Soms gebeur slegte dinge op eenslag met 'n mens of mense stel jou ongelooflik teleur en laat jou wonder oor medemenslikheid. Dit kan 'n mens geweldig mislik laat voel en dit kan dikwels vir dae aanhou. Dié week het beide van die bogenoemde met my gebeur en alhoewel ek mislik voel, is ek dankbaar dat niemand in die proses fisies seer gekry het nie. Ek maak ook 'n keuse om eerder aan beter dinge te probeer dink soos die wonderlike ete wat ek die naweek saam met my familie gehad het. My ma het met eenvoudige dinge 'n mooi tafel gedek, ons het gebraai, lekker geurige broodjie gekoop, nuwe slaai probeer en sjokolade nagreg(van PMS blog hieronder).
Dit het my laat besef dat 'n mens op eenvoudige maniere die lewe elke dag kan celebrate en dat ons nie net moet wag vir verjaarsdae, moedersdag, vadersdag, valentynsdag ens. Ons sê baie keer op dié dae "ons doen dit of nie, want elke dag is so 'n dag" maar in werklikheid leef ons nie elke dag so nie. En dit hoef nie baie te neem nie. 'n Lekker gewone tee wat sy in 'n mooi koppie saam met jou vriendin of ma in jou agtertuin, woonstel se stoep of sit kamer deel. Daardie pakkies gebak (kan Sasko se reeks hier aanbeveel) wat jou instaat stel om vinnig (het sy a.g.v onvermoë om van scratch af te maak of dat jy nie so baie tyd het nie of nie al die bestandele het nie - die rede maak nie eintlik saak nie, maar wel die doel) iets te bak saam met jou dogter of vir die mense by die kantoor of sommer net om 'n Sondagmiddag saam met koffie te geniet. Of daardie vinnige ete wat jy aanmekaar sit as mense onverwags kom kuier en of as jy skielik lus voel om mense oor te nooi net om vriendskap of die lewe te celebrate.
In al die bogenoemde speel kos wel 'n rol, maar dit is die lekker kuier, die samesyn en die "celebration of life" wat eintlik die lekkerte is. Moenie dat fancy etes, drankies ens jou afsit om te celebrate nie. Dit is met watter hart jy dit doen. Ons het soveel om voor dankbaar te wees al is die lewe nie altyd regverdig nie en al stel mense jou teleur. En as jy hieroor twyfel, vra 'n bietjie die persoon langs jou se lewensverhaal en jy mag dalk net besef hoe baie jy het om voor dankbaar te wees en hoeveel 'n mens kan doen vir ander. Dit mag dalk net daardie oor en gewone koppie tee wees wat op daardie dag 'n verskil in iemand se lewe maak.
Hier is die resep vir die nuwe Botterskorsie en Beet slaai:
· 1 pak Rocket blare
· 1 Klein botterskorsie of as jy lui is soos ek kan jy die pakke in die winkel wat klaar skoon en gesny is gebruik (1 pak)
· Peper, sout, rosemary en Robertson's mixed spices
· Olyf olie vir braai
· Een staafie Bokmelk kaas(Danish feta kaas kan ook werk die hoeveelheid hang af van smaak) in stukkies gebreek of gesny
· 1 middelslag ui, gekap
· Ingelegte Beet (na smaak) in stukkies gesny
· Balsamic "reduction" - kan by Woolies koop
Hierdie slaai werk volgens smaak, so jy kan dit elke keer aanpas tot jy dit na jou smaak het. Pak die botterskorsie op 'n braaipan gooi 'n bietjie olyf olie en dan peper, sout, rosemary en mixed spices bo-oor na smaak(as daar van die speserye is wat jy nie van hou nie kan jy net sout en peper oorgooi) en rooster tot die botterskorsie gaar is. Verhit olie in braaipan en braai die ui tot deurskynend is. In 'n slaaibak: Gooi die roketblare in, dan die botterskorsie, uie, beet en bokmelk kaas. Die Balsamic sous kan jyself oor die slaai gooi of dit saam met die slaai bedien dat elke persoon dit na smaak oorgooi.
Heerlik!
Sasko se quick treats flapjacks is heerlik saam met heuning/stoop en room of room en sjokolade sous of bessies en room. Kan ook dit saam met pannekoeke (ook in die Sasko reeks) bedien.
'n Resep vir 'n maklike ete
Oondgebakte Hoender
· 8 vellose hoenderdytjies (800g - twee per persoon) Ek het egter sommer die hoenderstukke wat ek gehad het, gebruik
· sout en peper
· ± 30 ml koekmeel
· 5-10ml olyf -of avokado-olie
· 1 middelslag rooi soetrissie, ontpit, fyngekap(150g) - ek het sommer rooi en geel gebruik
· 100g gekapte ui
· 90ml soet brandrissiesous
· 30ml blatjang
· 60ml All Gold Lighttamatiesous - Ek het gewone gebruik
· 30ml Worcestersous
· 150ml kookwater
Verhit die oond tot 180 °C. Geur die hoenderdye met sout en peper en rol in koekmeel, skud oortollige meel af en plaas in enkellaag teenmekaar in 'n gesmeerde oondpan. Verhit olie in braaipan. Voeg soetrissie en ui by en roerbraai tot ui deurskynend is. Meng die rissiesous, blatjang, tamatiesous en kookwater. Roer die sous by die gebraaide mengsel en laat kook. Skep die sous oor die hoender. Bak vir 1¼ - 1½ uur tot die honder sag en gaar is. Voeg 'n bietjie kookwater by die sous indien te vinnig verdik.
As jy haastig is kan jy die hoender eers effens gaar maak in die mikrogolfoond voor jy die gereg begin. Laat dit net bietjie afkoel voor jy dit hanteer. Die duur van die bak hang ook af van die oond.
Jy kan dit saam met rys/bruinrys of lensies en ertjies of groenboontjie bedien of brood en slaai
Laat die "celebrations" begin!!
No comments:
Post a Comment