Tyd is dan ook die een geskenk wat jy jouself nooit gee nie(of min daarvan) en die een geskenk wat ons almal die meeste van nodig het. Almal van ons het elke dag 'n bietjie tyd nodig om net ons gedagtes te orden (of as jy kinders het - net weer jou "ducks in a row" te kry).
So my geskenk vir julle die Kersfees is ek gee elke vrou die toestemming om tyd vir jouself te neem of te maak. Drink daardie koppie koffie in die oggend so lank as wat jy nodig het, lees daardie tydskrif lekker rustig, neem daardie borrel bad of gaan stap langs die see - en doen dit alles op jou eie.
Saam met die Kers seisoen gan daar groot ete gepaard - party word maande of weke voor die tyd beplan. Dit is egter belangrik dat jy ook met die ete tyd vir jouself gee om dit saam met ander te geniet. (anders staan jy gewoonlik alleen heeldag agter die kospotte terwyl die res van jo gaste en huisgesin heerlik ontspan of kuier). Dit is dus belangrik dat wat jy ook al kies om te maak maklik moet wees om te maak, al neem dit dalk lank om gaar te maak. So my tweede geskenk is 'n kostafel wat maklik is om te maak van die tafel versiering tot die nagereg.
Tafel versiering:
Gooi 'n wit tafeldoek oor jou tafel (as jy nie 'n wit een het nie, neem sommer 'n wit laken uit die kas en gebruik dit as tafeldoek) . Sit wit kerse in 'n ry in die middel van die tafel en dek al jou eetgery (groot bord, klein bordjie bo-op en mes en vurk bo-op kein bordjie). By elke bord plaas jy 'n ekstra deurskynende wynglas (of lang drink glas of shampanje glas). Neem dan die klein rooi balle wat 'n mens aan die Kersboom hang en gooi so drie (of hoeveel ook al pas in die glas) in die ekstra glas wat jy gedek het. (Jy kan die rooi balletjie spot goedkoop koop by plekke soos PEP, R5- Stote en Crazy Store). As jou tafel naby 'n kragprop is en jy het wit kersliggies kan jy dit tussen deur die kerse vleg en aanskakel. Laastens kan jy enige rooi servette koop en dit netjies op die klein bordjie sit en en messegoed bo-op.
Voorgereg:
Vis Kelkie
Bestandele:
Dis een blikkie tuna
Fyn gekapte ui
Suurlemoensap
1 Blikkie smoked mussels
Fyn gekapte green pepper
Mayonaise
bietjie tamatiesous
bietjie chutney
Fyn gekapte ui
Suurlemoensap
1 Blikkie smoked mussels
Fyn gekapte green pepper
Mayonaise
bietjie tamatiesous
bietjie chutney
Meng alles saam. Jy kan ‘n skeppie op ‘n slaaiblaar of 'n snytjie komkommer bedien of in 'n bakkie. Jy kan dit die oggend al maak as jy dit die aand gaan eet, gooi net die uie in voor jy eet. As jy nie tuna wil gebruik nie, kan jy ook fyn hoender gebruik.
Vir Hoofgereg kan jy die volgende Hoender gereg van die "Huiskok"maak
Hoender in die oond met suurlemoen, tiemie, rooi ui & knoffelPhoto by Huiskok
Bestandele:
1 heel hoender, verkieslik een wat kon rondskrop vir sy kos
2 rooi uie, geskil en elk in 6 stukke gesny
4-6 knoffelhuisies, ongeskil
35 ml Olyfolie
2 suurlemoene en ekstra squirtjie sap
sout en peper
8 takkies tiemie
250 ml witwyn
25 ml crème fraîche of room
Metode
Haal hoender 30 minute voor die tyd uit die yskas. Voorverhit die oond tot 200 °C. Gooi sowat 2 eetlepels olyfolie in ‘n oond-roosterpan, plaas die uie, knoffel en suurlemoenskywe op die bodem en wikkel met die hande die olie in.
Skuif die groente na die een kant en sit die hoender in die pan, bedruip met 1 eetlepel olyfolie en vryf die hoender daarmee in. Geur hoender goed met seesout en growwe peper en rangskik die groente om die hoender. Strooi die tiemietakkies bo-oor hoender en groente.
Rooster die hoender vir 1 uur, en skep 2 keer tydens die kooktyd van die oondsappe oor. As jy skrik as die suurlemoen en uie se puntjies swart brand, ontspan want dis wat jy soek. Toets met ‘n pen om te kyk of die vleissappe helder uitloop.
Haal die hoender, die uie, suurlemoen en knoffel uit en plaas op ‘n snyplank, bedek met foelie en laat rus vir 20 minute (die hoender moet groot seblief hierdie rus inkry).
Terwyl die hoender rus maak jy die sousie van die oondsappe: plaas die oondroosterpan op die plaat, skep oortollige vet af, gooi die wyn by en kook met sowat die helfte af. As dit te min is kan nog wyn of selfs ‘n bietjie melk bygegooi word. Druk ‘n paar spatsels suurlemoensap oor met ‘n ligte hand. Roer crème fraiche of room by, laat effe opprut om te verdik. Proe en geur na smaak.
Sny die hoender op en bedien met die sous, stukkies gaar suurlemoen, knoffel en uie. Die gaar pulp van die suurlemoen is allerbegeerlik saam met die hoender. Die knoffel se binnemurg druk jy uit en meng so deur die sousie. En sorg dat elkeen sy stukkies gebakte rooiuie kry.
Bediening: Daarmee saam bedien ek ‘n lekker geurige rys wat ek maak met vars sampioene, botter, kruie en steranys. Dan net nog ‘n eenvoudige groen blareslaai met geroosterde sade vir ‘n bietjie tekstuur en krakerigheid.
Nagereg:
Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)
Photo by gastrogirl.tumblr.com
Bestandele:
1 Standaard Sjokolade Koek (as jy dit klaar kan koop - nog beter!!)
360g Blikkie Nestlé Caramel Treat
500g Klaargemaakte Sjokolade Vla
400ml Geklopte Room
2 Mars bars - gesny vir granering
2 Eetleppels sjokolade sous om bo-oor te gooi.
Metode:
Sny die koek en pak 'n laag in die onderkant van Triffle bak (of as jy dit in aparte bakkies bedien dan in die onderkant van bakkies). Skep die caramel bo-op die koek en maak dit glad met die agterkant van 'n warm leppel. Gooi nou die sjokolade vla oor die laag Caramel. Bedek met room en rangskik die Mars bar stukkies bo-op en gooi dan 'n bietjie sjokolade sous heel laaste bo-oor.
Jy kan die nagerg die aand of dag voor die tyd maak tot die stadium voor jy die room opsit en dan net die room, mars bar en sjokolade opsit voor jy dit bedien. Jy kan ook Frangelico of Amarula likeur oor die koek gooi voor jy die res van die lae doen.
Smaaklike Ete!!!!
Hi Cecile
ReplyDeleteI love Christmas. I spend hours deciding what to buy my loved ones. This year I decided to make handmade gifts for everyone. Jams, vanilla sugars, syrups, biscuits. A lot of edible gifts. I think that cooking for someone is the ultimate gift of love and so 2012's presents will reflect this.
Your table looks stunning. Thanks for sharing with us. I didn't know how cheap the Christmas decor was at the Crazy Store. I NEED TO GET THERE before the 25th. I'm still deciding on the menu - I've been reading Nigella's Christmas at bedtime every day for the past week. I'm still not sure.
The Mars Bar trifle is a nice twist on a traditional dessert. I think it will be on my home's menu soon. I'll probably pour some Amarula over - I am addicted to the stuff.
♥
Hello Caylee
DeleteHope you had a wonderful Christmas!! What was your final menu? I thought about it over the holidays that I might want to also try and make all the gifts for this year. My baking skills are not so good yet, but luckily I have a year to get better!! Sent me a picture of your Christmas table!!
P.S. Loved your cookie blog looked like so much fun. Would love to go to one!