Wednesday, 23 March 2011

“"Al probeer ek hoe hard, ek voel nooit suskesvol nie" Deel 2

Onder 'n sonsambreel op Onrus, besluit ek om die "water te toets" oor “Al probeer ek hoe hard, ek voel nooit suskesvol nie” artikel.  My vraag: "hoe weet 'n mens waarin is jy suksesvol?"  My suster se antwoord:  "Diep binne jou weet jy..." en hier kom die belangrikste deel van haar antwoord, die klip tussen Goliat se oë, "... maar jy wil dit van ander mense hoor, jy wil erekening van ander hê vir jou suksesse"  Hoe waar is dit nie?!  En as ons dit nie kry nie, dink ons, ons is nie suksesvol nie, selfs al weet jy, jy is.  As 'n mens daaroor gaan  dink, gee min mense ander mense komplimente of bevestig hulle suksesse.   So min mense kry daardie erkening wat hulle na smag.  Wat is die rede dat mense dit nie doen nie? Gedeelte van die antwoord is in die artikel:

"Of dalk vergelyk jy jouself heeltyd met ander mense om jou.  En as jy jou met ander vergelyk, gaan jy nooit suksesvol voel nie." ... "Geen mens op aarde is minderwaardig teenoor 'n ander een nie.  Al is dit die boodskap wat jy soms kry, dit is gewoon onwaar."

Ons vergelyk ons daagliks met die mense rondom ons en vind onsself  minderwaardig of nie goed genoeg nie of nie suksesvol genoeg nie.  Minderwaardigheid is dikwels die "rookie of vlammetjie" vir jalosie - die rede hoekom ons nie vir iemand anders 'n komplimenteer nie. (Selfs al is hulle suksesse in goed wat jy nooit susksesvol in sal wees nie, omdat dit nie jou belangstelling is of  talent is nie)  As jy daraan dink, is dit alles  'n bose kringlooop - niemand wil vir niemand komplimenteer  nie -  want net nou lyk jy minder suksesvol ( IN JOU EIE OË!!).  So 'n "As hulle nie vir my wil komplimenteer nie, gaan ek ook nie vir hulle komplimenteer"  houding  As ons vir een oomblik ons eie minderwaardigheid (wat meetsal net in ons eie koppe is) of jalosie opsy kan sit, kan ons dalk deur een kompliment  iemand anders se lewe verander.  Daardie enkele kompliment of bevestiging van sukses kan dalk die rede dat die persoon sy/haar roeping in die lewe ontdek.  Ek glo in karma, so wat jy uitleef gaan jy weer een of ander tyd terug beleef of kry.  

So my uitdaging vir die dag:


·        Hou op om jouself minder susksesvol as die persoon langs jou te meet.  Julle suksess kan nie dieselfde wees nie, want almal is uniek.
 Hoe vervelig sou dit nie gewees het as almal alles ewe goed kon doen nie!  Wie moet dan wat doen?
·        Begin 'n lewensstyl waar jy ander komplimenteer en hulle suksesse bevestig - jy kan nie dalk 'n verskil maak nie - JY GAAN DEFINITIEF!!!
·        Gee jouself ook komplimente en bevestig jou eie suksesse

Onthou:"Daar gaan altyd iemand wees wat iets beter as jy kan doen, en iemand wat dit slegte as jy doen."  (Ons vergeet altyd hierdie deel)

Wil net dankie sê vir my getroue "spellchecker en editor" (jy weet wie jy is) - dankie dat jou terugvoering altyd op so 'n sagte manier is.

Resep vir vandag:

Maalvleis is ten minste eenkeer ‘n week op my spyskaart, ‘n mens raak egter  moeg vir dieselfde bobotie of minse en spagetti resepte. Het ‘n bietjie gaan soek op die internet en op hierdie oulike resep afgekom.  ‘n Mens kan natuurlik ander “stuffings” ook maak.

Stuffed Pot Bread

Ingredients

1 round loaf of bread
1kg beef mince or ground beef
1 red pepper - diced finely
1 large onion - chopped
1 clove garlic - chopped
dried oregano
1 tbsp Worcester Sauce
1 packet oxtail soup powder - you need this to bind the minced meat together.

Saute onion, pepper and garlic in some olive oil and add the meat. Use a fork to loosen the meat and break up any big lumps. Place the lid back on and let it simmer for about 10 min. Do NOT add water. Now add the dry soup powder and mix through. You should have a tick flavorful mince mix. Slice the "head" off your loaf of bread and hollow out the middle. Fill with the minced meat and place the "lid" back on. Cover the entire loaf with foil and bake in a pre-heated oven for about 30-40 minutes. Serve with grated beetroot and a green salad!!!

1 comment:

  1. Waar kom jy aan al die oulike resepte? Jy gee my weer nuwe hoop vir aandetes...:-)

    ReplyDelete