Monday, 13 June 2011

Bieg ...

Ons is almal baie bang om te bieg oor wat rerig in ons lewens aangaan of oor die foute wat ons maak. Baie mense sien dit as teken dat ons nie perfek, in beheer of suksesvol is nie en niemand wil tog so voorkom tussen diemense wat jy ken nie.  Die ironie is dat ons almal dinge het om oor te beig en niemand van ons is die heeltyd in beheer, perfek of suksesvol nie!  Bieg het egter baie keer die  teenoor gestelde uitwerking op die mense wat dit aanhoor - gewoonlik laat dit hulle baie beter oor hulleself voel. Skielik is ons lewens heeltemal normaal, ons kinders is nie die enigste wat nie wil slaap, eet of moeilik wees nie  (soos ons dink nie) of ons man/kerel nie so onbehulpsaam, on-romanties, "gehoorgestremd" of verslaaf an TV (SPORT) soos ons dink nie (kan aan nog 'n paar dinge dink, maar dit is vir 'n ander dag).  Jy is toe nie die enigste enkelopende meisie opsoek na daardie perfekte sielsgenoot nie of ma wat worstel tussen daaglikse roetine werk en jou skuldgevoel oor te min tyd saam met jou kinders nie. Wat my laat besluit om vandag te bieg in die hoop dat ek iemand anders dalk normaal of beter kan laat voel. 

My eerste bieg - ek worstel om my kind gekookte groente te laat eet!! Deels is dit nie haar skuld nie, want haar ma het van kleins af nie gehou van gekookte groente nie en haar pa het nooit gekookte groente geeet as kind nie.  So in die "quest" om groente in ons lywe te kry(anders as in slaai of wit sous vorm) het ek begin om groente resepte te probeer. So is daar in die laaste paar weke boterskorsie sop, skorsie sop, ertjie sop gemaak en daar is verskillende slaaie probeer met kombinasies van warm groente Meeste was  suskesevol, maar  daar is nie een wat my kind wil eet nie.   

Met dit ingedagte word my Sondag middag ete rondom 'n nuwe groente gereg beplan. Ek voel braaf en besluit om sommer 'n nuwe hoendergereg en nagereg te probeer.  Na opgewonde begin, 'n groot geworstel en lank se wag was die resultate soos volg:  Die hoender was toe glad nie so lekker soos wat dit op papier geklink het nie. (my man het stadig maar seker daardeur geworstel en ek dink die kat het die meesre daarvan onderdeur die tafel gekry!)  Die nagereg  het geheel en al geflop!!  Ja jy het reg gehoor geflop!!  My drie jarige wou help en om vrede te bewaar in die deurmekaar kombuis, laat ek haar toe.  Die uiteinde - 'n nagerg wat slegs deur die kieme in die asblik geproe word - dit het nooit gestol nie!! 

My naam is Cecile en ek was gister in meestal 'n mislukking in die kombuis, maar dit was fun om dit te doen, het 'n nuwe resep gekry en 'n ander een weg gegooi, my kind het nagereg geniet - wel die maak daarvan en ek weet daar is duisende vrouens daarbuite wat op hierdie oomblik dieselfde storie kan vertel - Jippie ek is toe meestal normaal!!

P.S.  Die groente resep was 'n wenner - selfs my man het gesê ons kan dit weer eet!!

 

Koolgereg

6-8 porsies

Bestanddele:

1 k fyngekerfde kopkool
3 e olyfolie
1 k gesnipperde ontbytspek
2 k Brusselse spruitjies
1 k blomkool, in stukke gesny
1 k broccoli, in stukke gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
½ k hoenderaftreksel
2 e botter
1 k witbroodkrummels
½ t neutmuskaat

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Soteer die kool vir vyf minute oor hoë hitte in die olyfolie en roer gereeld.     Hou eenkant.
3. Braai die spek tot bros. Gooi die kool by en roer oor lae hitte vir nog 2 minute. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
4. Maak ’n kruissnit in die basis van elke Brusselse spruit. Gooi dit saam met die blomkool en broccoli in genoeg water om die spruite te bedek.
5. Geur met sout en peper en kook vir 15 minute tot sag, maar nie pap nie.
6. Pak die gekookte blomkool, spruite en broccoli in ’n oondvaste bak.
7. Gooi die spek en kool oor en dan die hoenderaftreksel. Sit die botter in klontjies oor en besprinkel met broodkrummels en neutmuskaat.
8. Bak vir 15 minute.


1 comment:

  1. Moet ook bieg! My kind wil ook nie groente eet nie. Hy het besluit hy lewe net op vleis en droee brood... :-D. Ek het stil weg al dit stryd gewonne gegee...

    ReplyDelete