Thursday, 4 August 2011

Something old - Something new

Party weke of dae voel soms soos die weer vandag is.  Dit is koud, bewolk, hulle sê dit gaan reën, maar dit doen nie.  Die wind waai. Nie stormsterk nie, maar ook nie min genoeg om jou nie te pla nie.  Kortom dit 'n week of dag wat daar nie veel gebeur nie - dit is maar net.  So gewoonlik soek 'n mens dan iets om dit te verander, iets wat moet gebeur.  Party mense gaan kuier die aand om, party mense besluit op die ingewing van die oomblik om by 'n gym aan te sluit of een of ander stokperdjie op te neem. Daar is mense wat skielik dink hulle werke is nie meer opwindend genoeg nie of dalk hulle huis of verhouding!  

Maar eintlik al wat dit is is dat ons die allerdaagse dinge moet opwindend maak.  Probeer 'n nuwe resep, doen moeite met hoe jy dit opdien of hoe jy die tafel dek.  Doen moeite met jou grimering, jou klere, jou hare of wat se bykomstighede jy aansit.  Leer jou kind 'n nuwe speletjie.  Steek kerse aan as jy gaan bad.  Maak spesiaal vir jou anderhelfte iets om te drink in 'n mooi koppie of bedien dit dalk op 'n mooi skinkbord met 'n blom. 

Dié ideë of uitdaging is nie om altyd iets nuuts of opwinden te soek om vir die ou of gewone te verruil nie, die uitdaging is om dit wat jy het met "nuwe oë" te sien, op 'n ander manier te doen of te beleef!

Ek dare jou!

Hier is 'n bekende resep - maak dit spesiaal deur mooi te bedien of 'n spesiale wyn mee saam te drink.

Spaghetti Carbonara - Marilette le Roux

  Italiaan Chef

  Heath Robbins


Bestandele:

15 ml Olyfolie
250 g Bacon (in klein blokkies gesny)
125 ml room
50 g Parmesaan kaas gerasper
50 g Pecorino kaas gerasper
5 Eiergele geklits
Gemaalde swartpeper
500 g Spaghetti

Verhit olyfolie in pan en braai bacon tot baie lekker bros. Voeg room by en laat room warm word. Meng die twee kase in aparte bak met die eiergele en geur met swartpeper(jy kan ook ‘n bietjie Ina Paarmans Garlic en Herb by gooi). Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng warm room en bacon deur pasta en voeg eiergeel en kaasmengsel by. Meng goed deur ensit onmiddelik voor. Genoeg vir 4 mense.

Stuur asb. vir my fotos van hoe julle dit bedien het!!




Thursday, 28 July 2011

" Kopiereg"

Ek kan verstaan dat kunstenaars en fotograwe "issues" het met kopiereg, want dit is hoe hulle hulle bestaan maak.  So as jy hulle werk direk  "copy" verloor hulle geld.  (as jy egter dit neem, en dit in 'n ander medium doenof verander - dink ek nie dit is "copy" nie).  Maar hoekom mense wat resepteboeke uitbring "issues" het met kopiereg verbaas my so bietjie. Hoekom resepte boeke uitbing en dan nie wil hê mense moet die resepte gebruik en met ander mense deel nie.  Dit is tog die doel van resepte en kos maak - om dit te deel!!  Ek bedoel as een persoon hulle boek gekoop het, het hulle mos al klaar geld gemaak. Wat bv. van kos programme waar hulle hulle resepte met die kykers deel - verwag hulle (en die boekskrywers) dat 'n mens elke keer wat jy die resep maak of vir iemand vertel jy eers die kopiereg moet kry om dit te kan doen?! 


Ek is seker baie van hulle resepte het hulle ook by ander mense of families gekry.  Party het hulle aangepas en dit hulle eie gemaak of net so gebruik en dan noem hulle dit hulle eie resepte.   

 
Daar is natuurlik 'n manier om dit te oorkom - sit 1 ml meer sout by of neem 1 ml sout weg en dit is nie meer die oorspronklike resep nie.   

 
Iets wat hiermee saamval is die "familie respete".  Ons almal het familie respete wat ons nie wil deel nie.  ek het 'n bietjie gaan dink oor die moontlike rede hoekom ons dit dalk nie wil deel nie.  Is dit omdat dit al resep is wat ons goed kan maak en waarmee oor ons geprys word? Voel ons deur dit te deel gaan ons nie meer so spesiaal wees of al die "shine' kry nie.  Of is ons bang dat iemand anders dalk geld gaan maak met ons resep?  Hoe jy ook al daarna kyk, bring dit eienskappe soos selfsug, jaloesie en geldgierigheid na vore (soos ook die geval met skrywers wat nie wil respete deel nie) en dit is tog nie eienskappe wat 'n mens met kos wil vireenselwig nie.Kos eet 'n mens om te oorleef , maar kos deel jy om te geniet saam met ander, iets te "celebrate, - iets om daardie "lekker gevoel" mee te kry. 

 
As mense nie resepte deel nie, kan niemand anders dit saam met jou geniet nie of kan dit vir altyd verlore gaan, maar as jy dit deel sal dit oorgedra word en iemand sal 10 jaar van nou af sê:  " dit is Lina se resep wat ek jare terug by my ma gekry het".  So bly die resep en jou "shine" voortleef.

Die meeste van ons is nie meer lus teen Donderdagaand vir kos maak nie (veral mammas) en definitief nie iets wat moeilik is om te maak nie.  So hier is twee maklike en vinnige resepte!

Perske & Varkworsie gereg
(Anri Bene)


Bestandele: 

·        1 Pakkie varkworsies (8)
·        1 Blikkie(410g) ingelegte perskes
·        2 Eetleppels blatjang
·        2 Eetleppels tamatiesous
·        1 Eetlepel appelkooskonfyt
·        Olyfolie vir die braai van worsies 

Braai die worsies in 'n pan tot ligbruin.  Dreineer die perskes - HOU DIE STROOP EENKANT.  Voeg die perskes by die worsies.  Meng al die ander bestandele by die stroop in 'n mengbak - maak seker dit is goed gemeng.  Voeg die stroopmengsel stelselmatig by die worsies en perskes.  Laatstadig prut tot  die sous dik word.  Bedien op kapokaartappels.

Brokkoli Hoender
(Mia Dippenaar)

 

Bestandele:

·        500g ontbeende hoenderborsies in repies gesny
·        1 pakkie vars sampioene - gesny
·        1 pakkie spek - in stukkies gesny
·        250ml vars room (as jy hou van baie sous sal ek dalk 375ml room aanbeveel)
·        500g brokkoli - verwyder stingels
·        Sout, peper en speserye na smaak (ek hou van roosmaryn by) 

Braai die stukkies spek in 'n diep pan.  Voeg die gesnyde sampioene by en braai verder. Voeg die hoenderstukkies by en braai saam met sampioene en spek.  Geur met speserye en stoom tot gaar.  Voeg slegs die brokkoli blommetjies by die hoender mengsel. Stoom tot die brokkoli sag is, maarnie pap nie.  Voeg room by en laat prut.  Bedien op rys, koeskoes of selfs pasta.

Lekker eet!



Monday, 25 July 2011

Resepte

So het ek meer resepte belowe en toe gebeur niks nie!  Ek is so jammer, maar siekte het my vir 'n week plat getrek! 

Hier is twee resepte vir die Maandag (met sy koue wind...) 

Ek is mal oor aartappels en sal dit in enige vorm eet.  Dit is ook eenvan die kosse waarvoor ek moeilik nee sê.  Ek is lief daarvoor om gevulde aartappels vir middagete te maak, maar jy kan dié resep ook vir die aandete maak. 

Gevulde aartappels met spek, suurroom en kaas.

Foto: Simply Delicious
Bestandele: 

·        6  Groot aartappels
·        125ml botter - gesmelt
·        1 koppie suurroom
·        1 koppie gerasperde Cheddar kaas
·        8-10 skyfies spek - gebraai en gesnipper
·        Sout en peper na smaak
·        Enige ander speserye na smaak 

Bak die aartappels tot gaar. (ongeveer 1uur teen 180 ° C of as jy haastig is, kan jy dit in die mikrogolf gaar maak) Sny 'n klein stukkie van die bokant(in die lengte van die aartappel) af.  Skep die binnekant van die aartappel uit en gooi die "vulsel" in 'n groot bak.  Voeg die botter, kaas, suurroom, spek en speserye by en meng met 'n klitser. Skep die mengsel terug in die "aartappelskil" en bak weer tot die aartappels warm is.

Anita se Gou-vrou Hoenderkerrie


Bestandele: 

·        1 ui - gekap
·        8-10 hoenderstukke, met vel en been
·        ½ koppie water
·        ½ fles Mango atjaar (by meeste winkels beskikbaar)
·        4 groot aartappels, geskil 

Braai die gekapte ui en hoenderstukke tot bruin.  Voeg die res by en laat dit prut tot gaar.  Jy hoef nie sout en peper by te voeg nie, want die atjaar bevat al die speserye en geure vir 'n outentieke kerrie.Bedien saam met Basmati rys, vars kolijanderblare en Bulgaarse jogurt.

Ek hoop die geregte bring warmte teen die koue wind!!


Friday, 15 July 2011

Een van dié belangrikste verhoudings in jou lewe...

Een van die belangrikste verhoudings - in party gevalle belangriker as jouboyfriend/man - is dié met jou haarkapper.  En soos met verhoudings met die ander geslag, is dit nogal moeilik om die Regte Een te kry! 

Party vrouens wip van die een haarkapper na die ander (soos in hulle verhoudings met mans).  Hulle verwag dat alles dadelik wonderlik moet wees bly of party hou net van die opgewondenheid wat gepaart gaan met die eerste keer wat 'n nuwe haarkapper jou hare doen.  Hulle verwag ook dikwels die onmoontlike soos dat die haarkapper dadelik hulle kort hare in 'n lang Jennifer Anistion of Angelina Jolie styl moet verander sonder om "hairextensions" te grbuik of te veel keld te spandeer - ek bedoel rerig wat dink hulle!  Hulle kla dan ook na elke besoek or die :haarkapper van die oomblik" omdat dié hulle nie verstaan nie of nie regkry wat hulle wil hê nie.  Maar soos met enige verhouding, en veral met dié van die manlike geslag, moetjy werk aan die verhouding en dit tyg gee om die verhouding te "mold" dat dit werk!! 

Dan is daar die wat haarstyle wil hê soos in die movies  of in die glanstydskrifte.  Hulle droom oor die ideale prentjie en wil dit hê, al is dit nie realisties in die regte lewe nie.  So bv. wil jy daardie bob haarstyl he al krul jou hare so dat as jy dit kort knip dit lyk of iemand 'n "peepot" op jou kop omgedraai het of jy prem jou hare (wat reeds 'n effense krul in het) net om soos Nina in Kringe in die bos te eindig.  (hier paat ek uit ondervinding - die dinge wat 'n mens darem doen as jy jonk is!).  Ek gaan nie eers haarkleur aanraak nie want die stories wat vertel kan word a.g.v "prentjies" 

Soos in meeste verhoudings is kommunikasie een van die belangrikste dele van die verhouding - met een klein verskilletjie.  In dié verhouding IS DIT DIE BELANGRIKSTE!!  Dit kan die verskil wees tuusen gelukkig uitstap of dalk met geen hare uistap na dinge skeef geloop het!  Nou hier moet ek sê dit is soms of haarkappers net soos mans dink of doen as hulle na 'n mens luister.  Hulle hoor net die helfte en maak dan sommer hulle eie afleiding oor wat die uit einde moet wees of die oplossing.  Ons almal het al hare laat groei en as dit amper die lengte is wat jy wil hê vra jy dat hulle net die "punte sny of trim" net om op te eindig met 'n haarstyl 5 cm korter as wat jy mee ingekom het. 

Passie is ook belangrik.  Jy wil hê die persoon moet passievol wees oor wat hulle doen en passievol oor jou as klient.  Ongelukkig, soos in verhoudings met die teenoorgestelde geslag, is dit nie iets wat jy kan aanleer nie, maar iets wat daar moet wees. 

Eerlikheid is ook hoog op my lysie van moet.  Ek bedoel as ek met 'n belaglike haarstyl of kleur by my haarkapper aankom en dit pas my glad nie, wil ek hê sy/hy moet vir my op 'n  sagte, vriendelike maar tog eerlike manier sê dat dit my glad  pas nie.   

Laaste maar nie die minste nie is vertroue baie belangrik.  Ek moet kan vertrou dat die dag wat ek uitpak ook my lewe sy sal luister en komentaar lewer (wat aan my kant is - haha), maar ook dit vir haarself kan hou en nie vir my vriendin/familie wat ook by haar /hom is vertel nie.  (ons almal weet hulle vertel ten minste vir twee ander kliënte oor die "juicy storie" wat hulle gehoor het)  Ek wil vertrou dat ek dieselfde behandel word as die "rich bitch" wat haar salon besoek.  Ek wil net so belangrik wees.

Ek moet haar kan vertou dat sy weet wat sy doen en die beste vir my wil hê - dat as ek daar uistap en jonger, mooier, sexier uistap en dié koningin (in my eie wêreld) wat ek is, lyk! 

Na jare se soek het ek so iemand gevind.  Wie jy sien is wie jy kry - so syis opreg in haar optrede, haar raad en in haar persoonlike hoedanigheid.  Sy behandel jou altyd dieselfde (en dieselfde as die "rich  bitch") en laat jou altyd goed voel. Sy is passievol oor dit wat sy doen.  A.g.v dit alles vertou ek haar soveel dat as ek 'n prentjie bring en dit sy sê dit gaan  my nie pas nie - dan glo ek haar. Omdat sy net soveel "insit" in die "verhouding"  vertou ek haar so baie om soms vir haar  te sê:  "doen wat jy wil met my hare". En elke keer as ek daar uitstap voel ek jonger, mooier, sexier en soos dié koningin (in my eie wêreld) wat ek is!  (as alle mans net so kon wees...)  

Ek hoop julle is almal so gelukkig soos ek om die "REGTE EEN" te vind.(dit klink soos in die movies....)En van die van julle wat nie regkom nie, laat weet my dan "leen" ek myne vir jou  ;) 

Petro se broumengsel

 

Bestandele: 

·        1 Groot ui - opgekap
·        Sampioene - opgekap(ek het so helfte van 'n pakkie geneem, maar 'n hele pakkie  is ook reg)
·        1 Groot groenrissie - opgekap
·        Witvleis van hoender - in repies gesny (ek het ontbeende borsies geneem)
·        1 Groot aartappel - opgekap (hoeveelheid aartappels hang af van smaak)
·        Olyfolie
·        1 Koppie Rys
·        1 Pakkie wit uie sop
·        500ml Melk 

Braai die uie, sampioene, groenrissie, opgekapte aartappel en hoender in olyfolie.  Voeg die koppie rys by en 'n klein bietjie water.  Kook todat die rys gaar is.  Maak melk warm en voeg wit uiesop by.  Laat dit 'n bietjie dik word.  Voeg die uiesopmengsel by die hoendermengsel en as jy wil kan jy 'n bietjie kaas oor rasper en laat smelt in die mikrogolfoond. 

*Om tyd te spaar het ek die rys en aartappel halfpad gaar gemaak.  Ek het ook die uiesopmengsel by die hoendermengsel gegooi en toe laat dikker word.

Ek het navrae gekry vir meer resepte, so van volgende week af gaan ek probeer om kere 'n resep op te sit!


Friday, 8 July 2011

Multi-tasking

Ons almal weet vrouens kan multi-tasking doen en mans nie, maar vir die van julle wat nog twyfel - hier is 'n paar voorbeelde. 

Vrouens kan bestuur en grimeer,op die selfoon praat (nie dat ons dit doen nie), sms, boek lees en die nuutste een - movies kyk!  Mammas kan ook nog die kinders agter entertain deur saam te sing, iets aan te gee wat hulle nodig het, gesigte trek en ja ook dissipline toe pas waar nodig.  Mans kan dit nie doen nie.  Ek het nou die dag 'n man sien bestuur en sms - behalwe dat hy elke twee minute die motor in 'n ander baan gehad het, kon ek sien hy gaan die hele pad stad toe neem om te sms! (kon ook nie die getoet van anders motors hoor nie) 

Vrouens kan praat en luister - ons kan besig wees om met iemand te praat, maar ook bewus wees van 'n ander gesprek langsaan -veral as dit skinder nuus is!  Mans kan nie. Hulle kan net praat of luister en in die meeste gevalle kan hulle nie eers een van die twee doen as jy na vrouens se "klagtes" luister nie. 

Vrouens kan besig wees met iets en hulle koppe die res van die dag beplan, wat nog gedoen moet word, watter kos vannaand gemaak moet word, wat jy kort vir die gereg, wat se aktiwitiete die kinders het ens. ens...

Mans kan nie. As hulle kon sou dit nie nodig gewees het vir hulle meisies/vrouens  om te skimp  oor wanneer dié einste meisies/vrouens se verjaarsdae is nie of herdenkings of vir "that matter" die hele familie en vriendekiring se verjaarsdae nie!  Daar sou ook nie miljoene rande aan advertensies spandeer word om hulle te herinner aan Moedersdag, Valentynsdag ens nie.  Nog voorbeeld op die een nodig?! 

Die dag wat jy ma word, kry jy die "Superhero" krag van multi tasking!!  Mammas kan meeste van die dinge rondom babas saam met meeste van die daagliks take doen - nie omdat hulle wil nie, maar omdat hulle kan.  Mammas kan op die telefoon praat, kos maak, die kinders se russie opbreek, die kat van die tafel afjaag! 

Vrouens is die superhero's van multi-tasking - dit is die een ding wat jy nooit moet aan twyfel nie en een van die belangrikste eienskappe wat op jou CV moet kom.  Hoekom?  Want mans kan nie!  En dit is hoe ons altyd die oorhand sal hê!!  Hoo Haa vir vrouens!! 

In die gees van multi-tasking het ek na 'n resep gaan soek wat beide as hoofgereg en nagereg kan dien.  En wat is beter as pannekoek!! 

Hier is twee resepte vir pannekoek maak (een met nutty wheat en een gewoon).  Maar as jy baie mult-itasking het om te doen, koop sommer die pakkies wat jy binne 5 minute kan aanmaak vir R10.00.  Die vulsels is oneindig!  

Beslag: 

Nutty Wheat Pannekoek resep:


Vol resep (halwe resep in hakkies) 

Bestandele: 
·        3 Koppies Koekmeel (1½ koppie koekmeel) - gesif
·        3 Koppies Nutty Wheat (1½ koppie nutty wheat) - gesif
·        5 Grooteiers (Of 6 kleintjies)  (3 Groot Eiers)
·        1½ Koppies kookolie (¾ Koppie olie)
·        3 Eetlepels asyn (1½ eetleppels asyn)
·        1½ teelepels sout (¾ teeleppels sout)
·        5 Teelepels Bakpoeier (2½ Teeleppels bakpoeier)
·        8 Koppies Water (4 Koppies water) 

Klits eiers en water baie goed.  Gooi kookolie, asyn en sout by en klitsweer baie goed.  Gooi meel(gesif) by en klits weer baie goed.  Gooi bakpoeier laaste by en klits vir ± 1 minuut.  Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter.  Die mengsel kan indieyskas gebêre word vir ± 1 week.
- Ronel Lewies-

Gewone Pannekoek:


Bestandele: 
·        1 Teelepel sout
·        2 Koppies water
·        2 Eiers
·        2 Koppies meel
·        2 Teelepls bakpoeier
·        ½ Koppie olie
·        1 Teelepel suurlemoensap 

Klits al die bestandele saam en sit in die yskas vir 'n halfuur. 

"Tips" vir 'n goeie pannekoek:
·        Jou pan moet gelyk wees.
·        Verhit 'n klein bietjie olie in die pan (genoeg dat die bodem voldoende bedek is)
·        Sodra daar 'n "rokie" trek is die pan reg vir die pannekoek.
·        Gooi die ekstra olie uit of vee dit uit met handoekrol en begin bak.
·        Gooi 'n dun lagie (gebruik sop lepel) van die deeg(genoeg dat die hele bodem toe is)
·      .  Wag tot die rand van die pannekoek begin "oplig" en die midelste deel "bubbles" maak en draai dan die pannekoek om met 'n spaan.
·        Net geoefende shef moet dit probeer gooi!!
·      .   Vir die vries van pannekoek:  Sit ;n laag bakpapier tussen pannekoeke,  plaas pannekoek in 'n "freezer bag" en vries.  Om te "defrost":  Haal dit 'n uur voor die tyd uit.  Stel jou oond op 140° C .  Bedek die pannekoek met foelie(nie te styf nie) en bak vir 10-15 minute
·        As jy baie fancy wil wees kan jy witsous en kaas oor enige sout gevulde pannekoeke gooi en in die oond bak tot lig bruin.

Sout vulsels: 

Worsie onder die kombers 
Bestandele:  (Hoeveelhede gelang na aantal pannekoeke) 
·        Gebraaide wors
·        Gerasperde kaas
·        Gekapte sampioene en ui
·        Soet  rissie sous(opsioneel)
·        Greenpepper gekap (opsioneel) 
Braai die ui en sampioene in botter.  Voeg sout en peper by na smaak.  Die sweet rissie  sous kan of aan die einde by gevoeg word of sommer saam met die ui en sampioen mengesel.  Plaas wors binne in die pannekoek. Skep die mengsel oor die wors en sprinkel die kaas bo-oor!  Heerlik
-Jo-Ann Cunningham-

Spinasie en spek vulsel 


Bestandele: 
1 - 2 pakkies vars spinasie
2 uie
1 pakkie gesnipperde spek
1 pakkie sampioene
250 ml room

Kook spinasie in bietjie sout en water tot gaar. Braai uie, spek en sampioene saam.Meng met room en spinasie, en voeg sout en peper by na smaak.
Smeer 'n pannekoek met die mengsel, plaas 'n volgende pannekoek bo-op, en gaan so aan tot jy al die pannekoeke besmeer het, en opgestapel het.
 

Ham en suurroom vulsel 


Bestandele: 
175ml ongegeurde joghurt
250ml suurroom
3 groot eiers geklits
Sout en swartpeper
250ml gerasperde kaas
12 snye ham

Plaas 'n skyfie ham op elke pannekoek en rol op. Plaas in gesmeerde bak. Klits joghurt, room en eiers en voeg sout en peper by. Gooi oor die pannekoeke en stooi kaas oor. Bak in voorverhitte oond van 180C vir 20 min. Sit dadelik voor.
 

P.S Julle kan ook die seekossous in my vorige blog as vulsel gebruik.


Soet vulsels: 
























Hier is soveel moontlikhede:

·        Goue stroop/ gebraaide piesang & Kaneelsuiker

·        Bar One en piesang (sien vorige blog)

·        Goue stroop/konfyt en aarbeie

·        Aarbeie en room

·        Room en kaneelsuiker

·        Karamel kondensmelk en room

·        Sjokolade sous en room

·        Kaneelsuiker, goue stroop en neute


"Ching"!!  Op "een taak op 'n slag" dié naweek!!!!