Thursday, 28 July 2011

" Kopiereg"

Ek kan verstaan dat kunstenaars en fotograwe "issues" het met kopiereg, want dit is hoe hulle hulle bestaan maak.  So as jy hulle werk direk  "copy" verloor hulle geld.  (as jy egter dit neem, en dit in 'n ander medium doenof verander - dink ek nie dit is "copy" nie).  Maar hoekom mense wat resepteboeke uitbring "issues" het met kopiereg verbaas my so bietjie. Hoekom resepte boeke uitbing en dan nie wil hê mense moet die resepte gebruik en met ander mense deel nie.  Dit is tog die doel van resepte en kos maak - om dit te deel!!  Ek bedoel as een persoon hulle boek gekoop het, het hulle mos al klaar geld gemaak. Wat bv. van kos programme waar hulle hulle resepte met die kykers deel - verwag hulle (en die boekskrywers) dat 'n mens elke keer wat jy die resep maak of vir iemand vertel jy eers die kopiereg moet kry om dit te kan doen?! 


Ek is seker baie van hulle resepte het hulle ook by ander mense of families gekry.  Party het hulle aangepas en dit hulle eie gemaak of net so gebruik en dan noem hulle dit hulle eie resepte.   

 
Daar is natuurlik 'n manier om dit te oorkom - sit 1 ml meer sout by of neem 1 ml sout weg en dit is nie meer die oorspronklike resep nie.   

 
Iets wat hiermee saamval is die "familie respete".  Ons almal het familie respete wat ons nie wil deel nie.  ek het 'n bietjie gaan dink oor die moontlike rede hoekom ons dit dalk nie wil deel nie.  Is dit omdat dit al resep is wat ons goed kan maak en waarmee oor ons geprys word? Voel ons deur dit te deel gaan ons nie meer so spesiaal wees of al die "shine' kry nie.  Of is ons bang dat iemand anders dalk geld gaan maak met ons resep?  Hoe jy ook al daarna kyk, bring dit eienskappe soos selfsug, jaloesie en geldgierigheid na vore (soos ook die geval met skrywers wat nie wil respete deel nie) en dit is tog nie eienskappe wat 'n mens met kos wil vireenselwig nie.Kos eet 'n mens om te oorleef , maar kos deel jy om te geniet saam met ander, iets te "celebrate, - iets om daardie "lekker gevoel" mee te kry. 

 
As mense nie resepte deel nie, kan niemand anders dit saam met jou geniet nie of kan dit vir altyd verlore gaan, maar as jy dit deel sal dit oorgedra word en iemand sal 10 jaar van nou af sê:  " dit is Lina se resep wat ek jare terug by my ma gekry het".  So bly die resep en jou "shine" voortleef.

Die meeste van ons is nie meer lus teen Donderdagaand vir kos maak nie (veral mammas) en definitief nie iets wat moeilik is om te maak nie.  So hier is twee maklike en vinnige resepte!

Perske & Varkworsie gereg
(Anri Bene)


Bestandele: 

·        1 Pakkie varkworsies (8)
·        1 Blikkie(410g) ingelegte perskes
·        2 Eetleppels blatjang
·        2 Eetleppels tamatiesous
·        1 Eetlepel appelkooskonfyt
·        Olyfolie vir die braai van worsies 

Braai die worsies in 'n pan tot ligbruin.  Dreineer die perskes - HOU DIE STROOP EENKANT.  Voeg die perskes by die worsies.  Meng al die ander bestandele by die stroop in 'n mengbak - maak seker dit is goed gemeng.  Voeg die stroopmengsel stelselmatig by die worsies en perskes.  Laatstadig prut tot  die sous dik word.  Bedien op kapokaartappels.

Brokkoli Hoender
(Mia Dippenaar)

 

Bestandele:

·        500g ontbeende hoenderborsies in repies gesny
·        1 pakkie vars sampioene - gesny
·        1 pakkie spek - in stukkies gesny
·        250ml vars room (as jy hou van baie sous sal ek dalk 375ml room aanbeveel)
·        500g brokkoli - verwyder stingels
·        Sout, peper en speserye na smaak (ek hou van roosmaryn by) 

Braai die stukkies spek in 'n diep pan.  Voeg die gesnyde sampioene by en braai verder. Voeg die hoenderstukkies by en braai saam met sampioene en spek.  Geur met speserye en stoom tot gaar.  Voeg slegs die brokkoli blommetjies by die hoender mengsel. Stoom tot die brokkoli sag is, maarnie pap nie.  Voeg room by en laat prut.  Bedien op rys, koeskoes of selfs pasta.

Lekker eet!



Monday, 25 July 2011

Resepte

So het ek meer resepte belowe en toe gebeur niks nie!  Ek is so jammer, maar siekte het my vir 'n week plat getrek! 

Hier is twee resepte vir die Maandag (met sy koue wind...) 

Ek is mal oor aartappels en sal dit in enige vorm eet.  Dit is ook eenvan die kosse waarvoor ek moeilik nee sê.  Ek is lief daarvoor om gevulde aartappels vir middagete te maak, maar jy kan dié resep ook vir die aandete maak. 

Gevulde aartappels met spek, suurroom en kaas.

Foto: Simply Delicious
Bestandele: 

·        6  Groot aartappels
·        125ml botter - gesmelt
·        1 koppie suurroom
·        1 koppie gerasperde Cheddar kaas
·        8-10 skyfies spek - gebraai en gesnipper
·        Sout en peper na smaak
·        Enige ander speserye na smaak 

Bak die aartappels tot gaar. (ongeveer 1uur teen 180 ° C of as jy haastig is, kan jy dit in die mikrogolf gaar maak) Sny 'n klein stukkie van die bokant(in die lengte van die aartappel) af.  Skep die binnekant van die aartappel uit en gooi die "vulsel" in 'n groot bak.  Voeg die botter, kaas, suurroom, spek en speserye by en meng met 'n klitser. Skep die mengsel terug in die "aartappelskil" en bak weer tot die aartappels warm is.

Anita se Gou-vrou Hoenderkerrie


Bestandele: 

·        1 ui - gekap
·        8-10 hoenderstukke, met vel en been
·        ½ koppie water
·        ½ fles Mango atjaar (by meeste winkels beskikbaar)
·        4 groot aartappels, geskil 

Braai die gekapte ui en hoenderstukke tot bruin.  Voeg die res by en laat dit prut tot gaar.  Jy hoef nie sout en peper by te voeg nie, want die atjaar bevat al die speserye en geure vir 'n outentieke kerrie.Bedien saam met Basmati rys, vars kolijanderblare en Bulgaarse jogurt.

Ek hoop die geregte bring warmte teen die koue wind!!


Friday, 15 July 2011

Een van dié belangrikste verhoudings in jou lewe...

Een van die belangrikste verhoudings - in party gevalle belangriker as jouboyfriend/man - is dié met jou haarkapper.  En soos met verhoudings met die ander geslag, is dit nogal moeilik om die Regte Een te kry! 

Party vrouens wip van die een haarkapper na die ander (soos in hulle verhoudings met mans).  Hulle verwag dat alles dadelik wonderlik moet wees bly of party hou net van die opgewondenheid wat gepaart gaan met die eerste keer wat 'n nuwe haarkapper jou hare doen.  Hulle verwag ook dikwels die onmoontlike soos dat die haarkapper dadelik hulle kort hare in 'n lang Jennifer Anistion of Angelina Jolie styl moet verander sonder om "hairextensions" te grbuik of te veel keld te spandeer - ek bedoel rerig wat dink hulle!  Hulle kla dan ook na elke besoek or die :haarkapper van die oomblik" omdat dié hulle nie verstaan nie of nie regkry wat hulle wil hê nie.  Maar soos met enige verhouding, en veral met dié van die manlike geslag, moetjy werk aan die verhouding en dit tyg gee om die verhouding te "mold" dat dit werk!! 

Dan is daar die wat haarstyle wil hê soos in die movies  of in die glanstydskrifte.  Hulle droom oor die ideale prentjie en wil dit hê, al is dit nie realisties in die regte lewe nie.  So bv. wil jy daardie bob haarstyl he al krul jou hare so dat as jy dit kort knip dit lyk of iemand 'n "peepot" op jou kop omgedraai het of jy prem jou hare (wat reeds 'n effense krul in het) net om soos Nina in Kringe in die bos te eindig.  (hier paat ek uit ondervinding - die dinge wat 'n mens darem doen as jy jonk is!).  Ek gaan nie eers haarkleur aanraak nie want die stories wat vertel kan word a.g.v "prentjies" 

Soos in meeste verhoudings is kommunikasie een van die belangrikste dele van die verhouding - met een klein verskilletjie.  In dié verhouding IS DIT DIE BELANGRIKSTE!!  Dit kan die verskil wees tuusen gelukkig uitstap of dalk met geen hare uistap na dinge skeef geloop het!  Nou hier moet ek sê dit is soms of haarkappers net soos mans dink of doen as hulle na 'n mens luister.  Hulle hoor net die helfte en maak dan sommer hulle eie afleiding oor wat die uit einde moet wees of die oplossing.  Ons almal het al hare laat groei en as dit amper die lengte is wat jy wil hê vra jy dat hulle net die "punte sny of trim" net om op te eindig met 'n haarstyl 5 cm korter as wat jy mee ingekom het. 

Passie is ook belangrik.  Jy wil hê die persoon moet passievol wees oor wat hulle doen en passievol oor jou as klient.  Ongelukkig, soos in verhoudings met die teenoorgestelde geslag, is dit nie iets wat jy kan aanleer nie, maar iets wat daar moet wees. 

Eerlikheid is ook hoog op my lysie van moet.  Ek bedoel as ek met 'n belaglike haarstyl of kleur by my haarkapper aankom en dit pas my glad nie, wil ek hê sy/hy moet vir my op 'n  sagte, vriendelike maar tog eerlike manier sê dat dit my glad  pas nie.   

Laaste maar nie die minste nie is vertroue baie belangrik.  Ek moet kan vertrou dat die dag wat ek uitpak ook my lewe sy sal luister en komentaar lewer (wat aan my kant is - haha), maar ook dit vir haarself kan hou en nie vir my vriendin/familie wat ook by haar /hom is vertel nie.  (ons almal weet hulle vertel ten minste vir twee ander kliënte oor die "juicy storie" wat hulle gehoor het)  Ek wil vertrou dat ek dieselfde behandel word as die "rich bitch" wat haar salon besoek.  Ek wil net so belangrik wees.

Ek moet haar kan vertou dat sy weet wat sy doen en die beste vir my wil hê - dat as ek daar uistap en jonger, mooier, sexier uistap en dié koningin (in my eie wêreld) wat ek is, lyk! 

Na jare se soek het ek so iemand gevind.  Wie jy sien is wie jy kry - so syis opreg in haar optrede, haar raad en in haar persoonlike hoedanigheid.  Sy behandel jou altyd dieselfde (en dieselfde as die "rich  bitch") en laat jou altyd goed voel. Sy is passievol oor dit wat sy doen.  A.g.v dit alles vertou ek haar soveel dat as ek 'n prentjie bring en dit sy sê dit gaan  my nie pas nie - dan glo ek haar. Omdat sy net soveel "insit" in die "verhouding"  vertou ek haar so baie om soms vir haar  te sê:  "doen wat jy wil met my hare". En elke keer as ek daar uitstap voel ek jonger, mooier, sexier en soos dié koningin (in my eie wêreld) wat ek is!  (as alle mans net so kon wees...)  

Ek hoop julle is almal so gelukkig soos ek om die "REGTE EEN" te vind.(dit klink soos in die movies....)En van die van julle wat nie regkom nie, laat weet my dan "leen" ek myne vir jou  ;) 

Petro se broumengsel

 

Bestandele: 

·        1 Groot ui - opgekap
·        Sampioene - opgekap(ek het so helfte van 'n pakkie geneem, maar 'n hele pakkie  is ook reg)
·        1 Groot groenrissie - opgekap
·        Witvleis van hoender - in repies gesny (ek het ontbeende borsies geneem)
·        1 Groot aartappel - opgekap (hoeveelheid aartappels hang af van smaak)
·        Olyfolie
·        1 Koppie Rys
·        1 Pakkie wit uie sop
·        500ml Melk 

Braai die uie, sampioene, groenrissie, opgekapte aartappel en hoender in olyfolie.  Voeg die koppie rys by en 'n klein bietjie water.  Kook todat die rys gaar is.  Maak melk warm en voeg wit uiesop by.  Laat dit 'n bietjie dik word.  Voeg die uiesopmengsel by die hoendermengsel en as jy wil kan jy 'n bietjie kaas oor rasper en laat smelt in die mikrogolfoond. 

*Om tyd te spaar het ek die rys en aartappel halfpad gaar gemaak.  Ek het ook die uiesopmengsel by die hoendermengsel gegooi en toe laat dikker word.

Ek het navrae gekry vir meer resepte, so van volgende week af gaan ek probeer om kere 'n resep op te sit!


Friday, 8 July 2011

Multi-tasking

Ons almal weet vrouens kan multi-tasking doen en mans nie, maar vir die van julle wat nog twyfel - hier is 'n paar voorbeelde. 

Vrouens kan bestuur en grimeer,op die selfoon praat (nie dat ons dit doen nie), sms, boek lees en die nuutste een - movies kyk!  Mammas kan ook nog die kinders agter entertain deur saam te sing, iets aan te gee wat hulle nodig het, gesigte trek en ja ook dissipline toe pas waar nodig.  Mans kan dit nie doen nie.  Ek het nou die dag 'n man sien bestuur en sms - behalwe dat hy elke twee minute die motor in 'n ander baan gehad het, kon ek sien hy gaan die hele pad stad toe neem om te sms! (kon ook nie die getoet van anders motors hoor nie) 

Vrouens kan praat en luister - ons kan besig wees om met iemand te praat, maar ook bewus wees van 'n ander gesprek langsaan -veral as dit skinder nuus is!  Mans kan nie. Hulle kan net praat of luister en in die meeste gevalle kan hulle nie eers een van die twee doen as jy na vrouens se "klagtes" luister nie. 

Vrouens kan besig wees met iets en hulle koppe die res van die dag beplan, wat nog gedoen moet word, watter kos vannaand gemaak moet word, wat jy kort vir die gereg, wat se aktiwitiete die kinders het ens. ens...

Mans kan nie. As hulle kon sou dit nie nodig gewees het vir hulle meisies/vrouens  om te skimp  oor wanneer dié einste meisies/vrouens se verjaarsdae is nie of herdenkings of vir "that matter" die hele familie en vriendekiring se verjaarsdae nie!  Daar sou ook nie miljoene rande aan advertensies spandeer word om hulle te herinner aan Moedersdag, Valentynsdag ens nie.  Nog voorbeeld op die een nodig?! 

Die dag wat jy ma word, kry jy die "Superhero" krag van multi tasking!!  Mammas kan meeste van die dinge rondom babas saam met meeste van die daagliks take doen - nie omdat hulle wil nie, maar omdat hulle kan.  Mammas kan op die telefoon praat, kos maak, die kinders se russie opbreek, die kat van die tafel afjaag! 

Vrouens is die superhero's van multi-tasking - dit is die een ding wat jy nooit moet aan twyfel nie en een van die belangrikste eienskappe wat op jou CV moet kom.  Hoekom?  Want mans kan nie!  En dit is hoe ons altyd die oorhand sal hê!!  Hoo Haa vir vrouens!! 

In die gees van multi-tasking het ek na 'n resep gaan soek wat beide as hoofgereg en nagereg kan dien.  En wat is beter as pannekoek!! 

Hier is twee resepte vir pannekoek maak (een met nutty wheat en een gewoon).  Maar as jy baie mult-itasking het om te doen, koop sommer die pakkies wat jy binne 5 minute kan aanmaak vir R10.00.  Die vulsels is oneindig!  

Beslag: 

Nutty Wheat Pannekoek resep:


Vol resep (halwe resep in hakkies) 

Bestandele: 
·        3 Koppies Koekmeel (1½ koppie koekmeel) - gesif
·        3 Koppies Nutty Wheat (1½ koppie nutty wheat) - gesif
·        5 Grooteiers (Of 6 kleintjies)  (3 Groot Eiers)
·        1½ Koppies kookolie (¾ Koppie olie)
·        3 Eetlepels asyn (1½ eetleppels asyn)
·        1½ teelepels sout (¾ teeleppels sout)
·        5 Teelepels Bakpoeier (2½ Teeleppels bakpoeier)
·        8 Koppies Water (4 Koppies water) 

Klits eiers en water baie goed.  Gooi kookolie, asyn en sout by en klitsweer baie goed.  Gooi meel(gesif) by en klits weer baie goed.  Gooi bakpoeier laaste by en klits vir ± 1 minuut.  Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter.  Die mengsel kan indieyskas gebêre word vir ± 1 week.
- Ronel Lewies-

Gewone Pannekoek:


Bestandele: 
·        1 Teelepel sout
·        2 Koppies water
·        2 Eiers
·        2 Koppies meel
·        2 Teelepls bakpoeier
·        ½ Koppie olie
·        1 Teelepel suurlemoensap 

Klits al die bestandele saam en sit in die yskas vir 'n halfuur. 

"Tips" vir 'n goeie pannekoek:
·        Jou pan moet gelyk wees.
·        Verhit 'n klein bietjie olie in die pan (genoeg dat die bodem voldoende bedek is)
·        Sodra daar 'n "rokie" trek is die pan reg vir die pannekoek.
·        Gooi die ekstra olie uit of vee dit uit met handoekrol en begin bak.
·        Gooi 'n dun lagie (gebruik sop lepel) van die deeg(genoeg dat die hele bodem toe is)
·      .  Wag tot die rand van die pannekoek begin "oplig" en die midelste deel "bubbles" maak en draai dan die pannekoek om met 'n spaan.
·        Net geoefende shef moet dit probeer gooi!!
·      .   Vir die vries van pannekoek:  Sit ;n laag bakpapier tussen pannekoeke,  plaas pannekoek in 'n "freezer bag" en vries.  Om te "defrost":  Haal dit 'n uur voor die tyd uit.  Stel jou oond op 140° C .  Bedek die pannekoek met foelie(nie te styf nie) en bak vir 10-15 minute
·        As jy baie fancy wil wees kan jy witsous en kaas oor enige sout gevulde pannekoeke gooi en in die oond bak tot lig bruin.

Sout vulsels: 

Worsie onder die kombers 
Bestandele:  (Hoeveelhede gelang na aantal pannekoeke) 
·        Gebraaide wors
·        Gerasperde kaas
·        Gekapte sampioene en ui
·        Soet  rissie sous(opsioneel)
·        Greenpepper gekap (opsioneel) 
Braai die ui en sampioene in botter.  Voeg sout en peper by na smaak.  Die sweet rissie  sous kan of aan die einde by gevoeg word of sommer saam met die ui en sampioen mengesel.  Plaas wors binne in die pannekoek. Skep die mengsel oor die wors en sprinkel die kaas bo-oor!  Heerlik
-Jo-Ann Cunningham-

Spinasie en spek vulsel 


Bestandele: 
1 - 2 pakkies vars spinasie
2 uie
1 pakkie gesnipperde spek
1 pakkie sampioene
250 ml room

Kook spinasie in bietjie sout en water tot gaar. Braai uie, spek en sampioene saam.Meng met room en spinasie, en voeg sout en peper by na smaak.
Smeer 'n pannekoek met die mengsel, plaas 'n volgende pannekoek bo-op, en gaan so aan tot jy al die pannekoeke besmeer het, en opgestapel het.
 

Ham en suurroom vulsel 


Bestandele: 
175ml ongegeurde joghurt
250ml suurroom
3 groot eiers geklits
Sout en swartpeper
250ml gerasperde kaas
12 snye ham

Plaas 'n skyfie ham op elke pannekoek en rol op. Plaas in gesmeerde bak. Klits joghurt, room en eiers en voeg sout en peper by. Gooi oor die pannekoeke en stooi kaas oor. Bak in voorverhitte oond van 180C vir 20 min. Sit dadelik voor.
 

P.S Julle kan ook die seekossous in my vorige blog as vulsel gebruik.


Soet vulsels: 
























Hier is soveel moontlikhede:

·        Goue stroop/ gebraaide piesang & Kaneelsuiker

·        Bar One en piesang (sien vorige blog)

·        Goue stroop/konfyt en aarbeie

·        Aarbeie en room

·        Room en kaneelsuiker

·        Karamel kondensmelk en room

·        Sjokolade sous en room

·        Kaneelsuiker, goue stroop en neute


"Ching"!!  Op "een taak op 'n slag" dié naweek!!!!



Friday, 1 July 2011

My naam is Cecile en ek is verslaaf

Een van my gunsteling liedjies is Betty Davis Eyes deur Kim Carnes  (as julle dit nog nie gehoor het nie hier:


As jy na die liedjie luister en na die woorde kyk, gaan dit oor 'n vrou wat 'n mans kan met haar onweerstaanbare "looks" kan verlui, maar ook kan "uitspoeg" as sy klaar is met jou! (sy los jou dus met 'n gebreekte hart).  

Her hair is Harlow gold,
Her lips sweet surprise
Her hands are never cold
She's got Bette Davis eyes
She'll turn her music on
You won't have to think twice
She's pure as New York snow
She got Bette Davis eyes

And she'll tease you
She'll unease you
All the better just to please you
She's precocious
And she knows just what it
Takes to make a pro blush
She got Greta Garbo Stand off sighs,
She's got Bette Davis eyes

She'll let you take her home
It whets her appetite
She'll lay you on her throne
She got Bette Davis eyes
She'll take a tumble on you
Roll you like you were dice
Until you come out blue
She's got Bette Davis eyes

She'll expose you
When she snows you
Off your feet with the crumbs she throws you
She's ferocious
And she knows just what it
Takes to make a pro blush
All the boys Think she's a spy,
She's got Bette Davis eyes

And she'll tease you
She'll unease you
All the better just to please you
She's precocious
And she knows just what it
Takes to make a pro blush
All the boys Think she's a spy,
She's got Bette Davis eyes

She'll tease you
She'll unease you
Just to please you
She's got Bette Davis eyes

She'll expose you

When she snows you 

En al weet die mans dit, kan hulle nogsteeds nie die versoeking  weestaan nie - wat my bring by om "verslaaf" te wees.  Nou ek praat nie hier van drank, dwelms, dobbel en daardie tipe verslawing nie.  Ek praat van daardie klein verslawinkies wat ons almal het en wat ons vir daardie kort tydjie 'n "rush" gee en wat ons altyd terug laat gaan vir 'n "fix"! En soos in die geval van werklike verslawing, is 'n mens ook geneig is om dit te probeer  regverdig en in party gevalle dit ook "wegsteek"  (meestal vir jou man of boyfriend - hulle hoef mos nou nie alles te weet nie - hoe moet 'n mens dan nou misterieus bly?!) 

My groot verslawing is die volgende: (nie noodwendig in die volgorde en gelukkig nie elke dag - wel amper nie elke dag nie) 

Tydskrifte: (gewoonlik kos en dekor tydskrifte) Ek kan hulle nie weerstaan nie, dit is  asof hulle my saggies roep en net ek hulle kan hoor.  Jy vind hulle ook gewoonlik oral in 'n winkel en in meeste winkels - dit is  jou skaduwee wat jou volg! 

Sjokolade: (bykans enige soort behalwe die met neute en ook vrugte) Hulle word baie slim geplaas net wanneer jy dink jy die weersoeking kon weerstaan en dit veilig uit die winkel gaan maak dan BAM!! is hulle daar "in your face" en hulle laat jou niegaan tot jy een gekies het nie!  (dalk is dit net ek)

Muffins: (the new kid on the block en daarom die gunsteling op die oomblik). Hulle is egter soos dwelms - jy moet hulle gaan soek, nie dat dit jou keer nie!  Ek verkies die beste en natuurlik die groootste - my gunstelling op die oomblik cappuccino, maar sjokolade en wortel sal ook doen.  Geen bran nie. 

Dan is daar goed soos as ek in 'n winkel kom, kyk ek outomaties of daar nie iets is vir my kind nie - en soos 'n verslawing, is dit nie altyd iets wat jy nodig het nie maar iets wat interressant is of lekker om te hê (of gee) 

Daar is 'n paar van ons in die kantoor wat byvoorbeeld "verslaaf" is aan koffie en artikels soek om te bewys dat dit goed is vir jou!  (ons regverdig dit net!).  Party mense is verslaaf aan sekere tv programme, boeke, sekere "brandnames", selfone, sms, bbm en facebook. 

Natuurlik is daar niks fout daarmee om 'n klein "verslawinkie" te hê (solank dit nie jou lewe negatief beïvloed of jou lewe oorneem nie), daardie klein iets wat jou vir 'n tydjie beter laat voel oor die lewe of wat vir jou pure genot gee!   Nie almal hoof daarvan te weet  nie of dat jou  laaste "kos" geldjie eintlik vir daardie een (of twee, of drie ...) ietsie is wat jou laat sê "dankie tog ek het  die maand oorleef"!! 

Omdat muffins die "new kid on the block" is, het ek spesiaal na 'n paar opsies gaan soek om almal te pas.  Ek het dié wat jy klaar koop, dié wat jy baie vinnig uit 'n pakkie maak, die wat jy van "scratch" af maak en dan dié vir mense wat sekere allergieë het.  Daar is geen gesondheids muffins nie, alhoewel ek seker is daar is mense wat verslaaf is aan gesondheidskosse ook - ek is egter nie een van hulle nie. 

Die wat jy kan koop....

 


 


 
 
Die wat jy vinnig van 'n pakkie kan maak

 

Triple Chocolate Muffin Recipe


Ingredients 

·        500ml flour
·        125ml soft brown sugar
·        125ml cocoa powder
·        15ml baking powder
·        100g butter
·        250ml chocolate chips (they hold ther shape during baking) or the equivalent(1cup) of your favourite chocolate bar cut into chunks
·        250ml buttermilk
·        2 eggs
·        2 Bar One chocolate bars (Mars bars)
·        extra melted cocolate for decorating if desired 

Preheat the oven to 180 °C, 250 F, Gas mark 4.  Grease muffin pan or spray with non-stick spray.  The mixture should make about 12 regular muffins or 6 giant muffins.
Combine the flour, sugar, cocoa and baking powder in a large mixing bowl.  Rub in th ebutter.  Stir in the chocolate chips or chunks.  Combine the buttermilk and eggs in a jug, ensure they are well mixed together.  Add the buttermilk/egg mix to dry ingredients and combine gently to moisten all the dry ingredients.  Use a little extra milk if necessary but do not overbeat.  Spoon the muffin mix into a regular muffin tin and bake for 20-30 minutes or until a skewer inserted comes out clean.  Remove the muffin pan from the ovan and place on a cooling rack.  Cut the Bar One bars(Mars bars) into thin slices and place on top of each muffin while they are still warm so the chocolate can melt over.  Drizzle extra melted chocolate if desired. 
A indulgent and delicious variation would be to put a dollop of Nutella spread in the middle of each chocolate muffin and then bake them - then it is a quadruple chocolate chip muffin!!! 

Easy Chocolate chip Muffin

 

Ingredients
·        2 cups  all-purpose flour
·        1/3 cup light-brown sugar
·        1/3 cup sugar
·        2 teaspoon baking powder
·        ½ teaspoon salt
·        2/3 cup milk
·        ½ cup butter - melted and cooled
·        2 eggs - beaten
·        1 teaspoon vanilla
·        1 package (350 grams) chocolate chips
·        ½ cup walnuts or peacans - chopped 

 
Grab a muffin tray, grease it up and set the oven to 200°C.  Take a large bowl, place the flour, sugars, baking powder and salt together and stir.  In a second bowl, stir milk, eggs, butter and vanilla untill they're blended.  Make a small "hole" in the centre of the dry ingredients, add milk mixture and proceed to sr until all ingredients are blended. Add chocolate chips and nuts to the mixture.  Fill muffin tray with batter and bake for roughly 15 minutes.  Remove the muffin tray from the oven, place on a cooling tray and allow to cool 

Allergen Free Chocolate Muffin  - No gluten, dairy, or egg.

 

 
Ingredients 
·        1½ cups gluten free flour blend
·        1 cup unporcessed sugar
·        heaping ¼ cup gluten free cocoa powder
·        1½ teaspoon baking soda
·        ½ teaspoon salt
·        1/3 cup canola oil
·        1 teaspoon vanilla extracts
·        1 teaspoon cider vinegar
·        1 cup water 

 
Preheat oven to 180 °C.  Line a regular 12 cup muffin pan with paper liners.  Sift together dry ingredients.  Add the oil, vanilla, vinegar,  ad water.  Mix together til smooth.  Pour into lined muffin cups, filling almost all the way dull (gluten free cakes usually don't fluff like regular cakes)  Bake for 20-26 minutes or until center is done.  Remove from oven and allow to cool before frosting 

Gluten free chocolate muffins. 

 

 
Ingredients: 

170g Rice flour
6 tbsp Bournville cocoa powder
2tsp baking powder
200g Treacle sugar
5ml Vanilla essence
1 cup Liquid soya milk
3/4 cup Sunflower oil
2 Eggs
1 tsp Xanthum gum 

 
Method:
Preheat the oven to 180 degrees Celsius.Sift flour three times (very important) and add cocoa, baking powder, sugar and vanilla essence. Add milk, oil and eggs and mix together. Add Xanthum gum. Beat at high speed for 4 minutes using a hand mixer or machine mixer. Transfer into a muffin pan and bake for 15 - 25 min. 

Cappuccino Muffin - my gunstelling!!

 

 
Ingredients: 
·        2 cups self raising flour
·        ¾ cup vanilla caster sugar (or plain caster sugar and 1 teaspoon of vanilla   extract)
·        1 cup milk
·        2 tablespoons instant coffe powder
·        ½ cupbutter
·        1 egg
·        1 small bag chocolate chips(100g) 

 
Preheat the oven onto 180° C. Melt butter in a small saucepan and leave to cool.  In a large mixing bowl, combine flour and sugar.  Crack the egg into a medium sized bowl and add the milk and coffe granules and stir until the coffe is dissolved.  Pour this coffee mixture onto the flour/sugar and add the melted butter.  Stir until just combined. Fold in the choclate chips.  Fill the muffin cases with th mixture, do not over-fill, you want the cases to be about 2/3 full. Bake fir 15-20 minutes, until springy to the touch. Cool in the tin for about 5 minutes before putting the muffins onto a wire rack to cool. 

Cheese cream topping - 'n klein ekstra! 

180-230ml mascarpone cheese
1 Tablespoon vanilla caster sugar(or plain caster sugar and ½ teaspoon vanilla extract)
½ teaspoon instant coffee powder
¼ cup chocolate chips 

 
In a medium bowl, mix the mascarpone cheese, vanilla sugar and coffee powder together in a bowl until blended.  (just use a spoon to mix it together)Add choclate chips and spread onto muffins.Dust with cocoa powder/sugar mixture
Mmmm... 

Dit sal lekker wees om te hoor wat julle "verslawinkies" is - laat weet my!