Friday, 28 October 2011

"Don't judge a book by it's cover!"

Een van die moeilikste gesegdes om nie te doen nie!! Dink daaraan, voor jy die blog begin lees het, het jy al reeds besluit of jy dit gaan lees net deur die titel te lees of na die foto te kyk.  (Hopelik het almal sommer dadelik gelees net omdat ek die blog skryf!  Sal dit nie wonderlik wees nie!)  

Emails word gelees na gelang van wat in die opskrif staan (of as jy so nuuskierig is soos ek altyd of juis omdat daar nie 'n titel in is nie).  Op facebook word mense "geken as vriende" na gelang van die foto's wat jy sien (wees nou eerlik jy kan nie al die honderde mense wat jy al in jou lewe ontmoet het onthou nie en party wil jy seker ook nie - al wat dan help om te onthou of nie te onthou nie is die foto!) 

Die persoon voor, na of langs jou in die ry word binne sekondes deur jou brein "gejudge" - bloot op hoe hulle dalk staan, wat se klere hulle dra, hulle houding teenoor die mense rondom en ja partykeer deur wat hulle gaan koop. 

By 'n funksie som jy vinning die mense op om te sien met wie jy 'n geselsie gaan aanknoop of wie jy wil vermy.  

 Alles in vandag se tyd word "gejudge" op die "omslag van die boek"  Hoekom - want niemand het of wil meer die tyd maak om verder as die "buiteblad" te kyk nie.  (partykeer is die' "storie wat jy opmaak" beter in jou kop omdat jou beter  laat voel oor jouself - meeste idees wat ons vorm oor ander is nie altyd eertse keer positief nie.  Rede - ons wil beter voel oor onsself .  En wat is nou vinniger en beter om dit te doen as om negtiewe goed oor ander te dink)   Baie keer is dit ook uit jaloesie wat ons "judge" of bloot net omdat ons nie goed oor ons self voel nie!  

Onlangs het ek 'n resepteboek gekoop met nie 'n enkele foto!!  (Iets wat ek nooit doen nie, want ek koop my resepteboek soos ek my kos kies - met my oë!!).  Ek het op daardie oomblik besluit hierdie keer gaan ek nie die boek "judge" op sy fotos nie, maar op sy resepte.  Wat 'n wonderlike besluit was dit nie gewees nie!  Die eerste resep maak is absoluut wonderlik en het my klaar inspireer om my eie fotos van die disse te neem! (dalk sien julle "my werk" in die toekoms) 

Wil julle uitdaag - word elke keer bewus daarvan as jy iets of iemand begin "judge" bllot op wat jy sien, STOP en doen die moeite om die storie daaragter uit te vind! 

Die volgende resep is om die oogaf baie vaal, maar mens het dit 'n wonderlike storie van geure!!  Die resep kom uit die Tjailaresepte boek.


 
  Foto by Roc's Rambelings
 
Madeleine se whisky-hoender 

Bestandele: 

10ml (2t) olyfolie
4-6 hoenderborsfilette
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, fyngekap
30ml(2e) botter
5ml (1t) aangemaakte mosterd
15ml(1e) koekmeel
125ml (½k) hoenderaftreksel
125ml (½k) room
15ml (1e) suurlemoensap  (ek het lemmetjies gehad, so het dit gebruik)
5ml (1t) gerasperde suurlemoenskil
50ml whisky
50ml grofgekapte vars pietersielie 

Metode: 

Verhit die olie oor matige hitte in 'n braaipan en braai die hoender alkante tot goudbruin, maar nie gaar nie.  geur na smaak, skep uit en braai ui in die pan.  Skep uit en hou saam met hoender warm.  Smelt intussen botter en mosterd oor matige hitte in 'n kastrol.  Roer meel goed by totdat 'n pasta vorm.  Roer aftreksel geleidelik by om sous te vorm en prut tot die sous effens verdik.  Roer die room, suurlemoensap en -skil by en geur sous na smaak.  Roer whisky deur en plaas hoender en ui in die sous.  Prut met 'n deksel vir sowat 5-7 minute of tot die hoender net gaar is. Roer die pietersielie by en sit op pasta (vars pasta as jy kan) of kapokaartappels voor.  Gestoomde groen groente van jou keuse of 'n slaai sal lekker wees saam met die hoender. 

Ek het verlede naweek 'n kos illustrasie bygewoon en die volgende handige tips geleer - ek deel graag met julle.  (let wel dit is wat die sjef's gesê het) 

Vir warm of gekookte geregte hoef die bestandele nie altyd tot die presiese ml gevolg te word nie.  (in die bogenoemde geval mag ek dalk 'n "druppel of twee" meer whisky bygesit het nie).  MAAR as jy bak (koeke, terte ens.) is dit 'n ander storie en moet die hoeveelhede presies gevolg word. 

Jy kan "blikkie dessert cream" gebruik in kos in plaas van regte room

Voeg jou speserye aan die einde by (het dit gedoen met die hoender hierbo en dit het heerlik geproe - meer smaak) 

Om te keer dat room "skif) as jy suurlemoen of asyn by sit - voeg die room aan die einde van die resep by net voor op bediening. 

Gebruik altyd dieselfde grootte eier dwarsdeur die gereg. 

Jy hoef geen sout of olie in die water te gooi as jy pasta kook nie - net sout na die tyd.  Olie dien geen doel nie 

Eksperimenteer met resepte!


Wednesday, 12 October 2011

People are like cakes or cookies

Mmm.. sal julle seker sê en wonder hoe ek by hierdié een uit gekom het!  Dink daaraan, maak nie saak hoe hard ons probeer om elke keer 'n koek perfek te kry nie(of dieselfde te kry as die vorige keer nie), ons kan dit net nie regkry nie.  Elke koek wat jy maak is  êrens verskillend - net soos mense.  Geen mens op aarde is 100% persent dieselfde nie en geen mens op aarde is perfek nie (al dink ons partykeer ons is) 

'n Mens kry daardie baie "over the top" mense wat soos 'n troukoek is.  Altyd stunning van buite, maar dikwels is jy te bang om hulle te benader omdat hulle "hoer as jy in status voel".  Party is ook net soos troukoeke per geleentheid mense - hulle is per geleenthied vriendelike/ per geleentheid "opgetof" of hulle gaan net na seker geleenthede toe. (if you know what I mean)


Jy kry die birthday koeke (altyd harde werk vir die ma!).  Jy sit ure daarin om perfek aan die buitekant te lyk of jy worstel om die imperfections toe te maak met die wonderlikeste versierings.  Dit het gewoonlik die volgende tot gevolg:

   Photo by SAMSD


Mense dink jy is pragtig, maar eintlik is jou binnekant nie so mooi nie. (die koek lyk nie mooi sonder die versiering nie of dit proe sleg) 

Mense bewonder jou op 'n afstand, maar doen nooit die moeite om die werlike jy te leer ken nie (die koek word gemaak, maar nooit geeet nie) 

Jy is nie heeltemal perfek nie, maar jy is mooi van binne en mense wil jou graag leer ken(die koek smaak lekker)

    Photo by www.pinkcakebox.com

Dan kry jy mense wat glad nie perfek is nie, maar jou net so aanraak met hulle persoonlikeheid of wie en wat hulle is - dat jy nie anders kan om hulle raak te sien of te wil leer ken nie (my haarkapper)

    Photo by Frugalicious Living

Ek het onlangs 'n kennis oor die internet gemaak wat soos 'n choc chip koekie is -  'n staatmaker, altyd lekker om te sien en te eet en met 'n bietjie verassings of fun element!

   Photo from www.blagger.co.uk

Jy kry die gemmer koekies tipe wat altyd daar is en altyd reg is om jou te versorg of beter te laat voel (veral as jy swanger en naar is)

   Photo by Kraft foods

Jy kry die klein shortbread koekies (wat hulle saam met jou koffie by die coffee shops bedien).  Hulle is klein of lykmaar gewoon - maar ooo! is hulle darem nie maar denamiet in klein pakkies nie! 

So kan ek vir altyd aanhou (ek is seker julle kan aan nog 'n paar "menslike koekies" dink).  Ek wil egter 'n chocolate mud koek wees - oneglooflik in smaak (fun/vriendelike/gelukkig en liefdevol van binne), plat op die aarde en kinderlik (soos kinders wat met modder speel) en mooi genoeg van buite om tevrede met myself te wees, maar nie perfek nie.... 

So as ek nou 'n baie goeie en korrekte blog skrywer gewees het sou ek nou die resep vir julle in afrikaans vertaal het, maar nou ja, nou is ek nie - ek is net 'n gewone vrou!  So hier is dit in Engels!  Ek sluit ook 'n allergie vrye een in - ook in Engels!


 
     Photo by Simon Food Favourites


Chocolate Mud Cake

Ingredients: 

250 ml butter
280 ml good milk chocolate (200g)
15 ml instant coffee (1 tablespoon)
375 ml boiling water (1 ½ cups)
440 ml sugar (1 ¾ cups)
2 eggs
375 ml self raising flour (1 ½ cups)
175 ml cocoa powder (½ cup) 

Method: 

Preheat the oven to 150°C (300F).  Lightly grease and line the tin (12.75x15cm) with butter and baking paper.  Dissolve the coffee in the boiling water.  Place butter into a saucepan and slowly melt on a low heat, add chocolate and melt.  Add coffee and sugar into the chocolate mix and stir until sugar is dissolved.  Transfer mixture into a large bowl and allow to cool for 10 minutes.  with an electric mixer, add eggs, one at a time. Sift in half the flour an cocoa powder and mix until combined.  Add the rest of the flour .  Pour into cake tin and bake for 1 - 1 ¼ hours.  test with a skewer in the middle of the cake.  Cool cake before turning out. Allow cake to cool completely before decorating/icing.

Ganache

Ingredients: 

210 ml milk chocolate (150g)
210 ml dark chocolate (150g)
84 ml thickened cream (1/3 cup)

Method: 

Place chocolate and cream in a medium, heavy-based saucepan over very low heat.  Stir frequently, and remove from heat when chocolate has just melted and mixture is smooth.  If necessary, allow the genache to cool slightly at room temperature to obtain a spreadable consistency.


    Photo by Tara Humphries

Allergey free Chocolate Mud Cake

Ingredients: 

200ml dairy free margarine
280ml dairy free chocolate
375 ml brown sugar
60 ml cocoa
60 ml water
250 ml plain flour or gluten free plain flour
190 ml self raising flour or gluten free self raising flour
40 ml white vinegar
5 ml vanilla

Method: 

Preheat oven to 180° C.  Grease and line 24cm spring form cake tin with two layers of baking paper.  in a large saucepan place the margarine, choclate, sugar, and water.  Slowly heat until the margarine and chocolate has elted completely.  Sift the dry ingredients into a large bowl.  Add the vinegar, vanilla and the chocolate mixture.  Beat with an electric mixer until well combined.  Pour into the prepared tin.  Bake in a moderate oven for 35-40 minutes until ther cake is crispy on the top but still moist in the middle.  Allow the cake to cool completely then dust with icing sugar or decorate with ganache.

Ganache:

Ingredeints: 

250ml unsweatened plain soymilk
625 ml dark dairy free chocolate chips

Method: 

In a small saucepan over low heat, combine the soymilk and chocolate chips.  Stirring freqeuntly, cook until the mixture is well combined and the chocolate has a glossy finish. Remove form heat.  If necessary, allow the genache to cool slightly at room temperature to obtain a spreadable consistency.


Laat my weet watter tipe koek of koekie jy is!



Tuesday, 4 October 2011

" Die lewe is nie soos in die movies nie!"

Ja- Ja ek weet ek het lanklaas geblog, maar die LEWE het gebeur.  Kind twee keer in hospitaal, werks-, huis- en sosiale verpligtinge en tussenin spook 'n mens om "sane" te bly! 

Dit bring my by vandag se "tema".  'n Mens hoor dikwels mense sê die lewe is nie soos in die movies nie (my man sê dit gereeld vir my of sê dat ek so dink!).  En ek stem meeste van die tyd saam.  Ek het egter onlangs 'n movie ontdek wat reedelik na aan die regtige lewe is: Marley &  Me!















Met die uitsondering dat geen vrou soos Jennifer Aniston lyk (in die movie) die dag na sy geboorte gegee het nie.  Ek bedoel meeste van ons het nie eers so 'n lyf voor die tyd nie, wat nog te sê van die dag nadat jy geboorte gegee het!! 

Die lewe van die twee persone in die movie is egter soos dit in die werklike lewe gebeur.  Jy ontmoet iemand wat jy van hou, julle begin date, raak verloof (en soos in die movie - het die meisie gewoonlik al 'n lys van dinge van hoe haar lewe saam met die man gaan verloop) en dan trou julle.  Die vrou het haar beroep en die man syne en dit is gewoonlik die fokus vir 'n tydlank - klim daardie loopbaan leer!!  Dan begin die man de gevoel te kry dat die vrou dalk kinders wil kry en met 'n gevoel van gewoonlik paniek word 'n troeteldier aangeskaf (gewoonlik 'n hond) om die vrou se biologiese klok 'n bietjie satediger te maak. Uiteindelik kan die onvermeidelike van kinders he nie meer vermy word nie en word die item "op die lys" inwerking gestel.  Vir die vrou begin die lewe half klaar verander nog voor die swangerskap begin - die loopbaan begin half klaar na die agtergrond skyf, maar vir die man droom hy steeds hard aan die ideale werk en die sukses wat saam met dit gaan.  Maar soos in die regte lewe as jy uiteindelik die een het moet jy nee se vir die ander.  Die vrou raak swanger net wanneer die man die ideale werk kry wat opwindend is en beteken hy gaan die wêreled deur reis!   

Dit is egter die volgende dinge wat vir my rerig ooreenstem met die regte lewe:


·        Die vrou se eerste wangerskap eindig in 'n miskraam - dit gebeur dikwels so in die regte lewe - die eerste keer is nie altyd perfek nie!

·        Wanneer die baba daar is begin die ma met haar skuldgevoel van waar sy moet wees.  In die movie sê die vrou die volgende "wanneer sy by die werk is dink sy aan haar kind en wil sy by hom wees en wanneer sy by hom is, dink sy aan die werk en wat sy daar moet doen" .  Ek dink meeste ma's kan hulle vereenselwig met die gevoel. (die ma besluit om by die huis te bly)

·        Die aanpassing is groot, veral as 'n tweede kind kom.  Die pa se lewe gaan aan soos voorheen, die ma worstel om kop bo water te hou met te min slaap, in die middel van die dag te gaan bad, kinders in ''n roetine te hou en aan die slaap te kry (en dit met 'n blaffende hond).  Klink dit dalk bekend? En dit lei ook dikwels tot frustrasie tussen die man en vrou wat die een "verstaan" nie die ander een se lewe nie.

·      Ouerskap lei tot die volgende "gevoelens/ontdekkings.  Die ma voel sy het haarself verloor en weet nie meer wie sy is nie, die paartjie onthou nie meer die sexy, fun paartjie wat hulle was nie!  Sy sê" niemand vertel vir jou hoe moeilik en harde werk die huwelik en kinder groot maak is nie"  Ek dink dit is waar, maar ek dink ook selfs al doen mense sal jy hulle nie glo nie of nie verstaan tot jyself daardeur gaan nie.

·        Hulle besef egter dat net omdat die dinge moeilik is, jy nie net kan opgee omdat dit moeilik is nie (of die hond weggee omdat hy blaf nie)

·        Die "lewenslesse" in die movie (of wat ek waarneem) is die volgende: Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk en dat 'n huis of werk nie vir jou die werlike geluk in die lewe bring nie; jou geluk is gewoonlik waar jou geliefdes is; ons altyd wil he wat ons nie kan kry nie en wanneer ons wel dit kry, ons besef dat dit nie is wat ons wou gehad het nie (dit was ons oorspronklik gehad het was reg); dat die lewe nie regverdig is nie (die hond gaan dood), maar die lewe gaan aan. 

Klink enige van bogenoemde dalk bekend? Dan beteken dit dat jy besig is om te die lewe te leef en dat jou lewe wel soos in die movies is!  Net msikien nie die romantic, action of fairytail nie, maar die "reality" soort! 

Om die lewe makliker te maak of om julle kans te gee om die movie te kyk - gee ek vir julle 'n resep wat lekker is, maklik om te maak, gou is om te maak en jy kan dit vries! So maak een ekstra sodat volgende keer as die werklikeheid inskop en jy 'n breek nodig het, jy dit net kan uithaal en ontvries!



Korslose Tuna Tert
deur Linda 

Bestandele: 

125 ml Koekmeel
5ml Bakpoeier
1ml sout
125g gaar, gesnipperde spekvleis
250ml gerasperde cheddarkaas
2 x 170g blikkies tuna , goed gedreineer
2 eiers geklits
375 ml melk
2 ml paprika
1 uie, gerasper


Metode: 

Voorverhit die oond tot 180° C en smeer 'n oondbak met olie/botter.  (jy kan ook 'n muffin pan gebruik as jy individuele tertjies wil hê).  Meng die meel, bakpoeier en sout saam.  In 'n aparte bak meng die volgende goed saam:  gaar spek, kaas, tuna, eiers, melk, paprika en ui.  Voeg die droë bestandele by en roer tot gemeng.  Giet in oonbak en bak vir 30-40min tot ferm en goudbruin.  Laat vir 10-15min afkoel en sny inporsies. 

Jy kan dit bedien met slaai of slaai en kapokaartappels. 

As dit te "droog" is na smaak, kan jy volgende keer 'n bietjie meer melk byvoeg.


'n Laaste ding wat jou"reality movie" makliker gaan maak: 

Elke vrou moet die jaar vir 'n Philips Food chopper kry.  Vir party is dit dalk 'n bietjie "pricey" maar glo my dit is elke sent werd in tyd en moeite wat jy spaar!!!