Wednesday, 25 January 2012

Nuwejaars voornemens - het hulp nodig!!

Ja dit is daardie tyd van die jaar wat almal dink en besluit neem oor hulle nuwejaarsvoornemens.   Meeste van hulle kan jy net "copy" en "paste" van die vorige jaar, want hulle het nooit gebeur nie.  Die hoeveelheid mense wat al by hulle nuwejaars voornemens elke jaar hou of gedoen kry is definitief in die minderheid (van die mensedom).  (en as jy in Suid Afrika bly kan jy heel moontlik registreer vir 'n minderheidsgroep en een of ander voordeel kry of bohaai opskop)

Meeste voornemens word nie op 1 of 2 Januarie gemaak nie, maar eerder die eerste of tweede dag van werk, want dan is is dit wanneer realiteit inskop.  

Voornemens:

 
  • Jy besluit jy gaan gewig verloor (want jou werkskeler pas skielik nie na die vakansie nie).  dit bring ons by die volgende een bring

  • Jy gaan gesonder eet - jy koop boeke en google elke moontlike dieet.

  • Jy besluit jy gaan begin oefen (vir baie gaan die een nie verder as die besluit van die voorneme nie).

  • Jy gaan jou finansies begin begroot (dit was al die "very end of the month saltycrack" die 2de Januarie) wat ons by die volgende een bring.

  • Jy gaan deur die jaar Kersgeskenke koop en nie alles hou vir die einde van die jaar nie.

  • Jy gaan betyds begin geskenke koop.

  • Jy gaan elke dag dagboek hou van al jou aktiwiteite (ook jou gesin sin) (onthou om die dagboek dan orals saam met jou te neem en nie by die huis te los soos ek doen nie).

  • Jy gaan vir jou kos inpak werk toe en so gesonder eet en geld spaar (tel dit om te beplan om gesondheids muffin, jogurt en vrug by die moterhawe se winkel of Woolies te koop - elke tweede dag ipv elke dag?).

  • Jy gaan elke dag vriendelik en positief wees by die werk (na die tweede dag van werk begin jy 'n nuwe werk soek waar niemand jou ken nie en almal moet vriendelik wees).

  • Jy gaan minder tyd spandeer aan tv kyk en meer dinge buite en saam met ander mense doen.  (dit wil se jy gaan alle programme  opneem en dan die hele naweek neem om alles te kyk wat jy nie die week gekyk het nie).

  • En vir dié wat alkohol gebruik - jy gaan minder drink. (wat nie eers 'n ag hou as jy bewus word van al die druk wat daar is om al hierdie voornemens te laat gebeur nie!!).

Ek verkies natuurlik die woorde "Bucket List" in plaas van voornemens want dit is soos 'n lys van "drome" wat jy het.  Niemand kan sê dit moet alles waar word nie, dit kan konstant verander en daar is nie 'n tydsgrens aan nie. (wel behalwe dat dit hopelik gebeur voor jy dood gaan).  Jy voel ook meer postief daaroor en daar is minder druk wat daarmee gepaard gaan.

BLOG voornemens: 

EK WIL HE JY MOET DIT LEES (en al die mense daarbuite) EN AKTIEF BETROKKE RAAK!!

Dit klink seker "vain", maar die hele rede vir die blog is vir mense soos jyom saam te gesels, te lag en kos te maak!


So as dit beteken dat die blog 'n bietjie moet "oefen en gesonder eet" om die voorkoms te verander - dan doen die blog dit.


So ek het 'n paar vrae wat ek gaar sal wil he jy moet op "comment":

  • Wat dink jy van die naam van die blog

  • Wat dink jy van die voorkoms van die blog - moet die agtergrond, skrif, styl en grootte verander.

  • Wat sal jy graag meer van wil weet of sien op die blog

  • Enige ander voorstelle? 

Om die blog en jou (en vir my) te help met die "gesonder eet"  gee ek 'n heerlike gesonder resep uit "Braai" deur H Biller, E Storkey en J Kay.  In hakkies gee ek die mates vir 5 tjopies.  (Wanneer jy hoeveelhde verander by by kos wat jy kook of souse kan jy so na as moontlik probeer hou by die hoeveelhede, maar as daar nou 'n ml of gram by is - gaan dit nie die "appelkar omgooi nie".  'n Mens pas mos die resep ook aan na jou smaak)


Roosmaryndeurdrenkte Lamstjops en Boontjie-aarbei-en-fetaslaai
(Bedien 10)

 

Bestandele: 

20 Lamstjops  (5 Tjops)
150ml olyfolie (30 ml)
15ml vars roosmaryn, gekap (3 ml)
2 Suurlemoene, in dun skyfies gesny (¼ suurlemoen)
1 Bossie vars ment, gekap (2 of drie takkies)
1 kg Groenboontjies, geblansjeer (250g)
1 groot houer vars aarbeie, in kwarte gesny (klein houertjie aarbeie)
400g fetakaas, in blokkies gesny (80g of een ring)


Slaaisous Bestandele: 

125ml olyfolie (25ml)
100ml Rooiwyn- of framboosasyn (20ml)
20 ml water (4ml)
2 knoffelhuisies, fyngedruk (¼ Knoffelhuisie)
15ml stooirsuiker (3 ml)
5ml Dijonmosterd (1 ml)


Metode:


Paas die vleis in 'n vlak skottel. Vryf die olyfolie en die roosmaryn in die tjops.  Voeg die suurlemoenskyfies en die helfte van die ment by.  Skud alles saam, bedek en laat vir 'n uur marineer
Meng al die bestandele vir die slaaisous en hou eenkant
Plaas die tjops oor die kole (of jy kan dit rooster in pan) na smaak
Net voor jy voorsit, meng die oorblywende ment boontjies, aarbeie en feta.  Giet die slaaisous oor die boontjies-en-aarbeimengsel.  Plaas op 'n groot opdienbord, skud liggies en sit die lamstjops bo-op.  Bedien dadelik 

Ek sal voorstel dat jy dalk sout byvoeg na smaak as die vleis baie "vars" proe.


EK HOOP OM GOU VAN JOU TE HOOR!!




2 comments:

  1. Hi Cecile!
    Love jou Blog...Agtergrond is spif!...hier's vir jou n se-dingvir een van die dae:
    " Everyone is a genius. But if you judge a fish on its ability to climb a tree, it will live its whole life believing it is stupid" ;) - A.Einstein

    ReplyDelete
  2. Hi
    Finally kom ek by jou request uit!

    Wat dink jy van die naam van die blog .

    Like it!!!

    Wat dink jy van die voorkoms van die blog - moet die agtergrond, skrif, styl en grootte verander.
    Hou van die agtergrond...Die skrif se kleur pas by jou agtergrond, so as jy jou agtergrond dink aan verander dan kan jy altyd weer jou skrif se kleur verander...(l.o.l was net nog nooit persoonlik 'n mint groen persoon nie, maar hou van die pienk. Ha-ha)


    Wat sal jy graag meer van wil weet of sien op die blog
    Hou van alles wat in die blog is...hou dit soos dit is. :-)

    Enige ander voorstelle?
    Hou dit soos jy daarvan hou! Dit is jou blog en weerspieel jou...en dit is wat dit so spesiaal en uniek maak...en juis die rede hoekom ons dit lees.

    ReplyDelete