Tuesday, 22 March 2011

“"Al probeer ek hoe hard, ek voel nooit suskesvol nie"

Ek het die naweek kans gehad om ‘n artikel te lees (ja, ek weet dit mag snaaks klink, maar as jy kinders het (veral klein kindertjies) gebeur dit nie baie nie!)  Die opskrif van die artikel was “Al probeer ek hoe hard, ek voel nooit suskesvol nie” Dit is nogal iets wat ek gereeld voel of oor dink.  Ek dink dat as ‘n mens se passie nie jou werk is nie (en jy nie meeste van jou daagliks tyd daarmee spandeer nie) of jy nie elke dag dit doen waaroor jy passievol is nie, dit moeiliker is om te bepaal waarin jy suksesvol is. (wel vir my is dit en dit is nie omdat ek blond is nie!!)  

In die artikel sê die skrywer die volgende:

“Probleme se oplossings is baie keer eenvoudiger as wat jy dink.  Dalk moet jy net jou verwagtinge aanpas.  En as dit vir jou voel of niks wat jy doen, suksesvol is nie, doen jy in die eerste plek dalk te veel goed.  Hou op met ‘n ding of twee” G'n mens kan álles goed doen nie. “

Soveel dinge om oor te dink.  Ek bly heeldag dink oor die stukkie en met dit besef ek dat ons definitief onrealistiese verwagtinge vir onsself  stel. Saam met dit glo ons mos dat ons net suksesvol is as almal dit kan sien of van weet – dus ‘n “big deal” is.  (Kom ons wees nou eerlik dit is wat die stemmetjie in jou kop vir jou wysmaak) Kleiner, eenvoudiger of daaglikse dinge kan dus volgens ons nie as suksesvol beskryf word nie.  Dus in ons ewige soek na daardie “big deal” pak ons al hoe meer dinge aan want dan moet ons kansie mos beter wees om dit te kry en susksevol te wees.  NOT!!!!  Ons is so verkeerd, want jy spandeer later so klein bietjie tyd aan elkeen dinge dat dit nie moontlik is om ‘n suskes in enige van die goed te wees nie.  Al wat gebeur is dat jy aan die einde van die dag doodmoeg op jou bed val en ‘n gevoel van depressie omdat jy nie in enige iets die dag suskesvol was nie!!! Aan die einde van die dag se dink oor die artikel besef of besluit ek die volgende.  Sukses kan in twee katogorië wees – daardie  “big deal” wat ander mense kan sien en van weet(en wat gewoonlik jou passie is) en dan daardie daaglikse dinge wat ons miskyk net omdat ons onself wysmaak dat dit nie noemenswaardig is nie en as suksesvol gesien kan word nie.  Dit is egter hierdie eenvoudiger dingetjies wat die belangrikste is, want dit is die dinge wat ons daaglikse sukses tenk vol hou.  En dit is baie belangrik, want face dit min van ons werk in beroepe waaroor ons passievol is (of wil in werk), en meeste van ons se dae word gevul met daaglikse roetines waaroor wat ons moet doen en definitief nie waaroor ons passievol is nie. En ons almal kort daardie daaglikse fix van sukses, want ons is almal verslaaf (kom nou erken dit.  “My naam is Cecile en ek is verslaaf aan die sukses fix”)

So hier is my uitdagings vir die dag:

·        Wees gaaf met jouself en stel realistiese verwagtinge (ek bedoel wat is nou die kans dat ek ooit ‘n rekeningkundige gaan wees !!)
·        Sien die sukses in die eenvoudiger dinge ook raak.   Voor jy vanaand aan die slaap raak, dink so vir 5 minute aan al die dinge wat jy elke dag doen(of moet doen) en dink dan in watter van hierdie is jy nogals goed. (Al moet jy dit nouself sê.)  Byvoorbeeld: ek onthou elke dag om my kind se kos in te pak,dat sy genoeg ekstra klere in haar sak het of sy iets nodig het daardie dag vir kuns/playball of ‘n partytjie by die skool, of iemand verjaar (ok, party maal glip dinge deur) en  ek dink ook iets uit om vir kos te maak (hopelik lekker genoeg dat my man daavan hou).  Ek is dus ‘n suksesvolle  werkende “home executive” Dit besef ek alles nou eers terwyl ek tik, din net hoeveel jy kan uitdink in 10 minute vans stilte voor jy gana slaap.
·        Herinner jou elke dag aan die daaglikse suksesse!!
·        Laastens: As jy nou nie elke dag dit kan doen waaroor jy passievol is nie, probeer ten minste een keer ‘n week daarby uitkom, want ons almal kort een fix van ‘big deal’ sukses ‘n week!!

Die laaste aand van ‘n langnaweek is ‘n mens gewoonlik nie baie lus vir groot of ingewikkelde kos maak nie. So hier is ‘n maklike resep vir die volgende “einde van die langnaweek” ete.  Resep is in Engels want dit is die einde van ‘n langnaweek en ek is te lui om te vertaal!!


















Sweet Chilli Chicken Stir-fry

Serves 4

For the stir-fry sauce:
·        ½ cup (125ml) sweet chilli sauce
·        ¼ cup(60ml) fish sauce
·        Juice of 1 lime or ½ lemon
·        1 tbsp (15ml) fresh ginger
·        1 tbsp (15ml) brown sugar

2 tbsp (30ml) olive or avocado oil
4 chicken breasts cut into strips
Salt and ground pepper
1 mango, peeled and cut into strips (or pineapple)
Handful coriander leaves, chopped
2 cups (500ml) Asian Noodles, cooked
1 x 100g packet peanuts, toasted
Black sesame seeds, to serve (optional)
Fresh or dried coconut shavings, to serve

1.     For the stir-fry sauce, mix the sweet chilli sauce, fish sauce, lime or lemon juice, ginger and sugar together
2.     Heat the oil in a frying pan or wok over high heat.  Fry the chicken until golden and season to taste.
3.     Add the stir-fry sauce and cook until caramelised.  Lower the temperature to medium and add the mango until heated through and stir through the coriander.
4.     Serve the chicken with noodles, peanuts, sesame seeds and coconut shavings sprinkled over



1 comment: