Die rede - ek het besef ek het nie regtig meer balans in my lewe nie.
Ek het nie meer inspirasie gehad nie en
nog minder om met ander te deel. (Dit
was selfs nie eers meer lekker om te blog nie). So vir die die volgende paar
maande het ek gaan soek na balans.
Ek gaan dood eerlik wees - ek het dit nie orals gevind of reg
gekry nie! In party areas van my lewe
het dit harde werk en "effort" gekos om dit reg te kry en dit was die
moeite werd. In ander het ek sover gekom
as om 'n doel te stel vir wat balans sal wees in daardie area. En in party is ek nog baie ver van 'n doel of
om dit reg te kry!
Een van die plekke waar ek balans moes kry, was my resepteboek (meer
soos 'n houer met allerhande resepte). Net sodat julle 'n ideë kan kry van hoe die
"boek" lyk - ek is altyd op die uitkyk vir lekker resepte. Daar is
dus uitgedrukte resepte, uitgeskeurde resepte, uitgeskryfde resepte ens. So hoe kry ek orde/balans - "let's make
it" soos Mister Maker op BBC sê ('n kinder program van dié van julle wat
nie weet nie). Ek het dus net 'n klomp
gekies en begin maak. Die wat lekker was
is gehou en die wat minder lekkers was, te moeilik om te maak of dalk te lank neem
om te maak,(na my sin) is uitgegooi. Die eindresultaat: my gewig het 'n bietjie
verander (maar dit kanselleer ek weer uit met 'n ander area wat balans nodig
het), ek het die heerlikste kos ontdek en nou is dit nie meer so moeilik om 'n
idee vir aandete te kry nie. Die beste
- EK HET ELKE OOMBLIK
DAARVAN GENIET - LETTERLIK EN FIGUURLIK!! En GENOT is tog een van die dinge wat 'n mens
in jou lewe moet hê om BALANS te hê!
So ek gaan my resepte met julle op my blog deel - soms gaan daar
'n storie by wees, soms nie, soms gaan ek probeer om my eie foto by te sit
(maar wie het nou tyd in die aand om fotos te neem as almal doodgaan van die
honger), soms gaan dit iemand anders se fotos wees (met erkenning).
Die eerste een wat ek gaan deel is ongelooflik maklik om te maak,
heerlik om te eet en gaan maak 'n draai op die heupe, (Maar die Franse glo dat as jy nie skuldig
voel oor wat jy eet nie en dit stadig en gesellig geniet -MAAK DIT NIE VET NIE!
- MY NUWE KOS MOTTO!!) maar heeltemal te lekker om mis te loop.
FRENCH BREAKFAST MUFFINS
Maria de Bastos
Ingredients:
1/3 cup butter, melted
½cup sugar
1 egg (preferably room temperature)
1½ cup all purpose flour
1½ tsp. baking powder
½ tsp. salt
¼ tsp. nutmeg
(freshly grated if possible)
½ cup milk
Topping (option: cut topping in half*)
½ cup sugar
½ cup butter, melted
1 tsp. cinnamon
Method:
Heat the oven to 180° C. In a medium-large bowl,
sift together all dry ingredients. Add wet ingredients and stir just until
combined, but still a bit lumpy. Do NOT
overmix; overmixing will ruin the texture of the finished muffins. Also?
Don't overmix the batter. Finally, don't
overmix. Scoop batter into muffin
tins/pan that have been sprayed with cooking spray. Using a large ice cream scoop you can get
10-12 muffins by distributing the batter a little less generously. Bake for 20 minutes, or untill they just
start to turn a bit golden at the edges.
For the topping, mix sugar and cinnamon in a
small bowl. Place melted butter in
another small bowl. Dip the warm muffins
in melted butter (you can dip just the top, but it's even tastier to dip the
whole muffin), then dip/roll the muffin in cinnamon sugar. * You may have
left-over topping; the extra topping can be used for dipping, while eating the
muffins. Another option is to cut the
topping ingredients in half.
Ek het die pannetjies gebruik wat bietjie
kleiner is as die standard muffin/cupcake/ pannetjie. As jy die heel kleintjie gebruik kan jy dit op
tannestokkies bedien. Die
"topping" se hoeveelheid was te veel, so besluit vooraf of jy dit wil
halfeer of wil gebruik vir ekstra "dipping". Ek stel die laaste voor.
Ek dink daar is 'n hele paar goed waarmee jy
dit kan bedien - room, aarbeie, "maple suryp", sjokolade sous ens. Ek sal graag wil hoor of julle dit ook so baie
soos ek geniet het en waarmee saam jy dit geeët het.
P.S Ek het nog net soveel respete om te maak
en daar het alweer weer bygekom