Soos Kaapenaars almal in hulle motors spring en see toe gaan met die eerste tekens van somer, is daar ook 5 dinge(seker daar is meer, maar hierdie staan uit) wat hulle doen met die eerste druppels wat val.
1. Hulle bestuur skielik soos "leaner drivers" of soos tiener seun (hoog op hormone) wat die eerste keer alleen in sy pa se motor ry! Ek dink nie ek hoef veel te verduidelik nie, maar vir die van julle wat onseker is, klim in jou motor en gaan ry vandag op die Kaapse paaie.
2. Die rooiwyn word uitgehaal!! Dit kan enige iets wees van Tassies (vir die studente) tot die Fleur de Cap wyne wees. (of wat ook al jou voorkeure is) Ek sal nogals KWV se Café pinotage of Diemersfontein se pinotage voorstel.
3. Kaas! Ja jy het reg gelees - kaas. Neem byvoorbeeld 'n stukkie vy (die wat in stroopie is, is die beste) bo-op 'n stukkie camembert kaas op 'n soutkoekie en geniet saam met die rooiwyn! (sien ook ander resepte hieronder)
4. Brood (verkieslik met regte plaasbotter, kaas en 'n lekker konfyt(iets waarvan daar te kies en te keur is in die Kaap) (sien resep vir die lekkerste brode hieronder)
5. Sop! Kaapenaars is mal oor sop in die winter. En met die eerste teken van reën word sop gemaak!(en gevries) Nou ek moet bieg, ek eet nie sommer alle soppe nie - gewoonlik net "gladde" sop. (behalwe my ma se boontjie en ertjie sop - wat vleis in het) Daarom het ek maar 'n beperkte hoeveelheid sop resepte. Dalk is dié jaar die een om dit te verander! (sien resep hieronder)
So dit is my Kaapse Winter "to-do-list"! Of al die stappe gedoen word en in watter volgorde, sal net die Kaapenaars weet!
Decadent Camembert with fruit and nuts
Ingredients
Fairview 500g Vintners Brie or 250g Roydon CamembertMascarpone or whipping cream
Vanilla essence
Chopped unsalted nuts (walnuts or pecans)
Preserved figs, apricots and/dates
Chocolate shavings
Method
1) Slice the cheese in half horizontally, so that you have two large discs2) Whip the mascarpone or cream until thick, adding a little vanilla essence to taste
3) Spread onto the open side of one half of the cheese
4) Top with nuts and preserved fruit
5) Place the other half of the cheese on top and "ice" with the remainder of the mascarpone or cream and top with chocolate shavings
Figs with Goat cheese, Walnuts and a drizzle of Raw Honey !
1. Cut figs in half.
2. Top with a bit of goat cheese (if you don't want the dairy, put soaked cashews in a blender and blend to make a cashew spread.)
3. Place 1/2 Walnut on top.
4. Drizzle with raw Honey
500 g. bruismeel.
1 pakkie dik wit uiesoppoeier.
5 ml. ( 1 tl.) sout.
5 ml. ( 1 tl.) bakpoeier.
150 g. gerasperde cheddarkaas.
1 ekstra groot eier.
500 ml. ( 2 kop.) karringmelk.
Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n broodpan van 1,5 liter met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, uiesop poeier, sout en bakpoeier saam. Voeg 100 g. van die kaas by en meng goed. Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë
bestanddele. Roer goed. Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor en bak 1 uur lank tot gaar of todat 'n toetspen skoon uit die middel van die broodjie kom. Sit voor met kaas en konfyt.
Bierbroodjie
500 gram bruismeel
1 X Blikkie Bier van jou smaak
Knippie sout.
Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan, laat rys, en bak 40 min op 180 grade.
Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se smaak ookal in jou kieste opspring.
500 gram bruismeel
1 X Blikkie Bier van jou smaak
Knippie sout.
Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan, laat rys, en bak 40 min op 180 grade.
Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se smaak ookal in jou kieste opspring.
Aartappel sop
4 uie & bietjie knoffel - geskil & fyngekap
1 kg aartappels in blokkies gesny
½ pak bacon
3 blokkies hoenderaftreksel
1 blokkie beefaftreksel
1½ liter water
Braai uie & knoffel saam in 'n bietjie olie
Voeg blokkies aartappel by en braai 'n bietjie. Gooi in groot kastrol
Braai gesnipperde bacon apart
Gooi alles in 'n kastrol en kook tot sag.
Verpulp saam met water waarin dit gekook is.
Room kan bygevoeg word (opsioneel)
Pietersielie kan oorgegooi word voor bediening