml suiker
3 eiers
250ml meel
15ml bakpoeier
2ml sout
750 ml gaar pampoen
5ml vanielje
Metode
Smeer 'n tertbord. Room die botter, suiker en eiers saam. Sif al die droë betandele in 'n aparte bak en voeg dan by die roommengsel. Voeg die pampeon en geursel en gooi die mengsel in die tertbak. Bak vir ongeveer 40minute by 190° C
Sous
Bestandele
1 koppie suiker
5ml vanielje
3 eetleppels botter
1 blikkie Ideal melk
Metode
Kook alles saam vir 5 minute en gooi oor die terts as dit uit die oond kom.
Die tert kan in skywe bedien word.
Ek het twee verskillende roommengsels gaan opspoor wat bo-op die tert bedien kan word..
Room/esdoringstroop en okkerneut
Bestandele
¼ Koppie Room
1 eetleppel esdoringstroop
2 eetleppels fyn gekapte okkerneute
Metode:
Gooi die room in 'n klein bakkie en klits tot dit stywe punt staduim bereik. Klits die esdoringstroop by. Bedien ongeveer 'n eetleppel van die roommengsel op die tert en strooi ongeveer 'n teeleppel fyn okkerneute bo-oor(per skyf).
Photo byChefdanielangerer Blog
Mascarpone-haselneut room
Bestandele
1 houertjie mascarpone (kamer temperatuur)
1 houertjies haselneut smeer of nutella
¾ koppie verkoelde room
1 teeleppel gerasperde suurlemoen skil
Metode:
Metode:
Klits die mascarpone en haselneut smeer saam teen 'n gemiddelde spoed vir ongeveer 3 minute of totdat dit lig en donserig is. Klits die room in 'n aparte bak tot dit stywe punt stadium bereik. Vou die room in die mascarpone-haselneut mengsel. Roer in die lemoen skil. Bedek en verkoel tot dit bedien word. Bedien ongeveer 'n eetleppel van die room mengsel op die tert en strooi ongeveer 'n teeleppel fyn haselneute bo-oor(per skyf)
Hoop julle geniet dit so baie soos ons het!!
Psssst...ons lees nie rerig boeke nie, maar moet vir niemand sê nie!
No comments:
Post a Comment