Monday, 25 July 2011

Resepte

So het ek meer resepte belowe en toe gebeur niks nie!  Ek is so jammer, maar siekte het my vir 'n week plat getrek! 

Hier is twee resepte vir die Maandag (met sy koue wind...) 

Ek is mal oor aartappels en sal dit in enige vorm eet.  Dit is ook eenvan die kosse waarvoor ek moeilik nee sê.  Ek is lief daarvoor om gevulde aartappels vir middagete te maak, maar jy kan dié resep ook vir die aandete maak. 

Gevulde aartappels met spek, suurroom en kaas.

Foto: Simply Delicious
Bestandele: 

·        6  Groot aartappels
·        125ml botter - gesmelt
·        1 koppie suurroom
·        1 koppie gerasperde Cheddar kaas
·        8-10 skyfies spek - gebraai en gesnipper
·        Sout en peper na smaak
·        Enige ander speserye na smaak 

Bak die aartappels tot gaar. (ongeveer 1uur teen 180 ° C of as jy haastig is, kan jy dit in die mikrogolf gaar maak) Sny 'n klein stukkie van die bokant(in die lengte van die aartappel) af.  Skep die binnekant van die aartappel uit en gooi die "vulsel" in 'n groot bak.  Voeg die botter, kaas, suurroom, spek en speserye by en meng met 'n klitser. Skep die mengsel terug in die "aartappelskil" en bak weer tot die aartappels warm is.

Anita se Gou-vrou Hoenderkerrie


Bestandele: 

·        1 ui - gekap
·        8-10 hoenderstukke, met vel en been
·        ½ koppie water
·        ½ fles Mango atjaar (by meeste winkels beskikbaar)
·        4 groot aartappels, geskil 

Braai die gekapte ui en hoenderstukke tot bruin.  Voeg die res by en laat dit prut tot gaar.  Jy hoef nie sout en peper by te voeg nie, want die atjaar bevat al die speserye en geure vir 'n outentieke kerrie.Bedien saam met Basmati rys, vars kolijanderblare en Bulgaarse jogurt.

Ek hoop die geregte bring warmte teen die koue wind!!


No comments:

Post a Comment