Meeste van ons het al die fliek The Bucket list gesien nou ja een van die items op my lys is om n blog te ontwerp En hier is dit nou!!
Dit is toe glad nie so moeilik nie, maar om n onderwerp te kry is n heel ander storie!!! Laat ek nou maar eerlik wees, ek het nie voor in die lyn gestaan toe skryftalent uitgedeel is nie, so die blog is in gewone Afrikaans met so n bietjie Engels. Dit sal nie n skrywers blog wees nie. Ek is nie nuitblinker in n spesifieke beroep of sport nie, so die blog kan ook nie oor dit handel nie. (so ek gaan julle nie verveel met net een onderwerp nie). Met so min vrye tyd (wat is dit) tot my beskikking, het ek ook nie 'n hobbie om oor te blog nie. Ek is wel n vrou/vriendin/dogter/ma en eggenoot (soos baie van julle) en dit is n hele paar onderwerpe - van daar die titel (in Engels)
A little bit of everything
Daar is twee goed wat al die bogenoemde rolle in gemeen het
1. Hulle behoort almal aan n groep of deel altyd iets met
iemand.
2. KOS!!
Wat die eerste een betref voel vry in te deel wat hart en in julle gedagtes is(ek gaan!). Wat die tweede een betref as julle, soos ek, soveel rolle op eendag moet beklee, hou ek van my kos soos volg: Maklik om te maak,vinnig om te maak (sodat jy genoeg tyd het vir daardie glasie wyn)en natuurlik heerlik om te eet!!!
Met die langnaweek wat voorlê en meeste mense wat weg is van hulle huise(met koskaste vol bestandele) raak almal gewoonlik êrens in die naweek lus vir n ou soet dingetjie (nee, ek praat nie van die sjokolade wat jy wegsteek nie), want ons ontspan mos. Hier is n resep vir n vinnigeen maklike nagreg wat jou gaan lyk soos die kok van die naweek!
Peppermint toebroodjie
Jy benodig
· 12 tennisbeskuitjies
· 60ml Karamel kondensmelk
· 125 PnP room, geklits
· 1 peppermint crisp sjokolade gekap
So maak jy
1. Plaas 4 beksuitjies op n werksarea
2. Smeer elke bskuitjie met n teeleppel vol kondensmelk
3. Voeg twee teeleppels room bo-op
4. Strooi n bietjie peppermint crisp en herhaal om
n drie laag "broodjie te maak.
Voeg die orige peppermint crisp bo-op en bedien dadelik
hello
ReplyDeleteDis alles goed en wel...maar wat eet ek vnaand!? nog so ou resepie soos daai heerlike hoender die ander aand asseblief!
ReplyDeleteProbeer maar 'n paar disse uit oor die lang naweek....and the pressure is on!
P.S lame comment Matt
I like vriendin, I like...wou nog altyd een oor skoonma's begin...ROFL maar Werner het gese dit is maar 'n dun ys topic...want almal het altyd iets te oor hulle skoonma's be it good or "bad".
ReplyDeleteSien uit daarna om jou blog dop te hou!
Monica said: Goeie more, wat 'n goeie idee. En is mal oor jou design en resep by the way.
ReplyDeleteNet jammer ek lees dit nou eers - anders het defnitief die toebroodjie die naweek aangepak.
Ons het so lekker gekamp die naweek in Citrusdal... en die resep sal mens selfs in die tent kon maak :)
Praat van eggenote en kinders (in ons geval die twee border collies)... Manlief het dit goed gedink om 'n tent te koop vir die naweek met 'n add-a-room vir die honde. Kan jy dit nou oor vertel. Dit is die grootste tent (buiten 'n sirkus tent) wat ek nog gesien het. Die honde word meer bederf as meeste kinders.
Ek sien uit na die volgende blog.
Elanzé ek kan altyd dit as 'n onderwerp doen en dan kan jy jou mening gee - anoniem natuurlik!!
ReplyDeleteMonica se dankie vir manlief - nou sit hy druk op ons wat kinders het!!! Mika gaan natuurlik ook nou haar eie 'add on room' wil hê!!!!!
ReplyDeleteCecile Tempting...
ReplyDeleteMonica, ek weet nie wat is brawer nie, om met twee kinders of eerder 2 honde te gaan kamp nie...julle is defnitief reg vir die kinders...l.o.l
Ek dink dit is brawer om met twee kinders te gaan kamp. Die honde kan jy darem nog vasmaak "when all else fails"...lol.
ReplyDelete