Monday, 30 May 2011

"'n Verandering is so goed soos 'n vakansie"

Iemand het êrens die gesegde "'n Verandering is so goed soos 'n vakansie" uitgedink.  Daardie persoon moes egter of onder geweldig stress gewees het of dalk te veel gedrink het, want dit is die grootste klomp snert!  Hoekom vra julle?

Vakansie:

Binne die eerste uur wat 'n mens terug is van vakansie begin moet jy begin uitpak, die wasgoed lê soos 'n berg voor jou en jy moet so gou moontlik begin was, die yskas is sonder die basies benodighede vir oorleweing wat beteken dat jy nog gou winkel toe moet gaan.  Jy moet gou iets aanmekaar slaan om te eet, toebroodjies inpak vir die volgende dag en as jy kinders het hulle skoolgoed regkry vir die volgende dag.  Teen die tyd wat jy in die bed kom het jy klaar vergeet jy het vakansie gehad.  As jy die volgende dag by die werk kom is die 10 minute se deel van wat jy alles gedoen het op jou vakansie soos die laaste warm gloed van braaivleis kole. 

Verandering:

Hier gaan ek twee voorbeelde gebruik die eerste elke vrou se gunsteling:  ;n besoek aan die haarsalon.  As jy uitstap uit die haarsalon voel jy dalk soos iemand wat op vakansie was, veral as iemand die verandering oplet (dit sal nie jou man, lewensmaat, kêrel of mans vriend wees nie.  Hulle sal gewoonlik as jou haarkleur al ses weke uit gegroei het vra "Het jy iets met jou hare gedoen")  Teen die aand voel jy nog redelik ok, maar dan kom daardie eerste oggend wat jy self die stylleering moet doen en niks lyk soos die prentjie wat by die haarsalon uit gestap het nie!!  Na 'n geworstel belsuit jy om op te gee en voel dit lankal nie meer soos 'n vakansie nie.  Die ander voorbeeld - die nuwe werk.  Kom ons wees eerlik, die eertse dag voel dit of jy konstant wil naar word van spanning omdat jy nie weet wat jy moet doen nie of bang is jy gaan 'n fout maak of jou naam weg gooi.  As jy jou vorrige werk wel baie sleg was, lyk die eerste paar dae wel wonderlik tot jy begin stress oor alles wat jy moet leer en die baie werk en jy besef dat die werk en die mense saam met wie jy werk ook maar probleme en moeilike dae het. 

So my punt is alhoewel vakansie en veranderinge jou geod kan laat voel, is dit van korte duur as jy dit nie deur trek tot jou daaglikse lewe nie.  Gun jouself elke dag 'n 10 minute breek om asem te haal, rustig koffie te drink of 'n bladsy of twee boek te lees of dalk die buitelig te geniet.  AS jy jou haarstyl verander het, doen moiete om uit te vind hoe jy dit moet stilleer en probeer dit elke dag, by die nuwe werk  - probeer elke dag iets nuuts ontdek oor die werk of die mense wat saam met jou werk - sien die postiewe.  Gaan dink oor wat dit is in die vakansie of verandering wat jou goed laat voel en doen of pas dit elke dag toe! 

Om die naweek ontspan gees deur te trek na die week gee ek hierdie maklike resep vir vannaand: 

Begin deur vir jou 'n glasie sherry of port te skink.


Ertjie sop

 
 

Kry gou al jou bestandele bymekaar: 

300g bevrore ertjies

1 ui gekap

1 gerookte vark tjoppie op gesny of 'n pakkie gesnipperde spek

500 ml groente aftreksel

2 aartappels in blokkies gesny.

1 knoffel huisie

250ml melk 

Vat 'n slukkie sherry of port en as jy kan sit lekker musiek op. 

In 'n kastrol braai die vleis vir ongeveer 3 minute in olie. Skep 'n bietjie uit en hou eenkant.  Voeg die uie en knoffel by die orige vleis en braai vir 'n verdere 5 minute.  Voeg die aartappels, ertjies en groente aftreksel by en kook vir 10 minute sonder 'n deksel.  Gooi die sop in 'n voedselverwerker of versapper en maak fyn.  Gooi dit terug in die kastrol en gooi dievleis wat jy eenkant gehou het asook die melk by.  Voeg sout en peper na smaak by en verhit die sop.  Bedien saam met lekker volgraan brood of tuis gebakte brood (die wat jy by die winkel koop want ons is op naweek "mode")

Ontspan!!


Wednesday, 25 May 2011

"Writers Block"

Ek was ongeveer so 'n maand terug in 'n motor ongeluk (het my motor in die proses afgeskryf) en sedert dien het ek writers block!! (skaars begin en ek het dit klaar - dit moet 'n rekord wees!)  Ek het nie inspirasie om te skryf nie - dit laat my wonder oor hoekom 'n mens writers block kry of jou inspirasie verloor. 

In my geval mag ek dalk my kop so hard in die ongeluk geruk het dat al die inspirasie deur my ore uit gegaan het of dalk het my brein beweeg en druk dit die inspirasie aar vas teen iets - soos reg uit 'n  Grey's Anatomy episode. (dis jammer dat dieselfde nie met my "craving" vir kos gebeur het nie - het nooit 'n probleem met inspirasie om te eet nie!!) 

Maar ek dink nie dit is die geval nie, want die ironie is dat ek vir ander mense inspirerende raad of idees kan gee, maar myself nie kan help nie.  Dalk het die daaglikse roetine van die lewe van opstaan,werk, huis take, versorging,  versekering van voertuie ens, my stil weg in sy web begin vasvang en stadig maar seker die inspirasie uit my begin druk of dalk maak het ek die laaste tyd nie meer tyd gemaak om die inspirerende dinge om my te sien of te beleef nie. 

Maak nie saak wat die rede is nie - ek mis my inspirasie!! So as enige iemand dalk verby my inspirasie loop of dit êrens kry, bring dit groot asb. vir my terug!!! (As enige iemand raad het hoe om dit terug te kry, laat weet my!)



As daar iets is wat my altyd opgewonde maak is dit kos, kos respete, kostydskrifte en kosboeke.  So as ek 'n bietjie troos nodig het, kry ek dit altyd in kos - veral my ma se kos!  Een van my ma se lekkerste troos kos is haar Macaroni en Kaas resep.  Ek gee op die  hoop dit vir iemand dalk ook troos of  inspirasie bring!!

Macroni en Kaas


 


2 K Macaroni

3 eiers

3 K Melk

Half tot ¾ koppie gerasperde Cheddar kaas (of in my geval soveel na smaak!)

1 tl sout

½ tl mostert poeier

¼ tl peper

1 pakkie spek in stukkies gesny

Tamatie skywe(opsioneel - kan onder in die bak gepak word of heel bo-op) 

Maak die macaroni gaar(volgens die instruksies op die pakkie - maak seker dit is nog "al dente").  Klits die eiers liggies in ' n aparte houer en voeg die melk, sout, peper en mostert poeier by.  Meng die spek met die gaar macaroni. (Ek hou van die spek tussen in, dan is dit soos 'n verrassing! ) Gooi nou die macaroni mengsel in 'n gesmeerde oond bak.  Gooi die eier mengsel bo-oor en strooi die kaas heel laaste op.  (Indien jy tamatie by sit, kan jy dit op pak  voor jy die kaas oor strooi of onder in die bak pak). Bak in 'n voorverhitte oond (180°C) vir 30 minute of totdat die "sous" gestol het en die kaas gesmelt is.

Mmmm ek dink ek moet my ma bel en sê ek soek troos kos!!