Ek is seker baie van hulle resepte het hulle ook by ander mense of families gekry. Party het hulle aangepas en dit hulle eie gemaak of net so gebruik en dan noem hulle dit hulle eie resepte.
Daar is natuurlik 'n manier om dit te oorkom - sit 1 ml meer sout by of neem 1 ml sout weg en dit is nie meer die oorspronklike resep nie.
Iets wat hiermee saamval is die "familie respete". Ons almal het familie respete wat ons nie wil deel nie. ek het 'n bietjie gaan dink oor die moontlike rede hoekom ons dit dalk nie wil deel nie. Is dit omdat dit al resep is wat ons goed kan maak en waarmee oor ons geprys word? Voel ons deur dit te deel gaan ons nie meer so spesiaal wees of al die "shine' kry nie. Of is ons bang dat iemand anders dalk geld gaan maak met ons resep? Hoe jy ook al daarna kyk, bring dit eienskappe soos selfsug, jaloesie en geldgierigheid na vore (soos ook die geval met skrywers wat nie wil respete deel nie) en dit is tog nie eienskappe wat 'n mens met kos wil vireenselwig nie.Kos eet 'n mens om te oorleef , maar kos deel jy om te geniet saam met ander, iets te "celebrate, - iets om daardie "lekker gevoel" mee te kry.
As mense nie resepte deel nie, kan niemand anders dit saam met jou geniet nie of kan dit vir altyd verlore gaan, maar as jy dit deel sal dit oorgedra word en iemand sal 10 jaar van nou af sê: " dit is Lina se resep wat ek jare terug by my ma gekry het". So bly die resep en jou "shine" voortleef.
Die meeste van ons is nie meer lus teen Donderdagaand vir kos maak nie (veral mammas) en definitief nie iets wat moeilik is om te maak nie. So hier is twee maklike en vinnige resepte!
Perske & Varkworsie gereg
(Anri Bene)
Bestandele:
· 1 Pakkie varkworsies (8)
· 1 Blikkie(410g) ingelegte perskes
· 2 Eetleppels blatjang
· 2 Eetleppels tamatiesous
· 1 Eetlepel appelkooskonfyt
· Olyfolie vir die braai van worsies
Braai die worsies in 'n pan tot ligbruin. Dreineer die perskes - HOU DIE STROOP EENKANT. Voeg die perskes by die worsies. Meng al die ander bestandele by die stroop in 'n mengbak - maak seker dit is goed gemeng. Voeg die stroopmengsel stelselmatig by die worsies en perskes. Laatstadig prut tot die sous dik word. Bedien op kapokaartappels.
Brokkoli Hoender
(Mia Dippenaar)
Bestandele:
· 500g ontbeende hoenderborsies in repies gesny
· 1 pakkie vars sampioene - gesny
· 1 pakkie spek - in stukkies gesny
· 250ml vars room (as jy hou van baie sous sal ek dalk 375ml room aanbeveel)
· 500g brokkoli - verwyder stingels
· Sout, peper en speserye na smaak (ek hou van roosmaryn by)
Braai die stukkies spek in 'n diep pan. Voeg die gesnyde sampioene by en braai verder. Voeg die hoenderstukkies by en braai saam met sampioene en spek. Geur met speserye en stoom tot gaar. Voeg slegs die brokkoli blommetjies by die hoender mengsel. Stoom tot die brokkoli sag is, maarnie pap nie. Voeg room by en laat prut. Bedien op rys, koeskoes of selfs pasta.
No comments:
Post a Comment