Tuesday, 21 June 2011

PMS

Daar is niks so onvoorspelbaar en verwoestend soos 'n vrou met PMS nie!! En met rede!!  Kom ons begin byjou maag wat skielik dubbel die normale grootte is (my normale groote wil ek nie eers hê moet gesien word nie!), die pyn wat voel asof jou maag aan jou lae rug vasgemaak is , jou borste wat soos brode gerys het en dan kliphard gebak is,die hoofpyne wat net nie wil weg gaan nie (en nee ek praat nie van die mense wat jou die heeltyd irriteer nie) en om dit alles te "top" hou dit ongeveer vir tussen 5-7 dae aan!!   

Ek kan julle belowe dat geen man dit sou kon hanteer nie. Ek bedoel as hulle die geringste simptomevan verkoue het (loop neus),  dan is dit asof die dood hulle oorval het - imagine as hulle maag en seker ander ronde voorwerpe moet swel tot dubbel die groote en kliphard raak en dan moet hulle vir 5 dae so rondloop.  Natuurlik sal hulle dan ook verwoestend voel en optree!!  Nie dat ek nie dink dat mans ook PMS kry nie.  Ek werk in 'n kantoor waar daar meestal mans is en ek kan julle belowe klokslag een keer 'n maand(vir ongeveer 'n week) is hulle almal so bevoeterd, oor sensitief en neulend  dat jy met hulle kan toor! 

Om terug te kom na ons vroue se PMS.  Ons almal probeer die "simtome"

verskillende maniere "verlig" - die dokter beveel evening primrose aan(klink so delikaat dat ek nie kan dink dit vir my stormende gemoed kan werknie), party sê klim in 'n warm bad of sit 'n warmsak op jou maag of as die frustrasie te veel raak gooi iets breekbaar stukkend. Ek vind egter dat al wat werk is Poeding Met Sous!!  Enige iets soets!  Vir 'n "quick fix" werk Bar-one/Aero of dalk 'n Tempo, maar as ek kan, wil ek nagereg met souse hê. (Dit moet nagereg wees met sous wees, want die sous is 'n teken dat dit nie die dieët tipe is nie en alhoewel my maag  reeds dubbel die grootte is, voel ek alles behalwe na dieet!) 

Daar is pannekoek met sjokolade sous, pepperment tert met sjokolade, malvapeoding met vla, Cinnabuns met icing (klink dit nie na 'n wonderlike "sin" nie), Jan Ellis poeding met sous, tipsy nagerg, sagopeoding met kondensmelk, trifle, souskluitjies en sjokoladepoeding met sous - daar is genoeg vir elke maand van die jaar!!  

My raad  is:  gaan koop eerste die sjokolade van jou keuse ('n mens het ondersteuning nodig vir terwyl jy "kook"), kies dan jou gunstelling resep(verkieslik een wat vinnig is om te maak (sien hieroonder)), maak dit en net voor jy "bedien" tap jy vir jou 'n diep warm bad, skep die grootste bak moontlik, sluit die deur en klim in die bad vir solank as moontlik.  (as jy voel jy moet iets gooi kan jy altyd die badkamer deur toe gooi ;)

 Hier is twee maklik resepte


GEBAKTE SJOKOLADE POEDING (MIKROGOLF)




GEE:  6 – 8 porsies

120g (250ml) koekmeelblom

5ml bakpoeier

8g (20ml) kakao

1ml sout

50g (55ml) botter (margarine)

160g (200ml) suiker

1 groot eier

3ml vanielje essens

170ml melk



METODE

Sif droe bestanddele

Room botter en suiker. Klop eiers en vanielje essens in

Sif droe bestanddele en voeg om die beurt met melk in die bottermengsel.  Vermeng goed

Skep in ‘n gesmeerde 20cm poedingbak of groot soufflebak.



SOUS

300ml water

200g (250) bruinsuiker

10g (25ml)  kakao

Vermeng alle bestanddele.  Mikrogolf vir 2 min op HOOG

Vermeng goed en kook vir nog 3 min op HOOG

Gooi die sous (met agterkant van lepel oor die beslag.  Kook op MEDIUM VIR 10 – 12 min

Bedek die poeding sodra dit uit die oond kom  en laat vir 3 min staan.  Bedien met vla, room of roomys

Let wel: Om tyd te bespaar, kan die sous in ‘n diep skottel voorberei word.  Die beslag kan dan in die sous geplaas word.  Vir lekker baie sous sal ek aanbeveel dat die sous dubbel aangemaak word.  Gaarmaak tyd hang ook af van die sterkte van jou mikrogolfoond en hoe droog jy dit wil hê.  Ek sit dit 'n bietjie korter in.
Chocolate Cherry Trifle



Ingredients
  • 2 (approximately 12 ounces each) chocolate pound cakes
  • 1/2 cup black cherry jam
  • 1/2 cup cherry brandy
  • 2 cups drained bottled sour cherries (recommended: Morello)

Custard:

  • 4 ounces bittersweet chocolate, minimum 70 percent cocoa solids, chopped
  • 1 1/3 cups plus 1 tablespoon milk
  • 1 1/3 cups plus 1 tablespoon heavy cream
  • 8 egg yolks
  • 1/2 cup plus 1 tablespoon sugar
  • 1/3 cup cocoa

Topping:

  • 3 cups heavy cream
  • 1-ounce bittersweet chocolate
  • Special Equipment: Large wide trifle bowl
Directions
Slice the chocolate pound cake and make jam sandwiches with the cherry jam, and layer the bottom of a large wide trifle bowl. Pour over the cherry brandy so that the cake soaks it up, and then top with the drained cherries. Cover with plastic wrap and leave to macerate while you make the custard.
Melt the chocolate on low to medium heat in the microwave, checking after 2 minutes, though it will probably need 4 minutes. Or you can place it in a bowl over a pan of simmering water. Once the chocolate is melted, ser aside while you get on with the custard.

In a saucepan warm the milk and cream. Whisk the egg yolks, sugar, and cocoa in a large bowl. Pour the warm milk and cream into the bowl whisking it into the yolks and sugar mixture. Stir in the melted chocolate, scraping the sides well with a rubber spatula to get all of it in, and pour the custard back into the rinsed saucepan. Cook over a medium heat until the custard thickens, stirring all the time. Make sure it doesn't boil, as it will split and curdle. Keep a sink full of cold water so that if you get scared you can plunge the bottom of the custard pan into the cold water and whisk like mad, which will avert possible crisis.

The custard will get darker as it cooks and the flecks of chocolate will melt once the custard has thickened. And you do need this thick, so don't panic so much that you stop cooking while it is still runny. Admittedly, it continues to thicken as it cools and also when it's chilling in the refrigerator. Once it is ready, pour into a bowl to cool and cover the top of the custard with cling wrap to prevent a skin from forming.

When the custard is cold, pour and spread it over the chocolate cake layer in the trifle bowl, and leave in the refrigerator to set, covered in plastic wrap overnight.

When you are ready to decorate, softly whip the cream for the topping and spread it gently over the layer of custard. Grate the chocolate over the top.




Monday, 13 June 2011

Bieg ...

Ons is almal baie bang om te bieg oor wat rerig in ons lewens aangaan of oor die foute wat ons maak. Baie mense sien dit as teken dat ons nie perfek, in beheer of suksesvol is nie en niemand wil tog so voorkom tussen diemense wat jy ken nie.  Die ironie is dat ons almal dinge het om oor te beig en niemand van ons is die heeltyd in beheer, perfek of suksesvol nie!  Bieg het egter baie keer die  teenoor gestelde uitwerking op die mense wat dit aanhoor - gewoonlik laat dit hulle baie beter oor hulleself voel. Skielik is ons lewens heeltemal normaal, ons kinders is nie die enigste wat nie wil slaap, eet of moeilik wees nie  (soos ons dink nie) of ons man/kerel nie so onbehulpsaam, on-romanties, "gehoorgestremd" of verslaaf an TV (SPORT) soos ons dink nie (kan aan nog 'n paar dinge dink, maar dit is vir 'n ander dag).  Jy is toe nie die enigste enkelopende meisie opsoek na daardie perfekte sielsgenoot nie of ma wat worstel tussen daaglikse roetine werk en jou skuldgevoel oor te min tyd saam met jou kinders nie. Wat my laat besluit om vandag te bieg in die hoop dat ek iemand anders dalk normaal of beter kan laat voel. 

My eerste bieg - ek worstel om my kind gekookte groente te laat eet!! Deels is dit nie haar skuld nie, want haar ma het van kleins af nie gehou van gekookte groente nie en haar pa het nooit gekookte groente geeet as kind nie.  So in die "quest" om groente in ons lywe te kry(anders as in slaai of wit sous vorm) het ek begin om groente resepte te probeer. So is daar in die laaste paar weke boterskorsie sop, skorsie sop, ertjie sop gemaak en daar is verskillende slaaie probeer met kombinasies van warm groente Meeste was  suskesevol, maar  daar is nie een wat my kind wil eet nie.   

Met dit ingedagte word my Sondag middag ete rondom 'n nuwe groente gereg beplan. Ek voel braaf en besluit om sommer 'n nuwe hoendergereg en nagereg te probeer.  Na opgewonde begin, 'n groot geworstel en lank se wag was die resultate soos volg:  Die hoender was toe glad nie so lekker soos wat dit op papier geklink het nie. (my man het stadig maar seker daardeur geworstel en ek dink die kat het die meesre daarvan onderdeur die tafel gekry!)  Die nagereg  het geheel en al geflop!!  Ja jy het reg gehoor geflop!!  My drie jarige wou help en om vrede te bewaar in die deurmekaar kombuis, laat ek haar toe.  Die uiteinde - 'n nagerg wat slegs deur die kieme in die asblik geproe word - dit het nooit gestol nie!! 

My naam is Cecile en ek was gister in meestal 'n mislukking in die kombuis, maar dit was fun om dit te doen, het 'n nuwe resep gekry en 'n ander een weg gegooi, my kind het nagereg geniet - wel die maak daarvan en ek weet daar is duisende vrouens daarbuite wat op hierdie oomblik dieselfde storie kan vertel - Jippie ek is toe meestal normaal!!

P.S.  Die groente resep was 'n wenner - selfs my man het gesê ons kan dit weer eet!!

 

Koolgereg

6-8 porsies

Bestanddele:

1 k fyngekerfde kopkool
3 e olyfolie
1 k gesnipperde ontbytspek
2 k Brusselse spruitjies
1 k blomkool, in stukke gesny
1 k broccoli, in stukke gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
½ k hoenderaftreksel
2 e botter
1 k witbroodkrummels
½ t neutmuskaat

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Soteer die kool vir vyf minute oor hoë hitte in die olyfolie en roer gereeld.     Hou eenkant.
3. Braai die spek tot bros. Gooi die kool by en roer oor lae hitte vir nog 2 minute. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
4. Maak ’n kruissnit in die basis van elke Brusselse spruit. Gooi dit saam met die blomkool en broccoli in genoeg water om die spruite te bedek.
5. Geur met sout en peper en kook vir 15 minute tot sag, maar nie pap nie.
6. Pak die gekookte blomkool, spruite en broccoli in ’n oondvaste bak.
7. Gooi die spek en kool oor en dan die hoenderaftreksel. Sit die botter in klontjies oor en besprinkel met broodkrummels en neutmuskaat.
8. Bak vir 15 minute.


Monday, 6 June 2011

Wegneem etes!!

Die gesondes onder ons sien wegneem etes as 'n vloekwoord, want dit is gewoonlik ongesond.  Maar vir die meeste van ons het wegneem etes verskillende aantrekkings krag. Vir enkellopendes is dit die maklikste uitweg vir aandete, want wie wil nou vir een mens kos maak, vir die laat werkende persone is dit 'n vinnige manier van aandete kry tussen die getik van die vingers op die "keyboard", vir mammas is dit 'n bederf van nie hoef iets uit te dink vir aandete of dit te maak nie.  En verlede week was dit die "oorsaak" vir 'n lekker kuier saam met vriende. (pizza, rooiwyn en baie lag en gesels) 

Dit het my laat dink dat baier van ons nie meer deesdae mense oornooi nie, want dit betekn altyd dat een persoon vir ure voor die kospotte moet staan of dat dié persoon konstant besig is terwyl die ander mense lekker kuier en gesels - en dit is tog nie die idee waarmee 'n mens gaste oor nooi nie.  Dit gaan oor lekker eet, lekker gesels en lekker ontspan.  So hoe kan 'n mens die "idee" van wegneem etes inkorporeer in 'n gesellige en onstpannedne aand saam met vriende of familie? 

Eerstens: Kies resepte wat maklik is om te maak en wat jy al ten minste eenkeer van te vore gemaak het.  DIt haal die stress uit van nie weet of hoe dit gaan uitkom of proe nie.  Dit gee jou ook 'n goeie idee van hoe lank dit gaan neem. 

Tweedens. As jy 'n voorgereg maak - hou dit eenvoudig, maar laat dit mooi lyk deur bv. 'n mooi bord te gebruik om dit op te bedien of op 'n interressante manier te bedien. 

Derdens:  Moet nie alles vooraf klaar maak nie - betrek jou gaste vir al die vrouens by die maak van die slaai of die bykosse.  Daar is min plekke waar vrouens so lekker gesels soos langs 'n kombuistafel en rondom kos (en met 'n glas wyn natuurlik in die hand).  Doen ook dieselfde met die nagereg - maak iets wat jy aan die bedin van die aand maak en gaar of reg is teen die tys wat jy nagereg moet bedien.  

Vierdens: Moenie stress nie - geniet die oomblik en as iets flop - lag daaroor of gryp die "wegneem ete" spyskaart en bestel vinnig 'n ander opsie. 

Die hoof doel is dat dit 'n lekker onstpanne aand moet wees - een wat jy as 'n  "memory moment" kan "file" 

Ek dra hierdie resep op aan Monica - dankie vir 'n ongelooflike aand. Hier is ons "take a way" nagereg!!


Bar-One en Piesang Nagereg



Bestandele: Per persoon

½ Piesang (in die lengte gesny)

½ Klein Bar one  (in die lengte gesny) - nie die "bite size" nie.

1 Klein wrap/tortilla (wat jy in die mikrogolf kan warm maak.)

Sit die piesang en die bar one langs mekaar op die wrap.  Rol die wrap om die piesang en bar one(soos jy 'n pannekoek sal rol).  Plaas die wrap op die opdien bordjie en verhit  dit in die mikrogolfoond totdat die barone en peisang gesmelt is. (dit moet nie lopperig wees nie)  As jy nog ouliker wil wees kan jy sjokolade sous (dié wat 'n mens in buise koop) liggies bo-oor die wrap gooi of dit in 'n "patroon" om die kant van die bordjie gooi. Sny twee stukkies peisang en plaas op die sjokolade sous.  Jy kan ook aarbeie, bessies, room of roomys by sit.  






Monday, 30 May 2011

"'n Verandering is so goed soos 'n vakansie"

Iemand het êrens die gesegde "'n Verandering is so goed soos 'n vakansie" uitgedink.  Daardie persoon moes egter of onder geweldig stress gewees het of dalk te veel gedrink het, want dit is die grootste klomp snert!  Hoekom vra julle?

Vakansie:

Binne die eerste uur wat 'n mens terug is van vakansie begin moet jy begin uitpak, die wasgoed lê soos 'n berg voor jou en jy moet so gou moontlik begin was, die yskas is sonder die basies benodighede vir oorleweing wat beteken dat jy nog gou winkel toe moet gaan.  Jy moet gou iets aanmekaar slaan om te eet, toebroodjies inpak vir die volgende dag en as jy kinders het hulle skoolgoed regkry vir die volgende dag.  Teen die tyd wat jy in die bed kom het jy klaar vergeet jy het vakansie gehad.  As jy die volgende dag by die werk kom is die 10 minute se deel van wat jy alles gedoen het op jou vakansie soos die laaste warm gloed van braaivleis kole. 

Verandering:

Hier gaan ek twee voorbeelde gebruik die eerste elke vrou se gunsteling:  ;n besoek aan die haarsalon.  As jy uitstap uit die haarsalon voel jy dalk soos iemand wat op vakansie was, veral as iemand die verandering oplet (dit sal nie jou man, lewensmaat, kêrel of mans vriend wees nie.  Hulle sal gewoonlik as jou haarkleur al ses weke uit gegroei het vra "Het jy iets met jou hare gedoen")  Teen die aand voel jy nog redelik ok, maar dan kom daardie eerste oggend wat jy self die stylleering moet doen en niks lyk soos die prentjie wat by die haarsalon uit gestap het nie!!  Na 'n geworstel belsuit jy om op te gee en voel dit lankal nie meer soos 'n vakansie nie.  Die ander voorbeeld - die nuwe werk.  Kom ons wees eerlik, die eertse dag voel dit of jy konstant wil naar word van spanning omdat jy nie weet wat jy moet doen nie of bang is jy gaan 'n fout maak of jou naam weg gooi.  As jy jou vorrige werk wel baie sleg was, lyk die eerste paar dae wel wonderlik tot jy begin stress oor alles wat jy moet leer en die baie werk en jy besef dat die werk en die mense saam met wie jy werk ook maar probleme en moeilike dae het. 

So my punt is alhoewel vakansie en veranderinge jou geod kan laat voel, is dit van korte duur as jy dit nie deur trek tot jou daaglikse lewe nie.  Gun jouself elke dag 'n 10 minute breek om asem te haal, rustig koffie te drink of 'n bladsy of twee boek te lees of dalk die buitelig te geniet.  AS jy jou haarstyl verander het, doen moiete om uit te vind hoe jy dit moet stilleer en probeer dit elke dag, by die nuwe werk  - probeer elke dag iets nuuts ontdek oor die werk of die mense wat saam met jou werk - sien die postiewe.  Gaan dink oor wat dit is in die vakansie of verandering wat jou goed laat voel en doen of pas dit elke dag toe! 

Om die naweek ontspan gees deur te trek na die week gee ek hierdie maklike resep vir vannaand: 

Begin deur vir jou 'n glasie sherry of port te skink.


Ertjie sop

 
 

Kry gou al jou bestandele bymekaar: 

300g bevrore ertjies

1 ui gekap

1 gerookte vark tjoppie op gesny of 'n pakkie gesnipperde spek

500 ml groente aftreksel

2 aartappels in blokkies gesny.

1 knoffel huisie

250ml melk 

Vat 'n slukkie sherry of port en as jy kan sit lekker musiek op. 

In 'n kastrol braai die vleis vir ongeveer 3 minute in olie. Skep 'n bietjie uit en hou eenkant.  Voeg die uie en knoffel by die orige vleis en braai vir 'n verdere 5 minute.  Voeg die aartappels, ertjies en groente aftreksel by en kook vir 10 minute sonder 'n deksel.  Gooi die sop in 'n voedselverwerker of versapper en maak fyn.  Gooi dit terug in die kastrol en gooi dievleis wat jy eenkant gehou het asook die melk by.  Voeg sout en peper na smaak by en verhit die sop.  Bedien saam met lekker volgraan brood of tuis gebakte brood (die wat jy by die winkel koop want ons is op naweek "mode")

Ontspan!!


Wednesday, 25 May 2011

"Writers Block"

Ek was ongeveer so 'n maand terug in 'n motor ongeluk (het my motor in die proses afgeskryf) en sedert dien het ek writers block!! (skaars begin en ek het dit klaar - dit moet 'n rekord wees!)  Ek het nie inspirasie om te skryf nie - dit laat my wonder oor hoekom 'n mens writers block kry of jou inspirasie verloor. 

In my geval mag ek dalk my kop so hard in die ongeluk geruk het dat al die inspirasie deur my ore uit gegaan het of dalk het my brein beweeg en druk dit die inspirasie aar vas teen iets - soos reg uit 'n  Grey's Anatomy episode. (dis jammer dat dieselfde nie met my "craving" vir kos gebeur het nie - het nooit 'n probleem met inspirasie om te eet nie!!) 

Maar ek dink nie dit is die geval nie, want die ironie is dat ek vir ander mense inspirerende raad of idees kan gee, maar myself nie kan help nie.  Dalk het die daaglikse roetine van die lewe van opstaan,werk, huis take, versorging,  versekering van voertuie ens, my stil weg in sy web begin vasvang en stadig maar seker die inspirasie uit my begin druk of dalk maak het ek die laaste tyd nie meer tyd gemaak om die inspirerende dinge om my te sien of te beleef nie. 

Maak nie saak wat die rede is nie - ek mis my inspirasie!! So as enige iemand dalk verby my inspirasie loop of dit êrens kry, bring dit groot asb. vir my terug!!! (As enige iemand raad het hoe om dit terug te kry, laat weet my!)



As daar iets is wat my altyd opgewonde maak is dit kos, kos respete, kostydskrifte en kosboeke.  So as ek 'n bietjie troos nodig het, kry ek dit altyd in kos - veral my ma se kos!  Een van my ma se lekkerste troos kos is haar Macaroni en Kaas resep.  Ek gee op die  hoop dit vir iemand dalk ook troos of  inspirasie bring!!

Macroni en Kaas


 


2 K Macaroni

3 eiers

3 K Melk

Half tot ¾ koppie gerasperde Cheddar kaas (of in my geval soveel na smaak!)

1 tl sout

½ tl mostert poeier

¼ tl peper

1 pakkie spek in stukkies gesny

Tamatie skywe(opsioneel - kan onder in die bak gepak word of heel bo-op) 

Maak die macaroni gaar(volgens die instruksies op die pakkie - maak seker dit is nog "al dente").  Klits die eiers liggies in ' n aparte houer en voeg die melk, sout, peper en mostert poeier by.  Meng die spek met die gaar macaroni. (Ek hou van die spek tussen in, dan is dit soos 'n verrassing! ) Gooi nou die macaroni mengsel in 'n gesmeerde oond bak.  Gooi die eier mengsel bo-oor en strooi die kaas heel laaste op.  (Indien jy tamatie by sit, kan jy dit op pak  voor jy die kaas oor strooi of onder in die bak pak). Bak in 'n voorverhitte oond (180°C) vir 30 minute of totdat die "sous" gestol het en die kaas gesmelt is.

Mmmm ek dink ek moet my ma bel en sê ek soek troos kos!!