Hierdie blog het so begin met al die tekens van buite van wat die onderwerp moet wees. Dit het by myself begin. Ek voel al ‘n geruime tyd dat die balans in my lewe heeltemal uit is. Ek spandeer al my tyd aan dinge wat ek moet doen en min tyd aan dinge wat ek wil doen of lief is om te doen. Al my tyd gaan ook in ander mense in met byna geen tyd vir myself nie. Maandag sê ‘n kollega dat sy voel uit balans omdat sy nie meer dinge doen wat haar laat ontspan of lekker is of selfs kreatief is nie. Dinsdag sê lees ek die volgende in ‘n tydskrif "ware kuns - die moeilikste vorm om aan te leer-is die kuns van die lewe. Is hierdie gejaag, wat maak dat ons nie meer die doudruppel in die son raaksien nie, werklik die moeite werd?”. Woensdag hoor ek dat een van my vriendinne se lewe heeltemal uit balans is omdat sy net werk en nie eers tyd kry vir eet of haar familie nie en gister lees ek dat die blogger van “Love Bites” vir ‘n tydjie nie by blogging gaan uitkom nie, omdat sy 13 ure op ‘n dag werk!! (wat is jou rede?) Nie een het gelukkig en tevrede geklink met hulle omstandighede of hulle self nie.
Van Balans af wees = Ongelukkigheid, frustrasie, soms hartseer en self depressie. So wie se skuld is dit dat jou balans nie reg is nie? Ons is gou om te sê dit is die samelewing se skuld met rekeninge wat betaal moet werk, die druk van sukses, ure wat van ons verwag word om te werk. Maar eintlik is dit ons elkeen se skuld – ja jou eie skuld. Want niemand kan vir ons besluit wanneer is sukses of om baie geld te verdien, om geprys te word, om raak gesien te word oor alles wat jy doen ‘n belangriker rol as alleen tyd, ontspanning, om kreatief te wees, tyd saam met jou gesin en familie te spandeer (omdat jy wil en dit ontspanne is en dit geniet – en nie omdat jy moet nie) en as jou gesondeheid nie. Net jy kan dit besluit en net jy kan kies wanneer om nee en wanneer om ja te sê. Vir party is dit moeilik om nee te sê omdat jy nie ander mense wil teleurstel of ongelukkig maak nie, vir ander is dit moeilik om nee te sê omdat die dryffeer binne hulle so styf opgewen is dat hulle nie meer weet hoe om met ‘n “slapper dryffeer” te lewe nie. Baie van ons dink dat om balans te hê en nie net in een ding uit te staan of tyd te spandeer nie, beteken dat jy onsuksesvol is nie.
As jy dit regkry laat weet my hoe – wat ek worstel nog elke dag!!
So hoe bring ek die onderwerp by kos uit. Wel almal weet dat die smake in geregte of in ‘n maaltyd ‘n balans moet hê anders proe dit sleg of is een smaak sterker as die ander en waardeer jy nie alles smake nie. Maar soos die balans in elke persoon se lewe verskil van die een wat langs hulle staan, verskil elkeen se smaak in kos ook. Daarom is resepte daar vir ‘n riglyn. Getoets deur verskillende mense wat voel die algemene smaak is goed. Maar jy moet dit kan verander om na jou smaak te veradner sodat dit ook vir jou lekker gaan wees. So gaan party mense meer sout en peper wil hê, ander meer sous en ander meer kruie. “Speel” met jou resep totdat jy die smaak kry wat vir jou die perfekte balans is. Let wel ek sê speel!!
Hierdie resep het ek uit die Your Family se Maart uitgawe gekry. Dit is maklik en vinnig om te maak en ek het gedink die bestandele saam smaak lekker. My man dink ons kan nog sout en peper bysit en ek dink ek sal dalk meer suurlemoen skil wil bysit of ‘n bietjie suurlemoensap volgende keer. Gelukkig kan ons elkeen dit byvoeg na smaak!!
Greek Style Pasta
Ingredients:
30ml Olive or Avocado oil
1 Onion – chopped
2 Garlic cloves – crashed
Zest of 1 Lemon
15ml Tomato paste
500g beef or pork mince
5ml dried oreganum
410g chopped tomatoes (1 tin)
125ml Red Wine
250g cherry tomatoes – halved
400g Spaghetti
100g Feta
75g Pitted Kalamata Olives - chopped
125 mint leaves – chopped
Method:
Cook the spaghetti in a large saucepan of boiling salted water according to packet instructions. While spaghetti is cooking you do the following. Heat 30ml oil in a saucepan over medium heat. Add chopped onion, garlic and zest. Cook for 4 minutes until softened. And the tomato paste and cook for 1 minute. Add the mince and cook, stirring for 2-3 minutes until well browned. Add oraganum, chopped tomatoes (tin) and red wine and season. Cook for 10 minutes until the sauce has thickened slightly. Add halved cherry tomatoes and cook for 5 minutes, or until softened. Drain the pasta and divide the pasta between bowls, top with the mince sauce. Scatter crumbled feta, chopped olives and mint over and serve!
P.S: My kollega sê die volgende oor balans: “Ek dink om balans te hê is om eerlik te wees met jouself oor wie jy rerig is en om bereid te wees om te aanvaar dat party mense jou só gaan aanvaar en ander nie”
So waar en so ‘n mooi siening van “balans”