Monday, 28 March 2011

“As jy verveeld is, is dit oor jy vervelig is!!

Ek lees gisteraand die volgende gedeelte uit Natasha Sutherland se nuwe boek “Sprokie ‘n soek na sprankel”:


“As jy verveeld is, is dit oor jy vervelig is!! Moenie daar sit soos die Koningin van Vassit en wag vir die betowering om na jou toe te kom nie.  Skop jou eie oemf aan die brand – kom ‘n bietjie uit en begin soek!!”  (snaaks watter dinge ‘n mens soms uit ‘n hele hoofstuk onthou – skat dit het te doen met wat op daardie stadium in jou lewe aangaan of pla?)

My eerste reaksie sal iemand vir my sê ek is dalk vervelig, is om op my perdjie te spring en op die aanval te val. (Want wie wil nou vervelig wees!!)  Die trefkrag is egter in die sinne wat na dit volg.   ‘n Mens kla mos dikwels oor baie dinge: ons kom nie genoeg uit nie, ek is moeg, my klerestyl is nie reg nie, my gewig pla, ek kry nie tyd om te gym nie ens.  (seker julle kan aan 1000 meer goed dink).  Ons redes vir die situasies is gewoonlik dinge gebeur nie! (“maar ek doen niks om dit laat gebeur nie.”) Die lewe gee egter nie vir jou wat jy begeer op ‘n skinbord na jou toe aankom nie – jy moet dit gaan soek of daarvoor werk…

So ons worstel om oor te gaan in aksie – hoekom? Wat stop ons?

Ek dink die volgende is moontlik dalk van die redes wees:

a)   Ons is bang dinge verander
b)   Ons is bang mense gaan vir jou lag(veral as ons nie suksesvol is in ons soeke na dit wat ons begeer nie)
c)   Ons is bang daar gaan dan druk op ons wees - mense gaan weet waartoe ons instaat is en dit verwag.
d)   Ons is bang dat as ons suksesvol is, ons nie dit so sal kan hou nie!?
e)    En dan is daar praktiese dinge soos geld dalk of tyd, vervoer ens.

Vir my is dit dalk al die bogenoemde, vir jou is dit dalk twee, vir die persoon langs jou dalk net een.  Dit maak nie saak nie, want vir al die redes is daar “oplossings”

Kom ons begin by die praktiese dinge – meeste praktiese dinge kan in vandag se tyd  oorkom word  Jy kan naure gaan werk en die geld gebruik om verder te studier, te spaar en te gaan reis.  Jy kan aansoek doen vir ‘n beurs, jy kan publieke vervoer gerbuik om by jou bestemming uit te kom of iemand se hulp vra.  Jy kan minder tv kyk en die ekstra tyd gebruik om iets anders te doen of om vroeër te gaan slaap en die volgende oggend op te staan en te gaan gym.  Die gemene deeler in al die dinge – JY MOET IETS DOEN!!!.

Ons is bang dinge gaan verander – ons is so gemakilk in ons daaglikse roetine. Dit is  voorspelbaar (selfs al is dit nie lekker nie,) en dit laat ons rustig en in beheer voel.  Ek dink deels die rede vir ons groot behoefte aan voosprelbaarheid is die onvoorspelbaarheid van die wereld waarin ons vandag leef.  Die feit dat dinge so maklik skeef kan loop en niemand meer sommer bereid is “om jou vang of te help as dinge skeef loop nie.  Ons is egter meeste van die tyd net bang vir die ongemaklikheid van die onbekende – ons hou mos maar van gemaklikgheid, van die beheer…(selfs al is ons nie).
Ons is bang mense gaan vir ons lag – Mmm… ons arme ego’s! Ja, dit is eintlik die rede, ons ego’ moet tog net nie seerkry nie, ek bedoel hoe gaan ons ooit kan herstel!!!  So ons doen maar eerder niks nie, al beteken dit ons mis uit op ‘n kans van ‘n geweldige “ego boost’

Ons is bang daar gaan druk op ons wees – Sê nou ek is suksesvol, dan kan ek nie terug gaan na net weer op die bank gaan lê nie, mense gaan mos nou weet waartoe ek instaat is, ek gaan moet bly iets doen.  Baie mense sien dit as negatief, maar dit is egter ‘n positief , want dit forseer jou om te groei.  (En glo dit of nie, jy kan steeds soms op die bank vir ‘n paar minute te gaan sit, die uitdaging is net om nie daar te bly nie!)

Ons is bang as ons suksesvol is, hoe gaan ons so bly!? Ons geloof en ons geloof in onsself is nie sterk genoeg nie, ons twyfel, ons is bang ons gaan dit nie weer kan doen nie!  Met die gevolg dat ons oorval word met die vloed van al die bogenoemde redes en so eindig ons maar weer terug op die bank – eerder ongelukkig as gelukkig.

Die deurlopende lyn in al die redes is dat as ons niks doen nie ons in ‘n ongelukkige situasie gaan bly, eerder as om gelukkig te wees of in ‘n beter situasie te wees.

So wat is die een ding wat ek wil hê jy uit hierdie hele blog moet onthou:

“ Moenie daar sit soos die Koningin van Vassit en wag vir die betowering om na jou toe te kom nie.  Skop jou eie oemf aan die brand – kom ‘n bietjie uit en begin soek!!”


Op ‘n Maandagaand voel ‘n mens gewoonlik bedruk, nie lus vir groot kos maak nie en natuurlik – nie gesonde kos nie.

So hier is ‘n resep wat vinnig is om te maak en lekker om te eet!!

Seekossous op roosterbrood(of pasta, rys of as pannekoek fulsel)

1 groot ui, gekap
250g vars sampioene, in skyfies gesny
1 x 105g blik gerookte mossels of oesters, gedreineer
1 x 200g blik tuna, gedreineer en gevlok
1 pakkie sampioenroomsop
100g(250ml) gerasperde cheddakaas
Sout, varsgemaalde swartpeper en geurselsout na smaak
1 x 250ml houer vars room
Roosterbrood, gesmeer met knoffelbotter
10ml droë of 30ml fyngekapte, vars pietersielie.
Braai ui en sampioene in gedreineerde olie van mossels of oesters.  Voeg mossels of oesters en tuna by.  Maak soppoeier aan met helfte van aanbevole vloeistof – gebruik melk of water.  Voeg by saam met kaas en geurmiddels.  Verhit tot kookpunt en prut ‘n paar minute.  Voeg room by en verhit tot deurwarm.  Skep op roosterbrood en strooi peitersielie oor.

Lewer 6 porsies

Variasie

Sny boonste dele van 6 broodrolletjies as en hol uit.(broodrolletjies kan op hierdie stadium in ‘n warm oond geplaas word om effens bros te word) Skep seekossous sonder kaas binne-in. Strooi oor en smelt onder ‘n verhitte element.

No comments:

Post a Comment