Friday, 1 April 2011

Naweek Kos!!

Kan julle glo dit is Vrydag!!!  Dit het net nou  buite gereën en soos gewoonlik assosieer ek reën met kos, hot chocolate en wyn!!  Is lus vannaand vir ‘n lekker Boereworsrol (soos net Suid Afrikaaners dit kan maak!)  Een met lekker gebraaide smoor.  Die geheim is in die smoor.  Ek dink dit is nogals ‘n talent om ‘n lekker smoor te kan maak(het al regtig slegtes geproe).

My “ex” buurvrou(ons het getrek) het definitief die talent gekry(my man het by geleentheid gesê dit is die lekkerste een wat hy nog geproe het – en nee hy het nie alleen by haar gaan eet nie!!), nog 'n persoon wat dié talent gekry het, is my man se ouma.  Ek was baie bevoorreg om dié resep by haar te kry.  Omdat ek glo dat ‘n mens jou talente met ander mense moet deel, deel ek graag hierdie “familie resep”  met julle!(sshhhh - dit is 'n geheim)



Ouma se tamatie en uie smoor

(Dit is 'n groot maat resep, so julle kan dit in gesteriliseerde flesse sit en in die yskas hou of in vriesbare houers vries.)

·        2.5kg tamaties
·        1kg uie
·        1 koppie suiker
·        1tl peper
·        1tl neutmeskaat
·        ½tl naeltjie
·        Sout na smaak


Kook gekerfde uie sag en braai effens.  Gooi kookwater oor tamaties en laat staan vir so ± 2 minute.  Dompel dan die tamaties in yskas water om die velle makliker te kan aftrek. (as jy nie lus is vir die proses nie, kan jy sommer dieselfde hoeveelheid klaar gesnyde blikkies tamatie vat – Kan die Farmgirl aanbeveel) Sny die tamaties in klein stukkies en voeg by uie en kruie.  Kook goed en skep in flesse of bakies.

En omdat dit naweek is, is ek lus vir behoorlike Sondagmiddag ete met boudvleis, groente, gebakte aartappel en nagereg!!  Nie almal het die geduld of tyd om gebraaide boud in die oonde te maak nie, so hier is ‘n maklike alternatief.

Vra jou slagter vir ‘n ontbeende skaapboud (as jy soos ek dit nie self kan ontbeen nie)  Koop twee houertjies van jou gunsteling slaaisous (nie die dieet tipe nie!!)  Verkieslik die wat romerig is – ek hou nogals van die Heuning-en-mostert een.  Sit die boud saterdagaand, net voor die 19:00 rugby, in ‘n braaipan, geur met speserye avn jou keuse en gooi die houertjies slaaisous bo-oor.  Na die 19:00 rugby draai jy die boud om(sodat die ander kant nou in die sous lê) en maak weer so voor jy gaan slaap.  Met jou oggend koffie draai jy dit weer en ‘n laaste keer as die vuur aangesteek word. Ja, jy het reg gelees – die vuur moet aangesteek word.  Geen vrou moet so alleen hard werk nie!!) So steek die man(s) aan die werk om die vuur aan te steek.  (Indien jy enkellopend is, nooi mense oor - jy kan in elke geval nie 'n hele boud jouself opeet nie! (Sorg dat een van die gaste ‘n man is wat 'n vuur kan aansteeek en kan braai. Sekere vrouens moet  die vuur aansteek omdat hul mans nalatig was tydens ‘n vuur aansteek episode – sal nie name noem nie!!)

Braai die boud rustig oor die kole (terwyl ‘n ou wyntjie gedrink word) tot dit gaar is na smaak.  Bak mieliekoekies en aartappels om saam te bedien of enige ander bykosse.  Vir nagereg - 'n lekker Malva poeding met vla of roomys.

Party mense is mense ongelukkig om allergies te wees vir seker kossoortesoos  bv graan, suiwel ens.  Gewoonlik dink ons dan dat hulle nie nagereg(of koeke en terte) kan eet nie.  Dit is egter so ver van die waarheid soos wat ek van jou af is.  Jy kry die lekkerste resepte vir nageregte (en koeke en terte) wat ondere andere graanvry is.  Hier is ‘n heerlike Malva nagereg resep wat graanvry is!!  So daar is geen verskonings nie!!



Malva pudding

Ingredients:
3/4 cup rice flour
1/4 cup maizina
1 cup sugar
2tbsp butter
2tbsp syrup
1 cup milk
1tsp vinegar
2 eggs
1tsp baking soda
salt

Method:
Mix butter and sugar until soft and creamy. Add eggs and mix. Add syrup and vinegar. Mix baking soda into milk and add to mixture, alternating with sifted dry ingredients until a smooth mixture is obtained. 
Bake in a deep dish at 180 degrees Celsius for ~ 35mins.

Vir dié van julle wat allergies is vir graan maar 'n soettand het of vinnig 'nsoetdingetjie nodig het ek wonderlike nuus  - gaan besoek die "The Little Bakery".  Hulle maak verskillende graan, suiker en suiwelvry produkte en glo my dit is lekker – ek het al meer as een van hulle produkte geproe!!

Hoop julle het 'n wonderlike kuier naweek!!


The Little Bakery se produkte word saam met die beste koffie in Kaapstad bedien by "The field office" in Barrack Straat 7, Kaapstad (of skakel Katie: 072 667 9591/San: 072 221 7779 / 021 872 4275 of besoek hulle  webtuiste by http://thelittlebakery.withtank.com)


 

1 comment:

  1. Ek hoop ons word Sondag vir middagete genooi...skimp, skimp.... ;-)

    ReplyDelete