Party vrouens wip van die een haarkapper na die ander (soos in hulle verhoudings met mans). Hulle verwag dat alles dadelik wonderlik moet wees bly of party hou net van die opgewondenheid wat gepaart gaan met die eerste keer wat 'n nuwe haarkapper jou hare doen. Hulle verwag ook dikwels die onmoontlike soos dat die haarkapper dadelik hulle kort hare in 'n lang Jennifer Anistion of Angelina Jolie styl moet verander sonder om "hairextensions" te grbuik of te veel keld te spandeer - ek bedoel rerig wat dink hulle! Hulle kla dan ook na elke besoek or die :haarkapper van die oomblik" omdat dié hulle nie verstaan nie of nie regkry wat hulle wil hê nie. Maar soos met enige verhouding, en veral met dié van die manlike geslag, moetjy werk aan die verhouding en dit tyg gee om die verhouding te "mold" dat dit werk!!
Dan is daar die wat haarstyle wil hê soos in die movies of in die glanstydskrifte. Hulle droom oor die ideale prentjie en wil dit hê, al is dit nie realisties in die regte lewe nie. So bv. wil jy daardie bob haarstyl he al krul jou hare so dat as jy dit kort knip dit lyk of iemand 'n "peepot" op jou kop omgedraai het of jy prem jou hare (wat reeds 'n effense krul in het) net om soos Nina in Kringe in die bos te eindig. (hier paat ek uit ondervinding - die dinge wat 'n mens darem doen as jy jonk is!). Ek gaan nie eers haarkleur aanraak nie want die stories wat vertel kan word a.g.v "prentjies"
Soos in meeste verhoudings is kommunikasie een van die belangrikste dele van die verhouding - met een klein verskilletjie. In dié verhouding IS DIT DIE BELANGRIKSTE!! Dit kan die verskil wees tuusen gelukkig uitstap of dalk met geen hare uistap na dinge skeef geloop het! Nou hier moet ek sê dit is soms of haarkappers net soos mans dink of doen as hulle na 'n mens luister. Hulle hoor net die helfte en maak dan sommer hulle eie afleiding oor wat die uit einde moet wees of die oplossing. Ons almal het al hare laat groei en as dit amper die lengte is wat jy wil hê vra jy dat hulle net die "punte sny of trim" net om op te eindig met 'n haarstyl 5 cm korter as wat jy mee ingekom het.
Passie is ook belangrik. Jy wil hê die persoon moet passievol wees oor wat hulle doen en passievol oor jou as klient. Ongelukkig, soos in verhoudings met die teenoorgestelde geslag, is dit nie iets wat jy kan aanleer nie, maar iets wat daar moet wees.
Eerlikheid is ook hoog op my lysie van moet. Ek bedoel as ek met 'n belaglike haarstyl of kleur by my haarkapper aankom en dit pas my glad nie, wil ek hê sy/hy moet vir my op 'n sagte, vriendelike maar tog eerlike manier sê dat dit my glad pas nie.
Laaste maar nie die minste nie is vertroue baie belangrik. Ek moet kan vertrou dat die dag wat ek uitpak ook my lewe sy sal luister en komentaar lewer (wat aan my kant is - haha), maar ook dit vir haarself kan hou en nie vir my vriendin/familie wat ook by haar /hom is vertel nie. (ons almal weet hulle vertel ten minste vir twee ander kliënte oor die "juicy storie" wat hulle gehoor het) Ek wil vertrou dat ek dieselfde behandel word as die "rich bitch" wat haar salon besoek. Ek wil net so belangrik wees.
Ek moet haar kan vertou dat sy weet wat sy doen en die beste vir my wil hê - dat as ek daar uistap en jonger, mooier, sexier uistap en dié koningin (in my eie wêreld) wat ek is, lyk!
Na jare se soek het ek so iemand gevind. Wie jy sien is wie jy kry - so syis opreg in haar optrede, haar raad en in haar persoonlike hoedanigheid. Sy behandel jou altyd dieselfde (en dieselfde as die "rich bitch") en laat jou altyd goed voel. Sy is passievol oor dit wat sy doen. A.g.v dit alles vertou ek haar soveel dat as ek 'n prentjie bring en dit sy sê dit gaan my nie pas nie - dan glo ek haar. Omdat sy net soveel "insit" in die "verhouding" vertou ek haar so baie om soms vir haar te sê: "doen wat jy wil met my hare". En elke keer as ek daar uitstap voel ek jonger, mooier, sexier en soos dié koningin (in my eie wêreld) wat ek is! (as alle mans net so kon wees...)
Ek hoop julle is almal so gelukkig soos ek om die "REGTE EEN" te vind.(dit klink soos in die movies....)En van die van julle wat nie regkom nie, laat weet my dan "leen" ek myne vir jou ;)
Petro se broumengsel
Bestandele:
· 1 Groot ui - opgekap
· Sampioene - opgekap(ek het so helfte van 'n pakkie geneem, maar 'n hele pakkie is ook reg)
· 1 Groot groenrissie - opgekap
· Witvleis van hoender - in repies gesny (ek het ontbeende borsies geneem)
· 1 Groot aartappel - opgekap (hoeveelheid aartappels hang af van smaak)
· Olyfolie
· 1 Koppie Rys
· 1 Pakkie wit uie sop
· 500ml Melk
Braai die uie, sampioene, groenrissie, opgekapte aartappel en hoender in olyfolie. Voeg die koppie rys by en 'n klein bietjie water. Kook todat die rys gaar is. Maak melk warm en voeg wit uiesop by. Laat dit 'n bietjie dik word. Voeg die uiesopmengsel by die hoendermengsel en as jy wil kan jy 'n bietjie kaas oor rasper en laat smelt in die mikrogolfoond.
*Om tyd te spaar het ek die rys en aartappel halfpad gaar gemaak. Ek het ook die uiesopmengsel by die hoendermengsel gegooi en toe laat dikker word.
Ek het navrae gekry vir meer resepte, so van volgende week af gaan ek probeer om kere 'n resep op te sit!
No comments:
Post a Comment